Botsing eis een; vier kritiek

Die ongeluk in Queensburgh in KwaZulu-Natal (Foto: Verskaf)

ʼn Man is dood en vier mense is in ʼn kritieke toestand nadat twee motors reg van voor gebots het in Queensburgh in KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, sê die botsing het op Cheshireweg plaasgevind.

Volgens Jamieson is een van die voertuie met die impak van die botsing, wat hy as “verwoestend” bestempel, uit die pad geslinger waarna dit teen ʼn boom tot stilstand gekom het.

“Die bestuurder van die motor wat teen die boom gebots het, was in die wrak vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Hy sê vier ander insittendes in dieselfde voertuig het ernstige beserings opgedoen. Drie van die vier beseerdes is op ventilators geplaas waarna al vier na die hospitaal vervoer is.

Jamieson sê die bestuurder van die ander voertuig is ongedeerd.

“Nooddienste het nie in dié stadium meer inligting oor presies hoe die botsing gebeur het nie. Plaaslike owerhede was egter op die toneel om ʼn ondersoek te begin,” sê hy.

Die ongeluk in Queensburgh in KwaZulu-Natal (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

Ek beskik nou nie oor al die feite rakende hierdie botsing nie, maar dit wil voorkom asof duisende botsings in SA plaasvind omdat mense net eenvoudig GEEN respek het vir ‘n soliede wit lyn nie? Ek het ‘n kode 14 bestuurs-lisensie (A & EC in die Nuwe SA) en in my dae is jy beboet as jou voertuig se wiele oor ‘n soliede wit lyn gaan. In die nuwe Suid Afrika beteken ‘n wit lyn net eenvoudig NIKS………jy draai regs oor ‘n soliede lyn, steek verby oor ‘n soliede lyn…asof dit nie bestaan nie, en staan dan verbaas oor die resultate?

Jankees ·

I think it”s more than just no respect for a white line. It’s NO respect for life.

Schalk ·

Ons gaan nog baie van hierdie berigte lees. Niemand in SA kan meer eenvoudige padreels gehoorsaam nie. Ek is elke dag op die pad. En wat ek nou se bedoel ek met respek en ek veralgemeen nie. Daar is vroue bestuurders op ons paaie wat 100% meer gevaarlik is as n Pitco bus of n taxi, en moet dit nie waag om hulle op hulle foute te wys nie, die taalgebruik en tekens is erg. Stop strate is toegee tekens, n toegee tekens gee hulle ryvoorang, en dan praat ek nie van rooi ligte wat nie bestaan. Ek kan myself nog redelik inhou, maar ek wag vir die berig waar ons gaan lees hoe die verkeerde man dit verloor het, en hulle n pakslae gee.

Liezl ·

Ek stem saam Johann, ek is n vrou, maar ek hou by die padreëls, stop by stopstrate, bly aan my kant met soliede streep ens. Dan kom vrouens verbygejaag, met kinders in die motor en wanneer ek hulle by verkeersligte kry het die kinders nie eens gordels vas nie. Dit gaan my verstand te bowe. Dis dan wanneer ek wil uitklim en die vrou n klap wil gee. Vrouens kom ook van skole af, met n voertuig vol kinders en stop nie by stopstrate nie. Sien dit ook gereeld

Liezl ·

Oja, wou bysê, dit lyk na n woongebied, so met 60km/h kon jy die ongeluk vermy het. Daardie impak lyk veel meer as 60km/h

Bronkie ·

Liezl, jy praat nou seker van die tannies daar in Bronkhorstspruit, ignoreer die Stop tekens by die Hoofhek van die H/Skool, ry regs om die Verkeersirkel ipv links, alles rokende met kinders in die kar. Die Verkeersbeamptes op die dorp doen niks nie.

Rikag ·

Stem 100% saam vandag se bestuurders moet weer hulle lisensies gaan oordoen.

Andrea ·

Ek kom nou van Rustenburg af. Met die N4 gery. Daar ry n hele paar idiote sonder ligte. Op díe manier amper in n kop-aan-kop gewees. Dankie Here vir U beskerming.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.