Botsing tussen Memel en Newcastle eis 4

Die ongelukstoneel op die R34 tussen Memel en Newcastle. (Foto: Verskaf)

Altesaam vier mense is dood en twee ander ernstig beseer toe ’n minibustaxi en ʼn vragmotor Donderdag laatoggend reg van voor op die R34 tussen Memel en Newcastle gebots het.

Jan-Henk van Vuuren, woordvoerder van Watco Emergency Medical Service, het aan Maroela Media gesê vier persone is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar. Die botsing het vermoedelik omstreeks 11:40 plaasgevind.

Nog twee mense is intussen in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal in Newcastle gehaas vir mediese behandeling.

“Die enigste oorlewendes is die bestuurders van die minibustaxi en die swaar voertuig,” het Van Vuuren gesê.

Verdere besonderhede rakende die voorval is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Androclus ·

Ai dis erg,eks skoon bang vir padlangs ek weet nie hoekom Mbalula nie die spoor tussen Bloemfontein en Kimberley weer laat werk nie die mense gaan dood op die paaie asb.

SomeOne ·

die regering het hul eie twak veroorsaak om vir elke “mense” fiets ryer ‘n bussie te gee

Jakes ·

Die pad is vol draaie en bergpasse met baie mooi natuurskoon. Dit is welbekend dat sekere motoriste die sperstrepe verontagsaam en dan verbysteek op uiters gevaarlike plekke. Die eindresultaat is vanselfsprekend.

Maritha ·

Jakes, wanneer laas het jy daardie pad gery? Daar is nie strepe nie! Daar is om die waarheid te sê skaars teer, want dis net gate. Jy waag letterlik jou lewe om daar te ry. Mens moet so koes vir die gate en dan is jou konsentrasie daarmee heen. Groot vragmotors moet ook uitswaai en dan is jy net op daai oomblik in die moeilikheid. Groete Newcastle bewoner

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.