Botsing bring snelweg tot stilstand

Die N3 snelweg is weer vir verkeer oopgemaak nadat twee vragmotors in Johannesburg gebots het.

Die N3 snelweg is weer vir verkeer oopgemaak nadat twee vragmotors in Johannesburg gebots het.

Die N3-snelweg in Gauteng tussen die Marlboro-afrit en Buccleuch-wisselaar moes Woensdag vir sowat twee ure lank vir verkeer gesluit word ná ʼn ongeluk tussen twee vragmotors.

“Twee vragmotors het teen mekaar gebots en al drie bane van die snelweg versper,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie gesê. Verkeer is van die Marlboro-afrit na die M1 herlei.

Die pad is intussen weer vir verkeer oopgemaak, maar die botsing het erge vertragings in die omgewing veroorsaak.

ʼn Passasier in een van die vragmotors is beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.