Botsings eis 5 kinders

Die Witbank-botsing. Foto: ER24

Die Witbank-botsing. Foto: ER24

Vyf kinders is Woensdagoggend in twee afsonderlike botsings op die land se paaie dood.

In Witbank, Mpumalanga, is ʼn 13-jarige seun en ʼn sewejarige meisie dood nadat ʼn motor en ʼn bakkie op die N12, sowat 5 km buite die dorp, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê daar word beweer dat die bestuurder van die motor vir ʼn band moes uitswaai wat in die middel van die pad gelê het. “Hy het beheer oor die motor verloor en dit het in die aankomende verkeer beland.”

Die bakkie het die motor van agter getref. “Die bakkie se voorkant en die motor se agterkant is heeltemal deur die impak verwoes,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring was die seun reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam is agter in die motor se wrak aangetref.

“Die meisie is op die voorste passasierssitplek gevind. Sy was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het onverpoosd probeer om haar lewe te red, maar dit was tevergeefs. Sy is op die toneel dood.”

Albei mansbestuurders het slegs geringe beserings opdoen. Hulle is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal in Witbank geneem.

In eShowe in KwaZulu-Natal is drie hoërskoolleerlinge dood toe die bakkie waarin hulle vervoer is teen ʼn bus gebots het.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsie se nooddienste, het gesê die botsing het op die R66 plaasgevind. “Elf ander leerlinge in die bakkie het ook beserings opgedoen. Niemand in die bus is beseer nie,” het McKenzie gesê. Die oorsaak van dié botsing is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Koos ·

Aai, my hart gaan uit na die gesinne. Baie sterkte daar.
Nou wil ek ‘n vraag vra, sonder om onsimpatiek te wees. Word voertuie op die NCAP getoets vir botsings van agter af, en indien so teen watter spoed? As ek na die fotos kyk, het die bakkie wat voor gebots is nie te sleg daarvan afgekom nie ( die kajuit waar die mense sit), maar die Mercedes [lyk my ‘n redelike nuwe model, (NCAP 5 sterre?)] baie slegter.

MM ·

Jy kan 200 sterre he, maar die Merc, BMW en die ander gewilde jag voertuie word baaaie ver oor die spoed grens gery. Daar het verlede week ‘ person met ‘n Toyota Etos met ‘n ” biscuit” wiel verby my teen +- 170 km per uur. Ek het ook oor my spoed gery, maar ek het daai voertug nie weer gesien nie. Ek wonder of die person weet hy kan nie meer as 80 km per uur ry met so ‘n wiel nie. MAW hulle voel vir jou vere!!!!!

Ek kan nou vir jou se die Merc was ver oor 200 gewees dis hoekom hy so lyk. NCAP 5 sterre se nie jy kan jou voertuig misbruik wat spoed aan betref nie. Ek is in die motorhandel.

Ilse ·

Hoe nou MM? Die bakkie het dan van agteraf in die Merc vasgery – wat het die MErc se spoed met enige iets in hierdie geval uit te waai? Koos wonder oor hoe motors getoets word vir ongelukke wat van agter af plaasvind – wat ‘n baie geldige punt is.

Candice ·

Ai my hart breek vir die ouers wat sy twee kinders verloor het vandag. So jammer. Baie sterkte.

m ·

Dis baie hardseer. Koos jy het ‘n goeie punt beet. Daar word so gekyk na “airbags” en veiligheid vir voor in ‘n kar maar wat van die agterste passasiers. Hierdie arme mense in daai silver voertuig het nie ‘n kat se kans gehad nie. Baie sterkte aan die familie.

Donovan ·

Ek is so jammer om te lees dat die vader 2x kinders op een dag verloor… Weet julle Job het ook sy kinders verloor op een dag, mag die HERE genadig wees met die familie… Hierdie is gedane sake en om nou wil te bepaal hoekom die Merc so lyk gaan nie daai kinders terugbring of vervang nie… die versekering gaan moontlik vir die man n nuwe motor gee, maar wie gee hom sy kinders terug… Bid vir die gesin asb hulle het GROOT verlies vandag gely…

Koos ·

Donovan, ek dink jy het my bietjie verkeerd verstaan. Ek het juis gese ek wil nie onsimpatiek wees nie, maar miskien kan ons om die regte vrae te vra, help voorkom dat so ‘n tragedie iemand anders kan tref.
Weereens baie sterkte aan die betrokke families, en families, jammer dat ek die vrae so reguit stel, ek weet julle is in rou gedompel en dra julle in my gebede.

