Botsing eis 7 naby Stutterheim

(Argieffoto)

Sewe mense is dood in ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn bakkie op die R345 tussen King William’s Town en Stutterheim in die Oos-Kaap.

Die twee voertuie het reg van voor gebots, het Unathi Bhinqosa, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van vervoer, gesê.

Die motor het oënskynlik van Stutterheim na King William’s Town gereis, terwyl die bakkie in die teenoorgestelde rigting op pad was.

Volgens Bhinqosa is vier mense op die toneel dood, terwyl drie ander na ʼn hospitaal vir mediese behandeling geneem. Al drie dié pasiënte het egter in die hospitaal beswyk.

Daar was ses insittendes in die motor en 12 mense in en op die bakkie.

Al twee motorbestuurders is in die ongeluk dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Dubbel wit lyne, wat anders. So gebeur dit maar elke dag. Hulle neem aan as hy lisensie betaal het kan hy ry soos hy wil.

leser ·

dit lyk vir my dat baie ongelukke wat gebeur te wyte is aan, dat een van die twee partye in die ongeluk, dink hulle is in ander lande waar jy aan die regterhand van ‘n pad moet ry, vandaar die baie ongelukke ” tromp-op, reg van voor”

Duifie ·

Dit is baie hart
seer. Wanneer gaan SuidAfrika se wette uiteindelik aangepas word,soos in ander lande, naamlik dat passasiers op n oop bakkie geheel en al verbied word! Indien dié wet wel verontagsaam word moet hewige boetes en selfs n klag van moord uitgereik word op die bestuurder van die bakkie in gevalle soos by hierdie ongeluk. Selfs al was die bakkie se bestuurder nie verantwoordelik vir die ongeluk nie. Die bak van n bakkie is en was nig nooit bedoel om passasiers mee te vervoer nie.

Annecke ·

Mense praat te vinnig….ek ry elke dag daai pad miskien moet ek n foto plaas van die groot pothole wat die botsing versoorsaak het. So asb moenie vinger wys na die bestuurders nie, dit was gru ongeluk aangesien ek dit ook aanskou het op pad terug huistoe.
So nee nie oorlaai nie.. n pothole…was die oorsaak

Gertryda kotze ·

12 mense op bakkie is oorlaai. Pot hole of de not dis 99% van die tyd die bestuurder se skuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.