Botsing eis vier; jong man vas vir dronkbestuur

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

Vier lede van ʼn gesin is in ʼn botsing buite Ladysmith in KwaZulu-Natal dood.

Drie voertuie was in die botsing op die N11 sowat 20 km buite Ladysmith betrokke.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het lede van ʼn gesin vanoggend omstreeks 05:30 in twee voertuie gery toe hulle in ʼn botsing met die derde voertuig betrokke was.

“Vier lede van die gesin, tussen drie en 32 jaar oud, is op die toneel dood verklaar terwyl die vier wat in die ander voertuig gery het, kritieke beserings opgedoen het en na ʼn hospitaal gehaas is.”

Die bestuurder van die ander motor, ʼn 19-jarige man, is in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik onder die invloed van alkohol bestuur het. Drie insittendes van dié voertuig het ligte beserings opgedoen.

Die verdagte sal Maandag in die Ladysmith-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SomeOne ·

5:30 op ‘n sondag en al klaar dronk op die pad, wanneer gaan drank en bestuur hok geslaan word ?
almal wat wil drink skree die dak af as daar ‘n verbod op drank is, maar kyk wat gebeur, dronkie kom so te se niks oor nie maar ‘n hele gesin word graf toe gestuur

Cherokee ·

Waar het jy gelees dat ‘dronkie so te sê niks oorkom nie’?
Natuurlik ondersteun ek jou heelhartig met jou kommentaar, behalwe vir waar jou reeds uitspraak gelewer het.
Ó.. jy praat fisies. Okay, maar as hy mens is, soos wat ons is, sal sy gewete nie ongeskonde bly. Ek wens egter niemand ‘n gewetens-uitspraak toe nie.
My kommentaar is gedefiniëer, maar basies stem ek 101% met jou saam.

Flip ·

Die bestuurder is in hegtenis geneem. Dink jy hy was in n koma toe hulle hom in hegtenis geneem het? Die drie mense wat saam met hom gery het, het ligte beserings opgedoen……

Edward Donald ·

Dit is aaklig.
R.I.V.
Innige meegevoel aan Familie & Vriende

Cherokee ·

Ek stem saam met wat Edward sê, maar wonder oor die moordenaar. Is hy slegs gepla oor die waarskynlike tronkstraf wat hom voorlê? Of lê hy wakker en dink aan ‘n gesin wat steeds kon heel gewees het, indien hy nie aan die suip geraak het, en grootmens gereedskap in sy hande geneem het om te bestuur? Miskien laat dit ook nadenke vir sy passasiers, wat lìgte beserings opgedoen het.

Nico ·

Vermoedelik dronk bestuur, waar is die verkeers beamptes. Wat se tronkstraf gaan hierdie persoon kry nadat in sy dronkenskap ‘n familie van vier se lewens geëis het.

Alma ·

My seun is nou 18 (Feb verjaar) , en ons vertel hom elke dag die gevare van dronk bestuur (op die stadium leer hy nog), en van grootmens wees. Hierdie geval is presies wat nou gebeur. Daar is nou niks wat niemand vir hierdie jong man kan doen nie. Nie sy pa of ma of enige een kan hom help nie. Hy het deur sy onbesonne daad lewens geneem en daardeur sy eie lewe ook verongeluk. En die maats stap weg. Sterkte aan almal wat hierdeur geraak word. Dis baie erg om geliefdes so te verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.