Elize C ·

Ai ai ai…….so verskriklik hartseer. Mense, ek kan net noem dat ek al ooggetuie was van vele botsings tussen die “gewraakte” 4×4 bakkies en ‘n gewone sedan, ongeag watse model voertuie dit is, en die sedan kom 99% van die tyd UITERS slegter daarvan af as die bakkie. Dienooreenkomstig lyk die sedan (groot of klein) soms of ‘n trein bo-oor hom is, terwyl slegs die enjin gedeelte en miskien effens van die voorste deel van die kajuit van die bakkie opgefrommel is. In my kommentaar in ‘n ander berig, het ek genoem dat toe my sussie-hulle in ‘n soortgelyke ongeluk was, en hulle dwarsdeur ‘n sedan gery het wat weens ‘n gebarste band onbeheersd voor hulle ingeswaai het, het die polisie op die toneel vir hulle gesê as hulle nie die 4×4 bakkie gery het waarin hulle was nie, was hulle verseker ook dood soos die 6 insittendes van die sedan. Dalk is DIT die rede hoekom baie mense so 4×4 bakkie verkies, en nie noodwendig omdat hulle arrogante mense is wie probeer intimideer nie…….?

Melkies ·

Ek het juis vir my jong dogter gesê as ons haar eendag met motor help, koop ons net ‘n bakkie. Sy was nie te ingenome met die idee nie maar dit is juis omdat hul in ‘n manier veiliger is as ‘n klein karretjie of sedan soos in hierdie geval.

Piet Pompies ·

Geen voertuig, of dit nou ‘n Taxi, Mercedes, Toyota of Volkswagen is bepaal of jy veilig by jou bestemming gaan aankom, dit is die person wat sy hande op die stuurwiel sit wat dit bepaal.

Hannelie ·

Dankie Piet Pompies. Mens moet maar altyd ekstra versigtig wees op die pad. En dink vir die ander bestuurders ook.

Kobus Kruger ·

So tragies en hartseer, kan nie dink hoe die pa moet voel nie. Tog pla dit my dat 4×4 sulke verwoestings saai en een van daardie rede is dat sommiges bestuurders jaag met hulle 4×4 bakkies asof dit sportmotors is. Bakkies se veerstelsel is beslis nie bedoel vir hoe spoed nie daarom kan so ‘n bestuurder nie die bakkie beheer in krissis oomblikke. Mercedes het kant lugsakke maar dit lyk my as ek na daardie wrak kyk Mercedes se bakwerk nie so sterk is as wat ek gedink het nie.

lynette ·

Ek weet dit was n ongeluk en enigiets onverstaanbaar is moontlik, maar almal praat daarvan dat sedan vinnig gery het. Sedan is egter van agter getref dus moes 4×4 nog vinniger gery het. Indien voertuig voor aankomende verkeer beland het moes dit nie n kop aan kop botsing wees nie? Jammer ek stel sulke dom vrae.

marita ·

Lynette dit lyk vir my of die Merc so bietjie gespin het aan die teenoorgestelde kant van die pad. Die pad is nat. Dis die dat die bakkie aan die agterkant van die Merc gebots het.

Neil ·

Lynette ek dink nie jyt n idee waarvan jy praat nie ek was die bestuurder van die bakkie en jyt geen idee waardeur ek gan nie as mens teen 120 km n uur ry en n kar kom in jou baan van voor of agter beweeg daai kar nog steeds en daai spoed word saam jou spoed geplus so as jy nie weet waarvan jy praat nie los eerder jou kommentaar ons almal is in rou oor die arme kinders wat oorlede is dis n baie hartseer storie ek het self twee kinders en glo my dit vreet my ook jy will nie in my skoene wees nie al was dit nie my skuld nie.

