Botsing eis een; vier kritiek

Die ongeluk in Queensburgh in KwaZulu-Natal (Foto: Verskaf)

ʼn Man is dood en vier mense is in ʼn kritieke toestand nadat twee motors reg van voor gebots het in Queensburgh in KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, sê die botsing het op Cheshireweg plaasgevind.

Volgens Jamieson is een van die voertuie met die impak van die botsing, wat hy as “verwoestend” bestempel, uit die pad geslinger waarna dit teen ʼn boom tot stilstand gekom het.

“Die bestuurder van die motor wat teen die boom gebots het, was in die wrak vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Hy sê vier ander insittendes in dieselfde voertuig het ernstige beserings opgedoen. Drie van die vier beseerdes is op ventilators geplaas waarna al vier na die hospitaal vervoer is.

Jamieson sê die bestuurder van die ander voertuig is ongedeerd.

“Nooddienste het nie in dié stadium meer inligting oor presies hoe die botsing gebeur het nie. Plaaslike owerhede was egter op die toneel om ʼn ondersoek te begin,” sê hy.

Die ongeluk in Queensburgh in KwaZulu-Natal (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann Marx

Ek beskik nou nie oor al die feite rakende hierdie botsing nie, maar dit wil voorkom asof duisende botsings in SA plaasvind omdat mense net eenvoudig GEEN respek het vir ‘n soliede wit lyn nie? Ek het ‘n kode 14 bestuurs-lisensie (A & EC in die Nuwe SA) en in my dae is jy beboet as jou voertuig se wiele oor ‘n soliede wit lyn gaan. In die nuwe Suid Afrika beteken ‘n wit lyn net eenvoudig NIKS………jy draai regs oor ‘n soliede lyn, steek verby oor ‘n soliede lyn…asof dit nie bestaan nie, en staan dan verbaas oor die… Lees meer »

Rikag

Stem 100% saam vandag se bestuurders moet weer hulle lisensies gaan oordoen.

Cherokee

Daai anner ene issie ‘n kar nie, is ‘n boom!

Andrea

Ek kom nou van Rustenburg af. Met die N4 gery. Daar ry n hele paar idiote sonder ligte. Op díe manier amper in n kop-aan-kop gewees. Dankie Here vir U beskerming.