Botaniese tuine maak dan oop

Die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad. Foto: Facebook

Die publiek sal van Maandag (3 Augustus) af weer in die land se botaniese tuine mag oefen.

“Die tuine was die afgelope vier maande vir die publiek gesluit. Die heropening daarvan sal diegene wat daar wil oefen weer die voorreg laat geniet,” het Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, gesê.

Enige toegang en gebruik van die land se 11 botaniese tuine in agt provinsies is onderworpe aan streng Covid-19-gesondheidsprotokolle.

Geen sosiale byeenkomste, pieknieks of openbare geleenthede word toegelaat nie. Kommersiële fasiliteite in die tuine, soos restaurante, word toegelaat om onder vlak 3 van die afsonderingsregulasies oop te maak, onderworpe aan voorgeskrewe regulasies vir die onderskeie bedrywe.

Daaglikse toegang tot die botaniese tuine sal gekontroleer en beperk word. Daar sal van alle besoekers verwag word om maskers te dra, hul temperatuur sal getoets word en ’n opsporingsregister moet ingevul word. Opening- en sluitingstye moet streng nagekom word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oom Hennie Pennie ·

Dan moet ons ou mense maar begin oefen? Sal maar my kierie saamvat vir die bene.

JohanR ·

The ANC always make these announcements as though they are doing South Africa, and South Africans a HUGE favour, and we need to drop to our knees and be forever grateful that we can now go to botanical gardens under strict conditions, I’ve lived without a botanical garden for 4 months minister, I am sure I can live without a botanical garden for another 4 months. Thanks anyway minister. You know where you can stick your botanical garden!

Cherokee ·

Indien daar een ding is waarmee afsonderingsregulasies perfek geslaag het, is dit met die totale afbreek van atmosfeer en inskakeling. Ons loop in die kettingswinkels bymekaar verby sonder om na mekaar te kyk want indien daar ‘n glimlag sou wees, is dit weggesteek agter ‘n lap. So, waarom glimlag? (Ek dra ‘n deursigtige masker, so jy kan my sien lag) Kyk na die tuine, geen pieknieks of sosiale geleenthede. Jy kan nie met jou mense op die gras met ‘n mandjie ontspan. Almal loop gemaskerd bymekaar verby, en as die oë wel ontmoet, is dit ‘n koue strak kyk. Wanneer mense praat, kan nie mooi uitgemaak word wat gemompel word van agter die masker. ‘n Muur onstaan tussen mense in die publiek. Naïewe gemoedelike gesprekke word nie meer gevoer tussen onbekendes.
Hoe lank afsonderingsregulasies in stand gehou gaan word en hoe lank ons met maskers gaan loop sonder om hand te skud of te omhels, weet niemand nie, maar die herstel daarvan sal langer neem.

Scalla ·

As ek so na n paar ministers kyk op tv het ek bedenkinge, weet hulle wat aangaan?

ElizeK ·

Wonder hoe lank hulle nog die opgevoede burgers van die land op “advanced level 3” wil hou!! Die res doen, hoë regering amptenare ingesluit, net wat hulle wil wanneer hulle wil.

Jaco ·

Hoe lank gaan Covid-19 protokolle nog aanhou? Beperkte toegang, net 50 mense in die kerk. Is daar ‘n afsnypunt? ‘n Dag wat alles weer heeltemal oop is? Of is dié beperkings die nuwe normaal for all time to come?

4ntj13 ·

Ek begin nou wonder wat die ministers doen vir “oefening”. Dis seker hoekom om te dink so ʼn verskriklike missie geraak het! Of kry hulle genoeg oefening deur verantwoordelikhede te ont-duik en van aanspreeklikheid weg te hardloop? Toegang tot botaniese tuine is natuurlik boonop nie gratis nie. Ek sal maar bietjie spaar en my tekkies afstof vir die okasie. Dalk ook met ʼn eensame vriendin konkel om tegelykertyd te gaan oefen, gemaskerd, 2m van mekaar onder ʼn kareeboom elkeen op sy eie strandhanddoek met sy eie koeldrank in ʼn waterbotteltjie. Met voëltjies wat sing in ons ore. Dit klink heel opwindend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.