Botsing tussen bus en taxi eis 11

(Foto: Oos-Kaapse departement van vervoer)

ʼn Botsing tussen ʼn langafstandbus en ʼn minibustaxi in die Oos-Kaap het die lewe van 11 mense geëis.

Die trompop botsing het Sondagmiddag op die R61 tussen Flagstaff en Lusikisiki plaasgevind.

Unathi Binqose, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het gesê 14 mense is in die botsing beseer en na hospitale geneem vir behandeling.

Vier mense is ernstig beseer en in ʼn kritieke toestand na hospitale geneem.

Twee kinders, tussen vyf en 15 jaar oud, is onder die oorledenes.

Al die oorledenes was insittendes van die minibustaxi. Daar was 18 insittendes in die bus en 16 in die minibustaxi.

(Foto: Oos-Kaapse departement van vervoer)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.