Botsing op Mabopane-snelweg: 3 sterf

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie mense is Donderdagaand laat in ʼn gru-botsing op die Mabopane-hoofweg naby Bremerstraat, noord van Pretoria, dood.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel kort voor middernag het een motor op sy dak sowat 20 m van die snelweg af in die veld gelê. Die ander motor was sowat 50 m van die snelweg af in die veld.

Volgens Bodasing is vier mense uit die motors geslinger tydens die botsing. “’n Vrou het reeds aan haar beserings beswyk,” het sy gesê. “Nog ʼn vrou en ʼn man is later op die toneel dood verklaar. Daar kon ongelukkig niks gedoen word om hulle te red nie.”

Bodasing het gesê nog ʼn man het kritieke beserings opgedoen en is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Minstens drie mense het slegs geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle ook na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Grap ·

Ek kan verkeerd wees maar sodra jy deur die nek in die rigting van die moot gaan word die mabopane snelweg John Voster rylaan ????

A ·

John Voster rylaan is in Centurion. As jy die Mabopane hoofweg ry is daar ‘n afrit na Bremer Straat en die Mabopane hoofweg loop dood in die ou DF Malan rylaan.

Jan maak n Plan ·

Ne julle is almal verkeerd, dis Tshwane Raceway!!!

Koos1 ·

Grap, jy is 100% reg, maar dit is die John Voster hoofweg. Maar wie ken nou daai pad so? Ek bly al 40 jaar in Pretoria en het die feit eers sowat 8 jaar terug uitgevind, nadat een van my voertuie ‘n boete op die pad gekry het en ek die stadraad gebel het om uit te vind waar die pad is.

Pieter ·

Die pad is gebou soos die nuwe Suid Afrika:
1. Dis glad nie gelyk nie. Daar is gedeeltes waar jou voertuig deur stamp tot op die teer, so erg is dit.
2. Dan is daar geen beligting nie.
3. Daar is nie pad versperrings nie, want die word gesteel. Selfs die brue staan leeg.
4. Die meeste van die verbruikers wat die pad gebruik, het ek die gevoel gekry gee nie veel om vir hulle eie of ander se lewens nie… Maar dis my eie opinie en ervaring…

Jammer om te hoor en sterkte aan die families

charmaine ·

Speed kills! Mense jaag lekker op daardie pad ons is so 3km van Mabopane pad af en hoor gereeld noodvoertuie jaag.

Hein ·

Gister ‘n jong swartman aangespreek by ‘n vulstasie nadat hy met hoe spoed in die omgewing gejaag het. Net daarna het hy met hoe spoed (skat 120km/h plus) deur ‘n vier stop kruising met geen beligting, met verkeer gejaag en daarna amper ‘n kop aan kop botsing veroorssaak nadat hy deur die kruising is. Dit gaan al hoe rowwer na die spietkops hulle lasertjies oppak as dit donker raak. Dan jaag die manne!

Kleintjie ·

Veiligheidsgordels? Spoed? Wanneer gaan ons ou volkie leer. Miskien dalk nog alkohol ook.

Maryn ·

As ek nou reg lees en wiskunde doen, was daar 7 passasiers in die voertuig en teen n hoe spoed is dit n doodsvonnis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.