Botsing op berugte Molotopad in Pta eis kind

‘n Vyftienjarige kind is die jongste slagoffer van Pretoria se berugte Moloto-pad. (Foto: DA)

Die DA sê die Gautengse LUR vir paaie en vervoer sleep sy voete oor planne met die berugte Molotopad, noordoos van Pretoria, terwyl mense bykans daagliks op dié pad sterf.

In die jongste voorval is ʼn 15-jarige kind gistermiddag dood nadat die motor waarin sy gereis het op die Molotopad, in die ooste van Pretoria, met ʼn Putco-bus in ʼn botsing betrokke was. Die slagoffer is geïdentifiseer as Rochelle le Roux. Sy is op die toneel dood verklaar.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het gesê nog ʼn volwasse vrou en ʼn jong meisie wat in die motor was, is beseer. Na verneem word, is dit Rochelle se sussie en haar ouma. Hulle word onderskeidelik in die Lenasia- en Steve Biko Akademiese- hospitaal behandel.

Verskeie passasiers in die bus is ook na verskillende hospitale in die omgewing vir behandeling geneem, het Selepe gesê.

“Die Uno het glo in ʼn suidelike rigting stilgestaan en aangedui dat dit wes in Sakabukaweg gaan indraai toe die Putco-bus daarteen gebots het. Die ondersoek na die presiese verloop van gebeure word nog gedoen. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.”

Janho Engelbrecht, die DA se woordvoerder oor paaie en vervoer, sê intussen inwoners en motoriste pleit al hoe lank vir opgraderings aan die pad. Hulle pleidooie aan Jacob Mamabolo, die LUR vir paaie en vervoer, val egter op dowe ore.

“Die Molotopad is die gevaarlikste pad in die land en het die hoogste getal aangetekende ongelukke.

“Mamabolo het verlede maand aan die DA gesê hy het nog geen besluit geneem oor die weg vorentoe met die pad nie. Dit wys duidelik dat hy nie die dringende behoefte aan opgraderings aan die pad erken nie. Hy gee nie om oor diegene wat daar sterf nie,” het Engelbrecht gesê.

Engelbrecht het gesê die DA gaan ʼn mosie in die Gautengse wetgewer ter tafel lê om die LUR te dwing om dringend met opgraderings aan die pad te begin, of om te oorweeg dat die provinsie sy gedeelte van die Molotopad aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Karl ·

en ons weet hoe die Putco busse op die pad tekere gaan. Stel mos ex-taxi drywers aan, baie sonder geldige lisensie. RIV.

Mieke ·

Dalk moet hulle eerder begin kyk na wie al die ongelukke veroorsaak. Die Putco Busse ry soos mal goed op daardie pad.

Hendrik van George ·

Effektiewe wetstoepassing sal vêr gaan om die probleem op te los.

Nella ·

Ons het op n tyd by Roodeplaatdam gebly terwyl hul ons huis in Montana gebou het. My seun het elke oggend en aand met sy motorfiets daardie pad gery. Die huis was nog nie eers klaar nie, toe trek ons al in. Bank het gekla, maar ek het net myself aan hul afgevee. Ons/my kind se lewe was meer werd as die bank en stadige bouers.

Rooibaard ·

Ek het daardie pad onlangs vir amper 2 jaar elke dag gery KwaMhlanga toe en terug. Daai busse word nie verniet die “oranje dood” genoem nie. Deur die genade was ek nooit in n ongeluk nie. Baie kere baaie naby, maar telkens deur die genade beskerm.

Lee ·

Snaaks dat 90% van die tyd ongelukke op die Moloto pad Putco busse is. Duidelik kan hulle drywers nie bestuur nie of hulle was voorheen almal taxi bestuurders .
Rus in Vrede Rochelle le Roux. Mag liewe Jesus jou ouers en familie styf vashou in hierdie moeilike hartseer tyd.

Lolla ·

Om die paaie reg te maak gaan nie die busbestuurders beter laat bestuur nie. Hy het net nie gekyk waar hy ry nie.

Melinda Marshall ·

Dit is so pateties dat daar niks gedoen word om persone se lewens te spaar op hierdie pad. Verskerp egter sigbare polisiering op die pad en die oprig van kamera’s kan ook die doods pad se lewens spaar. Die drywer van die Putco bus is daadwerklik verantwoordelik vir hierdie botsing en moet aangekla word. Bestuurders moet ook meer versigtig begin ry en nie kanse waag op paaie nie????????