Realis ·

Vir Piet Pompies : “Give that man a Bells”
Ons kan niks aan die feit verander dat kinders gesterf het nie. Verskriklik tragies.
Die fotos is ‘n duidelike bewys dat ekstreme spoed hier grootendeels bygedra het tot die tragedie. Dit is weereens ‘n bewys dat geen maar geen motoris meer vertrou kan word op ons paaie nie. Moet my asseblief nie kruisig nie want ek weet jy gaan aanvoer dat die skoen jou nie pas nie. Jy wat binne alle redelike perke verseker dat jy en jou mede padgebruikers veilig is as gevolg van jou rasionele bestuursvermoee verdien krediet en ek dank die Vader vir diesulkes .
Daar is egter te veel motoriste wat die pad in besit neem asof dit aan hulle behoort.
Kategories is hierdie klas mense eienaars van sekere motor “brands” of behoort hulle tot ‘n sekere kultuurgroep of is hulle sommer net despote wat nie vir hulleself kan dink nie.
Solank as wat daar geen korrektiewe aksies geneem word teen wangedrag op ons paaie nie sal mense steeds sterf.
Hoe jammer.

Ken ·

Dit lyk of sommiges die punt mis hier. Die artikel lees dat die Merc uitgeswaai het vir ‘n band in die middle van die pad en in aankomende verkker beland het. Dus, die Merc het sekerlik uitgeswaai, getol, en gatkant in aankomende verkeer beland. Die bakkie het toe, as mens kyk na die skade op die Merc, teen ‘n redelike spoed die agterkant van die Merc geslaan…. Ek wil dink dat enige kar wat so hard getref word aan die agterkant van ‘n ander kar wat “volspoed”ry redelik sleg daarvan gaan afkom. Ek wil ook glo dat die bakkie nie die ongeluk kon vermy nie, siende dat die Merc in sy baan in getol het na hy vir die band uitgeswaai het…. Mag verkeerd wees, maar dis al hoe hierdie ongeluk vir my sin maak… Baie tragies.

Hanri ·

Dit is hoe dit gebeur het volgends die berig en Woorvoeder van ER24. As n motor in aankomende verkeer tot stilstand kom en die aankomende motor ry teen n hoe spoed sal die motor defenetief so lyk. Party mense dink as dit reen beteken dit hulle moet vinniger ry, dit is asof sommige bestuurders nie weet wat om te doen in die geval van reen en onweer weer nie.

Wat-ek-lees ·

Volpunte Ken met jou weergawe. Teen ‘n normale spoed van 100km/h in reënweer behoort jy daardie hindernis in die pad betyds te sien.

Realis ·

Ken. Miskien moet jy eers die uitleg van die pad verstaan anders mis jy die punt. Die N12 by Witbank bestaan uit twee individuele bane met twee lane oos en twee lane wes en ‘n middelman van sowat 6m breed tussen in, beplant met struike wat tot ‘n mate dien as ‘n skerm tussen bane.
As die Mercedes se bestuurder teen 120 km/hr gery het sou die gevolge nie so gelyk het nie.
“I rest my case”

Johan ·

Almal wat se dis ‘n Merc moet mooi kyk, dit is ‘n Mazda

Kirst ·

jy moet mooi kyk Johan….kyk die foto van agter….dis beslis n merc

Asjas ·

In nat weer, ry stadiger. Sig is swak en pad is glad, jy het so te se geen beheer as jy moet skielik uitswaai vir iets nie.
Dit bring my by my eintlike ingelukkigheid, hoe kan mense wat bande bars dit net so op ‘n snelweg los? Vat dit weg jy gaan iemand se dood veroorsaak!

Johan ·

Hi ek vra omverskoning met my vorige kommentaar, dit is ‘n Merc, daar was ‘n soort gelyke ongeluk in ‘n ander koerant waar ‘n silwer Mazda betrokke was – Askies almal

Arizona ·

Ai Neil. Vreeslik jammer vir dit waardeur jy moet gaan en ook alle simpatie met die ouers wat die kinders verloor het. Daar is een ding wat niemand hier verstaan nie. Maak nie saak in waste voertuig jy ry nie en hoe veilig jy ry nie, as dit jou tyd is, is dit jou tyd, niks wat jy doen of sê gaan jou tyd op aarde verleng nie.

Neil ·

Arizona Baie dankie ja dis nie lekker nie ons dra daai twee kinders op in ons gebede. en dan die mense wat nie weet waarvan hulle praat nie wees bly dit is nie julle nie ons bid vir julle ok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.