Botsing op N3 eis ses lewens

Nege insittendes van ’n minibustaxi het Maandagmiddag ’n botsing met ’n vragmotor op die N3 suid van Alberton oorleef, maar ses het hul lewe verloor. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd. Foto: Twitter

Ses mense is dood en nege beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor op die N3-suidwaarts naby die Heidelbergweg-wisselaar, suid van Alberton.

William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni-nooddiens, sê hulle het Maandagmiddag 16:16 ʼn oproep ontvang dat ʼn taxi deur ʼn vragmotor verpletter is.

Al ses die oorledenes, vier vroue en twee mans, en die nege beseerdes was in die taxi onderweg. Ntladi sê die vragmotorbestuurder het so te sê ongedeerd daarvan afgekom en “was net geskok oor wat gebeur het”.

Die beseerdes is deur verskeie ambulansdienste na omliggende hospitale gebring.

Ntladi sê hulle het nog geen benul hoe die ongeluk gebeur het nie, maar beamptes van Ekurhuleni-nooddiens en die polisie was Dinsdagoggend terug op die toneel om verder ondersoek in te stel.

“Die pad was tot 22:00 gesluit,” sê hy, “wat ʼn uiters nadelige uitwerking op verkeersvloei gehad het. Beamptes het bestuurders met ʼn ompad deur Dinwiddie herlei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Skrikwekkend ·

Trok =1
Taxi = 0
…en die uiteindelike verloorder is die res van die land; families, ekonomie, wet en orde.

wielie ·

Sal mens raai wat het die ongeluk veroorsaak?? Taxi bestuurders wat altyd haastig is en geen padreels ken. Nou is daar mense wat hul geliefdes verloor het en n trokdrywer wat met die trauma moet saam leef ………………..

Lorraine ·

Dis baie waar maar van die trokdrywers ry net so onverskillig. Dis asof hulle weet hulle gaan nie seerkry nie

koos1 ·

Ek weet nie wie het dit veroosaak nie, wat ek wel weet is dat die taxi’s daar (soos orals) die geelstrepe gebruik as bane om in te ry, baie vining daar ry en ook mense op en aflaai op die snelweg.

Johan ·

Hierdie pendelaars is aan die genade van hierdie,(meestal buitelanders)roekelose mense oor gelaat omdat daar nie openbare vervoerstelsel is nie en Transnet op sy kniee is Na Gupta en Kie..Hulle Jaag en is onversrikke want bv die Eerste R1000 van die dag gaan aan die Taxi baas,eers daarna begin die bestuurder geld maak.Daar is dae wat die bestuurder moet in betaal.Dan moet hulle nog die Metro polisie gelukkig hou….Dis n duur storie…as die Taxi breek sy onkoste…dis n joke…een van daai slegs in SA gevalle…

Hein Piek ·

Hierdie ongelukke word veroorsaak deur wetgewing wat af gedwing word op onder andere Toyota Suid Afrika deur dept vervoer.
Quantum passasiers voertuie word deur Toyota Suid Afrika met spoed beheer sisteme toegerus wat verhoed dat jy veilig vragmotors kan verby gaan, sodra jy langs ‘n 22m vragmotor kom wat veronderstel is om teen 80 km per uur te ry, wat meestal die spoedgrens oorskry, staak die Quantum op 100km per uur wat veroorsaak dat jy nie verby kan gaan of terug val agter vragmotor, omrede voertuie agter jou volg, die gevolg is noodlottige ongelukke wat gebeur, en ongelukkig is die bestuuder oorlede om te vertel wat gebeur het.
Ek het al meer as ‘n 1.5 mil km met 6 Quantums gery sonder om ‘n skrapie aan die voertuig te bring. Ek het tans weer een gekoop en op die eerste roete byna ‘n kop aan kop botsing beleef. My voertuig het ek onmiddelik verander sodat ek nie myself of my passasiers in gevaar stel a.g.v hierdie belaglike beperkings op hierdie voertuie nie. Kry wetstoepassers aan die werk op die paaie.
Groete Hein Piek

Jan ·

Almal wat hierbo kommentaar gelewer het….wil julle regtig he suid afrika se becolking moet nog meer word as die reeds oorbevolkte maasas wat alles verswelg…

GP ·

Taxis bestuurders ry soos hulle wil en kom weg met als. Algemene publiek begin dieselfde doen, hoekom nie.
Regering se werk om reg te stel, net jammer publiek betaal hiervoor deur belaglike hoe petrol heffing.

leser ·

100 kmpu, dis wanneer quantum veronderstel is om te staak, weet nie waar word pretoria taxis “ge-tune” nie, maar van hulle doen 165kmpu, ry maar die n1 oppad noorde toe vanaf pretoria

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.