Chris du preez ·

Die DA moet eerder kyk dat iets gedoen word aan die Putco busse en bestuurders dit is nie die pad nie maar sekere roekelose gebruikers en geen wetstoepassing

Erno ·

Ek stem saam met jou daar word roadblocks gehou ma die busse sal hulle nie ers ondersoek nie ek se die pad moet af geblok word vir busse en taxi’s tot daar begin iets gedoen word op die pad

Hessie ·

Ag nee weer eens ‘n onskuldige kind sterkte aan die familie

[email protected] ·

Nou hoekom doen julle nie ietzsontred daai pad nie neeeeee wat om dorpe en strate se naam te verander is mos beter as om mense se lewe te spaar. Dink vir n slag

WitBlits ·

Dis tragies en om in die berig te sê die Putcobus het teen die voertuig GEBOTS is ‘n “understatement”! Duidelik het die bus teen die voertuig VASGEJAAG!!!

Melinda Marshall ·

Dit is so pateties dat daar niks gedoen word om persone se lewens te spaar op hierdie pad. Verskerp egter sigbare polisiering op die pad en die oprig van kamera’s kan ook die doods pad se lewens spaar. Die drywer van die Putco bus is daadwerklik verantwoordelik vir hierdie botsing en moet aangekla word. Bestuurders moet ook meer versigtig begin ry en nie kanse waag op paaie nie????????

Saint ·

Ek het op n dag by ‘n besig pad stilgehou om te probeer uitvind hoe die pad mense kan doodmaak.
Ek het dir hele oggend by die pad gestaan, maar dit het niksnie geroer nie.
Nou begin ek wonder hoe gebeur dit dst n pad mense kan doodmaak

Martie ·

Ek ry daagliks Molotopad en glo my, jy bid van begin tot einde. Ek het ook al stil gestaan om te draai en hou my oog gedurig in my truspieëltjie….busse kom van agteraf gejaag…..sodra ek sien, kyk hy gaan nie stadiger om te stop nie, trek ek liewer weer weg en ry maar ompad. Hulle voel niks vir jou lewe nie. U-draaie word op sperstreep gemaak. Daar kom soggens busse langs mekaar in aankomende baan aangery, dat jy maar in geel streep moet gaan ry om botsing te vermy. Sonder God se genade sal jy dit nie maak nie. Ek het al ‘n voertuig afgeskryf in 2014 weens “persoon” wat u-draai reg voor my gemaak het. Verskoning~”Ek het jou nie gesien nie”. Sigbaarheid, veral in donker, is groot probleem. Mag die familie van hierdie gesin berusting vind in God. RIV Rochelle.:(

William Cooper ·

Hulle moet die putco bestuurders aanspreek. Byna al die ongelukke op daai pad word deur busse veroorsaak.

Dis Nou ·

Ek ry daardie pad een keer ‘n maand. Die Putco-busse het geen ontsag vir verkeersreels

Gert van Wierdapark ·

Die a en see en sy sogenaamde mini-Ster van ver-voer en paaie voel vere vir die onskuldige slagoffers. Dit wil voorkom as daar nie ‘n “skep-geleentheid” is nie, is’ n saak nie prioriteit nie. DA, kla hom aan van min-aging van mense-lewens asb!

Kyk en kyk weer ·

Mag hierdie Putco bus bestuurder se siel nooit ooit rus ni.
Dat hy /sy elke sekonde van elke dag die ongeluk voor hom/ haar sal sien afspeel….
Hoe onbedagsaam was sy optrede nie?
N bus is heelwat hoër as n Uno en moes hy /sy kon gesien het …die voertuig is stilstaande

Padgebruiker ·

Ons ry al meer as vier jaar die pad daagliks KwaMhlanga toe en terug. Daar is duisende mense wat daagliks pendel van Syabuswa, Kwaggafontein, KwaMhlanga en Moloto na Pretoria vir werk. Meestal met busse.

Daar is ‘n paar probleme:

Mense ry verskriklik – nie net busse nie, ook motors en taxis. Was vanmiddag amper in ‘n ongeluk met ‘n nalatige motor en hy het duidelik nie eens geskrik nie – net voortgejaag.

