Boucher bly staande, wil op afrigting fokus

Mark Boucher. Foto: Alexander Joe/AFP.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het weliswaar sy planne om vir Mark Boucher dissiplinêr aan te kla laat vaar, maar die hele storie laat steeds ’n wrang smaak in die mond.

“Die ongegronde bewerings van rassisme het vir aansienlike hartseer en angs gesorg. Die afgelope paar maande was baie moeilik; nie net vir myself nie, maar ook vir my gesin. Ek is dankbaar dat die proses uiteindelik tot ’n einde gekom het en dat KSA aanvaar het dat die klagtes teen my onvolhoubaar is,” het die oudpaaltjiewagter in ’n verklaring gesê.

As afrigter speel Boucher ’n sleutelrol in die Proteas se onlangse toetskrieketsukses. Dean Elgar en kie spog met reeksoorwinnings teen Indië, die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj, terwyl hulle gelykop teen Nieu-Seeland weg van die huis gespeel het.

Volgens die Internasionale Krieketraad is Suid-Afrika tans die vierde beste toetskrieketland ter wêreld.

Tog het Boucher se tugverhoor soos ’n swaard bo sy én die spelers se koppe gehang.

“Ek beskou die saak nou as afgehandel en ek is nie van plan om verdere kommentaar hierop te lewer nie.  Ek sien nou daarna uit om op my werk te konsentreer en om die Proteas na hoër hoogtes te neem.”

KSA het sy tugverhooraptyt verloor kort nadat Paul Adams, voormalige Protea-draaier, op sosiale media bevestig het dat hy nie in Boucher se komende dissiplinêre verhoor sal getuig nie.

Adams, wat vroeër aangevoer het dat Boucher een van die spelers was wat hom destyds “brown sh*t” genoem het, se getuienis was immers een van die troefkaarte in die saak teen Boucher.

Die 45-jarige afrigter het destyds aangevoer hoewel hy naïef in sy speeldae was, niks wat hy gesê of gedoen het deur kwaadwilligheid of rassisme gemotiveer was nie. Hy het hom terselfdertyd nooit beter as enigiemand anders op grond van sy velkleur geag nie. Hieroor hou hy steeds voet by stuk.

Mark Boucher en Graeme Smith. Foto: Prakash Singh/AFP.

“Soos wat ek in daardie verklaring gesê het: Sommige dinge wat in die verlede gesê en gedoen is, is onvanpas en onaanvaarbaar. Ek is egter nou trots om deel van ’n spankultuur te wees wat waardes soos inklusiwiteit en wedersydse respek bevorder.”

In sy speeldae was Boucher die bulterriër van die Suid-Afrikaanse krieketspan wat tot die heel laaste aflewering van die wedstryd geveg het.

Hy het destyds die wenlopies geslaan toe die Proteas meer as 400 lopies in ’n eendagwedstryd teen Australië op die Wanderers moes jaag, terwyl hy as ’n internasionale groentjie ’n rekordvennootskap van 195 lopies om die negende paaltjie met Pat Symcox teen Pakistan geniet het.

En selfs ná hierdie onnodige opslagbal van sy eie beheerliggaam, bly hy steeds staande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marius ·

Vierde beste toetskrieket land in die wêreld maar eerste in die wêreld met hekse jag sages.

SjN ·

So Adams kom skotvry daarvan af, 2 de Ashwin Willemse, leer mooi by hul kaders.

piet ·

Adams het niks verkeerd gedoen nie, wat hy gese het is waar en Boucher het reeds verskoning gevra vir wat hy (en ander spelers) destyds vir Adams genoem het alhoewel dit skynbaar nie rassisties gemotiveerd was nie (effe moeilik om te glo as jy net na die woorde kyk wat hulle hom genoem het)…maar kom ons aanvaar maar dat dit nie kwaadwillig was nie. Steeds onaanvaarbaar wat hulle hom genoem het, kwaadwillig of nie.

JohanR ·

En daar skop Boucher gat! Soe op die ou einde wat was die bohaai alles oor. Selfs Graham Smith se gaval..,wat was al die bohaai oor?

piet ·

Smith se geval was eintlik baie erger, hy het besluite gemaak wat hy nie eensydig kon maak sonder die “Raad” se toestemming nie. Ek het gedink hy was gelukkig om daarmee weg te kom.

Althes ·

Ek is trots op jou Mark Boucher dat jou liefde vir jou Proteaspan en land jou staande gehou het. Dat jy help om SA en krieket ñ beter land te maak. N Land vir ALMAL hulle nageslagte.

Sarel ·

Daai ou se vrou het seker vir hom.opdrag gegee om.miecte getuig mie..
Sy was ten minste die begin punt van alles

Clifford ·

Daar moet verseker gevolge wees vir mense wat net aantuigings links en regs wil maak. Dis al hoe die onnodige aantuigings stop gesit kan word.

Boucher, sy familie en die SA krieket span het daaronder gely. Rasisme sake moet nie net eenkantig ondersoek word nie. Daar moet gekyk word na rasisme en die geldigheid van diee aanklag.

Hier was beide Boucher en Smith deur ‘n helse tyd gewees met aanklagtes en beide aanklaers sit en geniet hulle lewens verder, sonder enige gevolge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.