Boucher kry steun van Johann Rupert

Johann Rupert (2004) Foto: Szekszter (eie werk) via Wikimedia Commons

Die Proteas se beleërde afrigter, Mark Boucher, kan staatmaak op die steun van minstens een vername sakeman, Johann Rupert. Die grootbaas van Richemont het op Twitter reageer op ʼn artikel van die sportjoernalis Mark Keohane waarin hy skryf dat Boucher nie die regte persoon is om die Suid-Afrikaanse krieketspan te brei nie. Dit het alles te doen met die bewerings teen hom waarop hy nou in ʼn tugverhoor moet verskyn.

Krieket Suid-Afrika het hierdie week aangekondig Boucher word aangekla van onder meer rassisme in voorvalle 20 jaar gelede toe hy vir die nasionale span gespeel het. Hy het onder meer na Paul Adams verwys as ʼn “brown sh*t”. Boucher het verskoning daarvoor gevra. Meer onlange klagte hou verband met die bedanking van assistant-afrigter Enoch Nkwe in Augustus verlede jaar asook die kniel-herrie.

Keohane se artikel meen hierdie bewerings en klagte teen Boucher diskwalifiseer hom om aan die stuur van die Proteas te wees, juis omdat die sport probeer om steun te wen onder alle Suid-Afrikaners. Die span se prestasie op die veld om Indië in die toets- en eendagreeks te klop, het volgens Keohane niks daarmee te doen nie want Boucher se prestasie as afrigter voor hierdie reeksoorwinnings was, volgens hom, ook nie te waffers nie.

Rupert het in ʼn twiet in reaksie op die artikel in Engels geskryf: “Hierdie gemors-artikel sal nie goed verouder nie – kom ons wag vir @markb46 se regspan om die ‘bewyse’ te ondersoek en ʼn paar getuies te roep. Tipiese IOL laster, hoop hy dagvaar almal vir skadevergoeding nadat die waarheid uitkom!”

Mark Boucher tydens een van die Proteas se oefensessies. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Krieket Suid-Afrika het vroeër vandeesweek aangekondig dat adv. Terry Motau die voorsitter van Boucher se tugverhoor sal wees. Boucher kan ʼn regsverteenwoordiger van sy keuse aanwys, maar moet self daarvoor betaal. Die rolspelers vergader Woensdag met Motau om die tydsraamwerk vir die verhoor te bepaal.

Krieket Suid-Afrika beplan ook om vir Graeme Smith, direkteur van krieket, aan te kla, onder meer oor die aanstelling van Boucher.

Die aanklagte spruit uit die voorlopige bevindings van die transformasie-verslag wat na openbare verhore opgestel is deur adv. Dumisa Ntsebeza, transformasie-ombudsman van Krieket Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jack

Mark my vriend jy moet jou goedjies net vat en loop.Ek stel voor dat al die blankes wat nog iets voel vir krieket begin om hulle eie private klubs en ligas te stig en net eenvoudig meeding op hulle eie.Sal nie lank wees voor hulle die nasionale spen sal ore aansit nie.Die blankes kan nie meer net staan en lag terwyl KSA hulle tusssen die bene skop nie.Staak alle krieket ondersteuning en boikot soos SPUR.

Christine

Jaloesie is die groen monster wat Gogga dwing om na twintig jaar na vore te kom met sulke aantygings. Mag geregtigheid seëvier en Mark se onskuld bewys.

KB

Het Paul Adams niks beter om met sy vrye tyd te doen nie?
Die man moet groot word, en net oor homself kom. Dra eerder iets positiefs by tot ʼn land wat aan die ondergang ly.
Ek is al erger dinge toegesnou…en sien jy my in die hof?

Blikkies

Slotsom, dit gaan oor Transformasie wat die land Breek. Wittes moet uit en Swartes moet in.

Toy

Is dit nou nie belaglik om te dink 20 jaar terug se goed uit krap en nou iets daaraan doen. Dis nou letterlik ou koeie uit die sloot haal.