Daar is vol wit strepe waar daar nie nodig is om te wees nie. Dit lei tot frustrasie. Dan sit jy agter ‘n staaaadige voertuig (40km per uur) vir kilometers. Pad is oop en jy kon verby gesteek het, maar daar is ‘n vol wit lyn. Dit veroorsaak ook dat mense op ander plekke met vol wit strepe kanse vat.

Daar is nie ‘n spoorlyn in daardie geweste as ‘n alternatief nie. Dié was ook al baie keer beplan in die verlede….

Verkeerspolisie is oral oor en dit help wel ‘n bietjie. Die dag as hulle nie daar is nie is dit erger. Gee graag boetes maar kyk anderkant toe as sekere foute gemaak word. En leun by motorvensters in van die wat hulle wel aftrek….

Mercia ·

Breek die spoed van die busse deur gedwonge stop strate by alle groter kruisings. Ons het 7 jaar daagliks die pad moes ry. Om drie aankomende busse langs mekaar van vooraf te kry is die norm.

Marietjie ·

Dit is die waarheid – en dit gaan al jare so aan – net lyke en kar wrakke maar niemand doen iets daaraan nie :-(

Mara ·

Ai dit is hartverskeurend as ek di wrak sien wil ek ni weet hoe het daardi liggaampie gelyk ni….sjoe my trane vloei vir hierdi familie…. Hoe vinig ry di bus bestuurder dan dat n motor so moet lyk…….. sy kon nog rus en vrede hier by haar geliefdes gehad het en in n oogwink is daar rou en seer…..ek dink ni so seer dit is di pad self ni dit is hierdi onverskillige bestuurders…..ek ken daai moloto pad al vir 37 jr en nog niks het verander ni di voertuie het net al hoe meer geword…..van daardi putco busse het my al verby gevat dat dit voel of n storm wind langs jou waai…..ek het n ewige vrees vir daai pad dag of nag dit bly net besig…… Baie sterkte aan di familie, vriende haar skoolmaats en ons dink ook aan susie en ouma ons wens jul sterkte toe en dat di Here jul ook hierdeer sal dra en jul volkome sal genees wees as jul di hosp sal verlaat

George in Bloem ·

Daai busdrywer hoort in die tronk maar sal seker weer soos gewoonlik niks oorkom nie. Innige simpatie aan die naasbestaandes en spoedige beterskap word die beseerdes toegewens.

tinker ·

My suster se seun is op daai pad oorlede toe n dronk bestuurder in sy bakkie vas gery het. Daar is baie blind spots en mense wat roekeloos daar ry. RIV meisiekind, se hello vir J.P.

Roekeloos ·

Die gemeenskap moet opruk en dreig om daai busse aan die brand te steek.
Hulle ry asof die duiwel hulle jaag..

Tulip ·

Ek kan nie eers dink hoe voel daardie meisie se ouers nie. Dit is baie hartseer. My swaer is twee jaar terug dood as gevolg van ‘n ongeluk op daardie einste pad. Ook deur’ n padvark wat ‘n Stop teken vermy het. Dit was’ n vreeslike skok vir ons gewees. Party mense hoort net nie op die pad nie.

Carel ·

Hierdie roekelose bestuurders maak my woedend. Weereens ‘n onnodige ongeluk. My innige meegevoel met die slagoffers se familie.

Boerseun ·

Ek verstaan nie hoe een van die besserdes na Lenasia hospitaal toe is nie. Goeie genade, dis oor ‘n 100km weg van waar die ongeluk plaasgevind het.

Danie ·

Dit hang af van die besering, spesialiste is by sekere hospitale teenwoordig. En die persoon is per helikopter vevoer

Antoinette Mac Donald ·

Hulle is met die helikopter vervoer, hulle het nie medies en dit is die beste hospitaal vir haar beseering.

Leon ·

Tussen 80 en 85% van die bus en vragmotorbestuurders op ons paaie is totaal onbevoeg om agter die stuur van ‘n swaar voertuig te wees. Ek het twee keer in my lewe bestuurs opleiding in swaarvoertuig bestuur in die weermag gekry. Eerstens met diensplig en later toe ek in die Staande Mag was vir my ambag opleiding. Ek kan met sekerheid sê dat die huidige swaarvoeruig bestuurders is ‘n moordenaar wat plek soek om te moor. Hulle bestuur ‘n swaar voertuig soos ‘n motorkar. Daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen ‘n motor en ‘n vragmotor/bus. Ongelukking is die oorgtrote meerderheid van bestuurs instrukteurs vir swaarvoertuie in Suid Afrika en die verkeersowerhede wat die toetse moet doen ook onbevoeg vir hulle taak. Ek wonder of ons die hoeveelheid verkeersbeamptes in Suid afrika op een hand kan tel wat wat weet hoe ‘n swaarvoetuig werk. So hoe kan die verkeersbeamptes enigsens die bestuurders monitor.
Jammer maar die geraamte in sy sy swart jas en sy sekel gaan nog lank glimlag vir die dood op ons paaie. Ons moet “Speed kills”vernader in “Heavy vehicle murder”.

