Bottels kokaïen, miljoene rande op lughawens gevind

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Man, wat R3.9 miljoen van Suid-Afrika na Dubai probeer smokkel het, is Saterdag op die King Shaka internasionale lughawe in Durban in hegtenis geneem.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said), het gesê die geld, R3 972 400 in kontant, is tydens ʼn roetine-ondersoek in die man se bagasie gevind.  Die man is aan die SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.

Volgens Memela is ʼn groot dwelmvonds ook Saterdag op die OR Tambo internasionale lughawe gemaak. ʼn Snuffelhond het tydens ʼn ondersoek van ‘n vrag, wat op die lughawe aangekom het, 6kg kokaïen ter waarde van R1.7 miljoen in sjampoebottels uitgesnuffel.

Memela het gesê die dwelms is aan die SAPD oorhandig, wat die oorsprong daarvan sal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

as hy die kans wil vat om met soveel kontant in n tas te reis, then so what? Waarom is dit onwettig?

Buitestander ·

Jaco, wanneer ‘n dwaas sy mond oopmaak kom jy sy dwaasheid agter. Wees wys en hou jou mond dig toe.

Tambotie ·

Gee dit vir die polisie dan verdwyn dit niks gebeur daarna . Wat n lag wekkende situasie .

Bertus ·

As dit dwelms is, doodstraf! Die klomp vernietig ons kinders!

Lola ·

Haastige hond. Hy moes gewag het vir die prezzie om weer vir die guptas te gaan kuier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.