Botsing buite Potch eis twee

Foto: ER24

Twee mense is vroeg Woensdagoggend dood en 14 beseer toe ʼn taxi teen ‘n vragmotor gebots het op die Viljoenskroonpad buite Potchefstroom in Noordwes.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het ongeveer 10 km buite Potchefstroom plaasgevind. “Paramedici van ER24 en ander nooddienste het omstreeks 1:00 op die toneel aangekom en die taxi en vragmotor het langs die pad gestaan. Talle passasiers van die taxi het op die toneel rondgedwaal.”

Volgens Meiring is die taxibestuurder se liggaam en dié van ʼn vrou in die taxi gevind. “Hulle het reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê drie mense het kritieke beserings opgedoen terwyl 11 mense geringe tot matige beserings opgedoen het. “Een van die kritiek beseerde vroue is agter in die taxi gevind. Nooddienswerkers moes meganiese toerusting gebruik om die vrou uit die wrak te bevry.”

Volgens Meiring is een van die drie kritiek beseerde pasiënte met ʼn helikopter na Lenmed Randfontein vervoer vir verder mediese behandeling. Die ander pasiënte is met ambulanse na die Potchefstroom-hospitaal vervoer.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Waarneming ·

Ek maak die volgende waarneming: die skouer van die pad is uitgery wat ‘n aanduiding is van ‘n moontlike afdraai/aansluiting van ‘n ander pad.
Bespiegeling: sou die vragmotor na regs beweeg het om dan links te draai op die afdraaipad met rigtingwysers aan (nie aan)? Die taxi het besluit om links verby te glip en . . .
Wat ookal gebeur het gee my die idee dat GEDULD hier ontbreek het.
Jare gelede het daar agter op ‘n groot trok die volgende gestaan met toepaslike rigtingpyle: Aan die regterkant: “Passing Side”. Aan die linkerkant: “Suicide”.
Agter op ‘n motor se buffer: “Rather be late, than ‘the late . . .’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.