Greg ·

Ek verstaan glad nie hoekom die media die pad die naam “Road of death” gegee het nie. Daar is baie min met die pad verkeerd. Baie van die bestuurders ry roekeloos en Metro doen baie baie min daaromtrent. Dit is die probleem!!

Pieter ·

Ek het dit een middag 17h00 op daardie pad gewaag. Die oranje busse vlieg soos F1 motors in beide rigtings en behoede enige sedan of bakkie wat dit terselfdertyd op die pad waag. Dit is regtig ‘n wonder dat so min mense op die Moloto pad sterf. Ek ry liewer ‘n baie groot draai om daardie pad met sy oranje busse te vermy.

Duifie ·

Die bus het seker nie remme gehad nie???? Ek het al agter n Putco bus gery en gesien hoe die Putco bus soos n krap op die pad ry. Die busse word nie in stand gehou nie. Ook gesien hoe jaag n Purco bus oor n kruising, en die robot is rooi!!! in die vroeë oggend ure. Sterkte aan die familie.

dolphin ·

dis tragedie van die dogter afsterwe .ons ry daagliks van die moloto se pad tot by eksderde kamp oor kant die grond pad en ons ry baie vroeg daar sien die klomp busse wat daagliks hou nooit op nie dit klink so byna 24ure aan een se ry.dis vreesjaend van die busse agter ons ry en moet altyd vining ry wat die busse ry aanons en so vreesloos .beter ry na die kameeldrif bord en dis veilig en stil pad.sterkte aan die familie.

Thea ·

Hou Mamabolo persoonlik verantwoordelik hy dra die titel maar het nie antwoorde nie??? Die ouers moet n siviele saak gaan oopmaak!
Rus in vrede meisiekind! Sterkte vir haar geliefdes????

Sonette ·

As jy maar net Sien hoe daar gejaag word op daardie pad. Maak Nie saam of daar aankomende verkeerd is Nie hul ry eenvoudig net soos hulle Wil.
Geen respek Vir Ander Se lewens en die gereg nie

Catrien ·

Ai mense… woorde het ek nie meer nie. Ek myself daai pad gery werk toe en terug. Ander werk gekry en so waar as wragtig het ‘n Putco bus my Uno afgeskryf in Stormvoelweg waar ek by die robot stil gestaan het. so waar okal daai busse loop – eers oranje en nou ander kleure (seker om gekamo te word) ry … kan ons niks doen behalwe hoop, Bid en vetrou dat ons dalk veilig sal wees. Baie sterkte aan die familie en rus in vrede Rochelle…

Danie ·

Wil graag weet wanneer is dit n ongeluk of wanneer is dit moord. Ek sal se dit is moord hulle ry soos hul wil en dan hoor ons sorry dit is n ongeluk is daai voertuig waar mee hy ry nie ook n wapen nie ??? kyk hoe ry hulle
Vir die Famielie sterkte en ons bid vir julle dit is n groot verlies so jong kind ai tog

Talbot ·

Hi, Al busse moet op 80kmpu ry maar busse al oor 100kmpu, hoekom???
Want busse kan nie vinnig brake stop nie want te veel mense en swaar in die bus.
Ja Molotopad is regte gevaarlik pad

Skoolgeld ·

Nee, hulle mag 100km/h ry en ry dan inelkgeval wat die bus maksimum kan ry. Geen wet en orde se bord hang ek om SA se nek!!

A Mac ·

Hoekom die pad die skuld gee? Hoekom nie eerder sê die pad dra van die gevaarlikste, onverskilligste, onverdraagsaamste bestuurders met min tot geen behoorlike wetstoepassing? Het al daardie pad gery en ek weet nie of ek my verbeel nie maar dit is of die taxi’s en busbestuurders net meer moedswillig op daardie pad is as op ander paaie. Ek kan verkeerd wees maar hou maar gerus dop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.