Botsing eis lewe van motorfietsryer

Die toneel op die N3 buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal (Foto: Verskaf)

ʼn Motorfietsryer, vermoedelik in sy 40’s, is Sondag dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor, ʼn motor en twee motorfietse op die N3 buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die man het verskeie kopbeserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Hy sê ʼn tweede motorfietsryer het matige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem. Die bestuurder van die vragmotor en die motor was ongedeerd.

In ʼn ongeluk op die N12 buite Fochville in Gauteng is vier mense, onder wie ʼn tienjarige meisie, in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas ná ʼn botsing tussen twee motors.

Die botsing op die N12 buite Fochville in Gauteng (Foto: Verskaf)

Meiring sê ʼn man was in die een van die wrakke vasgekeer. Hy sê twee vroue, een bejaard en die ander een vermoedelik in haar 30’s, was in die ander voertuig vasgekeer. Die tienjarige het buite die voertuig gelê.

“Al vier beseerdes het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” sê hy.

Meiring sê die beseerdes is met lewensondersteunende middels behandel. Drie beseerdes is per helikopter na ʼn hospitaal gehaas en die vierde persoon is per ambulans na die hospitaal geneem.

Meer inligting oor die botsing is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gevolgtrekking ·

Die volgende het maklik ‘n gevolg tot ongelukke op snelweë wat veronderstel is om relatief veilig te wees: Spoed, volgafstand en die vleg deur verkeer om van bane te verander. GEDULD is van GEEN belang.

anton ·

Daar is BAIE mense op ons paaie wat nie agter n motor se stuurwiel hoort nie!!!
Ek sien dit daagliks en dan wonder ek hoe hulle hul lisensies bekom het?
As ek n verkeerskonstabel was, sou ek derduisende, selfs miljoene rande vir die staat of munisipaliteit kon inbring as ek al die wat die verkeersreels oortree kon beboet.

Mike Kaapstad ·

Rigting aanwysers !!!!!! flickers!!!!! hier in die kaap draai die mense eers dan sit hulle flickers aan……………………………wonder wat leer hulle deesdae by K 53……..

Mike ·

Flickers die mense weet nie wanneer om dit aan te sit nie……

Isabel ·

Hierdie persoon in die bmw het soos n maniak verby ons gejaag en dit het begin reen en pad was nat, dit was hartseer om te sien hoe seer mense in blou kar gekry het oor n persoon wat nie by spoed kan hou nie, ek bid dat die gesin almal oky is, dit was nie n mooi gesig nie

mariska ·

Baie hartseer, ek het die dogtertjie persoonlik beken, n wonderlike kind gewees, mag jy sag rus my engelkind.

Christa ·

Is die meisie oorlede? Ek dog sy is in n kritieke toestand, as sy is is dit regtig jammmer en vir jou ook jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.