Botswana raai reis na SA af

Die Johannesburgse metropolisie het vandeesweek dié foto van betogings op twitter gedeel. (Foto: Twitter/ JMPD)

Landsburgers van Botswana is aangeraai om nie onnodig na sommige dele van Suid-Afrika of die Koninkryk Eswatini (Swaziland) te reis nie.

Botswana se ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het Dinsdag ’n verklaring uitgereik om landsburgers teen reis na veral Gauteng en KwaZulu-Natal af te raai weens die “voortslepende voorvalle van geweld en onrus” in dié provinsies.

“Burgers van Botswana wat reeds in Suid-Afrika is, word aangeraai om uiters versigtig te wees en enige onnodige rondbeweeg te vermy, veral in stede soos Johannesburg en Durban.”

Die ministerie het ook vragmotorbestuurders van Botswana aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak om die onluste te vermy.

Die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng het nou reeds 45 lewens geëis, onder wie tien mense wat Maandag gedurende ’n stormloop in Soweto dood is. Dít terwyl byna 800 in hegtenis geneem is sedert die strooptogte verlede Donderdag posgevat het.

Inwoners van Botswana word intussen ook aangeraai om weens “burgerlike onrus” nie in dié stadium na die Koninkryk Eswatini te reis nie.

Maroela Media het vroeër berig tientalle mense is onlangs tydens pro-demokrasie-betogings in dié land dood.

Betogings het al in Mei begin, maar het onlangs geëskaleer en die regering was gedwing om – nes in Suid-Afrika –  die weermag te ontplooi om die polisie te ondersteun tydens die gewelddadige betogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jerry ·

Goeie roep daai, kan al die ander onwettiges ook terug na hul buurlande gaan.

Harley Davidson ·

Die hele wêreld neem kennis van die gebeure in die piesang Republiek,ek het boodskappe van kolegas in England gekry wat sê die gebeure word gebeeldsend op al die kanale.

Snowball ·

Misdaadhool. SA sal ná hierdie vlaag van geweld, plundering en openlike wetteloosheid nie sommer weer toeriste of buitelandse beleggings kry nie. Ons is nou vir die wêreld, presies wat Donald Trump Afrika genoem het. Geen rasionele mens gaan weer iets hier wil kom doen nie.

Gert ·

6 Sept 2020. “Donald Trump called South Africa a toilet”. Hy was reg.

Nico ·

Suid Afrika is die misdaad hoofstad van die wêreld. Blankes word vermoor, uit blote haat en wraaksug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.