Botsing op N8 eis lewe van 5

Vyf mense is dood in die ongeluk op die N8, sowat 10 km oos van Bloemfontein. Foto: ER24

Vyf mense is dood en vier beseer in ʼn botsing op die N8 in Mandela View, sowat 10 km buite Bloemfontein.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê hul paramedici was op pad terug na hul basis toe hulle Saterdag omstreeks 14:30 op die ongelukstoneel afgekom het. “Hulle het een voertuig op sy sy aangetref terwyl die tweede voertuig in die pad aangetref is.”

Dit blyk dat al vyf op slag dood is.

By nadere ondersoek het paramedici op drie mense afgekom wat buite die eerste voertuig gelê het en twee wat nog binne-in vasgekeer was. Dit blyk dat al vyf op slag dood is.

Vier pasiënte van die tweede motor is op die toneel ondersoek, sê Meiring. Hul beserings het van gering tot matig gewissel. Hulle is op die toneel behandel en toe na ʼn nabygeleë private hospitaal vir verdere behandeling gebring.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ben ·

In 1980 het ek al gehoor mens kan jou bestuurlisensie koop by die OK. Lyk my dit is nog steeds so! Wanneer gaan die slagting op S.A. paaie end kry of die ryskole is pateties!

TLC ·

Dit gaan al hoelank so rof op ons paaie en ek ys by die gedagte dat dit vandag 1st December is en soveel mense is wat gereed maak vir die lang pad see toe
Ons paaie so sleg en dan ook die ongeduldige bestuurders
Asb mense kyk en maak seker want nie almal is padwys nie
Sterkte vir almal en my kinders ook wees versigtig en kom veilig huistoe
Amen

IK ·

Verlede Woensdag moes ek ‘n aankomende dubbelkajuit vermy wat lus was vir ‘n trompop botsing met my. Verlede Vrydag was dit weer ‘n groot vragmotor wat ‘n ander een verbysteek en ek bykans moes stilhou. Duidelik het in beide hierdie gevalle hulle my boodskappe gekry. En 10 minute later steek ‘n moordenaarbestuurder my verby teen ‘n sperstreep met verkeer wat aankom.
Nee-wat TLC, met die huidige houding en geen wetstoepassers op paaie sal dit nie beter gaan. Geen dissipline, -geduld en -hoflikheid is alledaags. ‘n Hele gedaantewisseling vind plaas wanneer agter daardie stuur plaas geneem word. Weereens ‘n SWART vakansietyd van doodry lê voor.

Bid ·

Plaas bid jy vir SA, in plaas van om sulke negatiewe woorde oor SA te spreek.
Dit help SA niks as mense bly negatief praat nie.

koos ·

Alles gaan oor respek, of altans, totale gebrek daar aan. Respek vir die landswette, medeburgers, lewe ens. Ongelukkig is wetstoepassers se hande af gekap weens menseregte, of korupsie.

Frikkie ·

Tensy hierdie n’ tweede ongeluk was was dit nie 10km buite Bfn nie en was dit dus nie by Mandela View nie.
ek was daar; dis sowat 70km buite bfn, net voor die Thaba’Nchu afrit, motoriste was herlei deur Thaba’Nchu tot by die Selosesha T-aansluiting net voor Botshabelo aangesien die N8 tot daar afgesper was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.