Botswana waarsku SA-toeroperateurs oor k-woord

Olifante teen sonsondergang in Botswana

Olifante teen sonsondergang in Botswana

Botswana se minister van arbeid en binnelandse sake het ʼn streng waarskuwing gestuur aan Suid-Afrikaanse toeroperateurs wat in die land werk en daarvan beskuldig is dat hulle plaaslike inwoners glo gereeld die k-woord toesnou.

Minister Edwin Matshu het aan werkers in die toerismebedryf gesê diegene wat daaraan skuldig bevind word, sal van crimen injuria aangekla word en nadat hulle vervolg is, uitgelewer word.

Matshu het gesê crimen injuria is ʼn misdaad in Suid-Afrika en oortreders moenie dink hulle kan daarmee wegkom in Botswana nie.

“Ons het verneem Batswana-werkers in die Okavango Delta-area word gereeld k*****s genoem deur hul werkgewers. Enige buitelanders wat hulle hieraan skuldig maak, sal aangekla en uitgelewer word,” het Batshu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lance ·

Dalk hulle ook waarsku oor hulle woord …Ghwebu ….beteken wit skuim van die see as ek reg is ….punt is net hulle het ook woorde …so dit maak dit nie reg nie

Javctn ·

Noem my boer. Noem my wit man. Noem my wit boer. Ek is trots op boer. Baie trots. Noem my wat jy wil. Ek is wat ek is en ‘n trotse wit boer.

MissDemeanor ·

Dis mooi so witboer, jy mag natuurlik trots wees op jouself. Hopelik is jy ordentlik genoeg om trots te wees op jouself sonder om na ander mense te verwys met die “k” woord.

Flibo ·

Belaglik. !!!!! Die grootse snert wat ek nog gehoor het. Dit is so tipies. Ek kon nou baie goed hier gese het maar nou nou word ek ook uitgelewer vir” crimen injuria”. Ai !!!!

Grap ·

So wat maak hulle as Rod Kaffer die Australiese rugby kommentator Botswana besoek hom aankla en uitlewer??

KarooKlong ·

Die een is skerp hoor. Vlymskerp.
Foeitog arme Rod. (ek weier om sy van te noem)

Andries Erwee ·

indien dit waar is dat my kollegas hulle aan sulke laakbare gedrag skuldig maak behoort slegs hul oorblyfsels uitgelewer te word. Botswana is n vreedsame land waar ons mekaar met groot respek behandel. Ons verwag van die regering om mense wat die harmonie versteur swaar te straf.

MissDemeanor ·

Hoorhier Andries, ek was besig om te scroll op my tablet en toe druk ek perongeluk die “raporteer” ikoon. Hoop MM sien dat jy nie jouself sleg gedra het nie ?

KarooKlong ·

Batshu praat snert. Hoeveel Botswana inwoners praat Afrikaans. Jy sal dalk ‘n “c” woord hoor maar nie maklik “k” nie.

Asmain ·

Karooklong & Koos, Hier is baie mense in Botswana, wit en swart, wat Afrikaans praat en verstaan…

Toon ·

Ons kan nie mooi verstaan nie waarom de mensen
so praat ,vir mijn is ons allemaal gelijk en moet ons respek he vir alle mensen wat hulle ook van kleur he

Kloekie ·

Ek hoop regtig dis nie waar. En dat enkele vrot appels ons almal nou weer n slegte naam gee. Kan nie glo in vandag se dae mense gebruik daai woord in openbaar en veral voor hul kinders.

Grap ·

Beteken dit dat dat die Australiese kommentator nie sy van kan gebruik nie.???

Frans ·

Ond dit wolfe loop nou in skaapklere rond moeti di dae van piet retief vergeet nie da n groot les om te leer

jurie blanche ·

As jy in die openbaar n media verklaring maak dan maak jy eintlik n verklaring dis algemeen, want as dit n individie was dan sou hul sekerlik op getree het. Ek dink ons het weer hier te doen met sukses en jaloesie sodat merk my woorde volgende permit aansoekers nie permitte toe gestaan gaan word nie oor veralgemening. Die land op die oog af goed maar daar is geen werksgeleenthede nie.

scall ·

My een werker se naam regtig kaf……..r, weens die sensiwiteit daarvan en met sy goedkeuring noem ons hom nou almal amper baas. En hy is hy trots daarop soos ek wat boer genoem word.

CommentQueen ·

Ek verstaan nie waarom mense so ontsteld is dat hulle nie die K-woord mag gebruik nie…
Dis n vieslike woord wat ieg nie deur mense gebruik moet word, wat hulself “beter as” en “uitverkore volk” en “Christene” noem nie.
Daardie woord hoort nie in ons woordeskat nie!
Ek gee nou nie om of iemand my iets leliks noem nie – ek gaan verseker nie tot sy vlak daal deur hom iets leliks te noem nie.
Wees Beter
Be Better…..

Joa ·

Ai, ek wens die mensdom wil leer om nie mekaar af te kraak met sulke aaklige woorde nie. Al is daar honderde verskillende rasse op hierdie wereld, maak dit nie van jou ‘n beter mens om ‘n persoon van ‘n ander ras te verkleineer met hierdie woorde nie. Ek dink dis mense met minderwaardigheids komplekse wat dit doen sodat hulle beter oor hulself kan voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.