Botsing lei tot omstanders se dood

Een van die voertuie. Foto: Verskaf

Twee mans is Vrydag dood toe ʼn voertuig wat in ʼn botsing betrokke was, hulle getref het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het omstreeks 11:00 op die R603 in Winklespruit in Kingsburgh, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Twee voertuie het teen mekaar gebots – die een se voorkant het die ander se sy getref. Een van die voertuie het daarna die pad verlaat en twee voetgangers wat langs die pad gestaan het, getref,” het Jamieson gesê.

Die twee voetgangers, een vermoedelik in sy 20’s en een in sy 30’s, is op die toneel dood.

Vier mense wat insittendes in die voertuie was, is ook beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na verskillende hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval en die oorsaak van die botsing.

Een van die voertuie. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Houtoog ·

Par. 3: “‘n Twee voertuie . . . ” klink nie reg.
‘Winklespruit’ is ook eerder ‘Winkelspruit’.

Chris Beets ·

2 Voertuie wat bots, ek kry snif in die neus dat die een met die waentjie se skuld is en dat hy nie n EB lisensie het om die waentjie te sleep nie en wou verby gaan by die ander voertuig en het nie tred gehou met die waentjie se afstand nie met die voertuig wat hy verby gegaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.