Botsing eis een; bestuurder in hegtenis geneem

Foto: ER24.

Een man is dood en nog ʼn man beseer nadat twee voertuie en ʼn vragmotor Saterdag in ʼn botsing in Edenvale in Gauteng betrokke was.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die voorval het op die N12 in Edenvale plaasgevind.

Volgens Meiring het een van die voertuie in die middel van die pad gestaan terwyl die vragmotor en die ander voertuig ʼn ent verder weg tot stilstand gekom het.

“Die liggaam van die oorledene was in een van die motors vasgekeer. Paramedici het die man ondersoek, maar kon niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Meiring sê die bestuurder van die vragmotor het matige beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir ʼn deeglike ondersoek.

Die bestuurder van die ander motor voertuig is volgens Meiring in hegtenis geneem.

Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie. Dit is nie duidelik waarom die bestuurder in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Maroels, dit begin lyk asof julle ‘n skof ekstra werk sedert SA ‘n nuwe touleier gekry het. Mag julle geseënd wees. Julle het in ‘n baie kort tydjie, nie sonder sommige teëstribbeling ook van my af, ‘n leiersposisie oorgeneem in die Afrikaanse Media. Mag julle ryklik seëninge ontvang.

Justice ·

Stem heelhartig saam met Cherokee – nogmaals baie dankie Maroela vir puik beriggewing!

Arie ·

Maroela Media,
Nou verstaan ek iets nie mooi nie.
Onlangs het n vliegtuig in Bolivia (ongeveer halfpad om die aarde vanaf Pretoria) verongeluk en MM het met smaak daaroor gerapporteer.
Afgelope Vrydag (16 Feb) het n vliegtuig net buite Pretoria Oos veongeluk. Nagenoeg n maand gelede het n ander vliegtuig Wes van Pretoria (binne sig afstand van die Pta – Keugersdorp snelweg) ook verongeluk.

Geen van beide insidente is op MM gerapporteer nie, terwyl dit byna in ons voortuine IN PRETORIA plaasgevind het.

Hoe gebeur dit dat n insident in Bolivie groter dekking kry as n insident wat feitlik op die voorstoepe van Pretorianers plaasvind.

Ek vra masr net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.