Boucher reageer op aantygings

Mark Boucher. Foto: Alexander Joe/AFP.

Mark Boucher, die Protea-hoofafrigter, het op die aantygings reageer wat onlangs teen hom by Krieket Suid-Afrika (KSA) se transformasie-sittings gemaak is.

Die sittings maak deel uit van KSA se projek vir maatskaplike geregtigheid en nasiebou (SJN) en verskeie oudspelers het al voor Dumisa Ntsebeza, die transformasie-ombudsman, getuig.

Paul Adams, wat tussen 1995 en 2004 vir Suid-Afrika in 45 toetse verteenwoordig het, het onder meer getuig dat van die destydse Protea-spelers hom glo “brown sh*t” tydens boetevergaderings genoem het.

Volgens Adams was Boucher na bewering een van die spelers wat dit kwytgeraak het.

Mark Boucher en Paul Adams vier Andrew Flintoff se paaltjie. Foto: Martyn Hayhow/AFP.

“Mark was net een van die ouens en ek het eers weer later daaraan gedink. Destyds het ek dit net geniet om deel van die span te wees en ek wou op niemand se tone trap nie. Dit was eers toe my vrou my daaroor pols dat ek besef het dit was verkeerd,” het Adams gesê.

Nodeloos om te sê, kan sulke aantygings ernstige nagevolge in die Suid-Afrikaanse sportlandskap hê en sedertdien het daar ’n sosialemediastorm om die hardebaard-paaltjiewagter se kop losgebars.

Boucher het ’n verklaring uitgereik om sy standpunt te verduidelik en gesê dat hy gretig is om ’n einde aan die bespiegeling en die gepaardgaande kommentaar te maak. Hy het terselfdertyd die hoop uitgespreek dat die SJN objektiewe bevindings op grond van feitelike bewyse sal maak en nie deur die ongegronde beskuldigings beïnvloed sal word nie.

“Ek word in sekere mediaberigte en op sosiale media daarvan beskuldig dat ek ’n rassis is – ’n etiket wat byna onmoontlik is om uit te wis. Die aanval op my karakter deur hierdie mense is meedoënloos en sonder enige objektiwiteit, terwyl dit lyk asof dit deur ’n verskuilde agenda aangehits word.

“Hoewel ek naïef in my speeldae was, was niks wat ek gesê of gedoen het deur kwaadwilligheid of rassisme gemotiveer nie. Ek het myself nooit beter as enigiemand anders op grond van my velkleur geag nie,” het hy gesê.

Boucher is in Desember 2019 as die Proteas se hoofafrigter aangewys. Foto: @OfficialCSA/Twitter

Boucher meen dat hy altyd probeer het om in die beste belang van die span op te tree. Hy erken egter dat hy as jong speler dinge kon gesê en gedoen het wat sy medespelers kon kwets.

“Daarvoor vra ek opreg en sonder voorbehoud om verskoning.”

Die veteraan van amper 150 toetse was by geleentheid tydens toere kamermaats met spelers soos Makhaya Ntini en Adams en hulle het baie tyd saam deurgebring.

“Ons was spanmaats en vriende. Velkleur was nooit van belang nie en dit was ongetwyfeld nooit ’n kwessie nie.”

Hy kan dit onomwonde stel dat hy nie vir Adams daardie naam gegee het nie, maar dat die gebeure ná wedstryde soms onvanpas, onaanvaarbaar en dus – veral wanneer dit deur ’n hedendaagse lens geëvalueer word – aanstootlik kon wees.

“Ons was jonk en nie volwasse genoeg om te besef dat ons optrede aanstoot kon gee nie. Met die nodige wysheid en volwassenheid sou ons dinge beslis anders gedoen het.”

  • Boucher het in ’n internasionale loopbaan van amper 15 jaar 147 toetse vir die Proteas gespeel. As paaltjiewagter het hy 555 kolwers  (’n wêreldrekord) uitgehaal en hy word as een van die beste spelers ooit agter die paaltjies bestempel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Hardekwas ·

Hy moet maar bedank. Hulle soek sy bloed en hulle gaan dit kry.

Jywilwat ·

Is daar regtig nog mense wat krieket kyk na al die politieke gemors waarin hulle betrokke is?

Hardekwas ·

Kyk geen spansport meer nie. Volg slegs individue wat vir hulself deelneem.

Aai ·

Laat hulle weer coach van ander land bring dan lag ons weer lekker.

Dries ·

Verewig bly hulle stil.Totdat dit die “narrative” word,dan moan hulle .Adams was anyway net daar vir sy kleur,was nooit towtsgehaltw nie.Oomblik wat kolwers opgehou betower was deur sy gogga boulaksie,was hy useless

twaalfboor ·

Jy het al klaar te veel kwyt geraak Mark. Jou verduidelikings gee hulle nou net skietgoed.

Moeggeploeg ·

Na al die jare? Ag kom nou, hou op om ou koeie op te grawe. So sal daar nooit vooruitgang wees nie

koos10 ·

Hier is soveel dinge verkeerd. Die sogenaamde ondersoek word eensydig ondersoek. Beweringe word gemaak en die aangeklaagde moet homself in die media verdedig. Audi alteram partem reël? Onskuldig totdat skuldig bevind?
Hierdie is tipies ‘n ondesoek om iemand uit ‘n pos te verwyder!

KhoiKhoi ·

Die ondersoek is nie afgehandel nie.
Boucher het self besluit om voor die tyd te praat

Jaco ·

Na AL die wonderlike “transformasie”, waarom is die raad dan OK daarmee dat die span se afrigter wit is?

Hennie ·

Adams, jou lamdak… Die geld was destyds mos genoeg om enige iets te sê… Maar nou…

Chris dupreez ·

Adams wat probeer jy nou bereik, jy was nog nooit iets en sal ook nooit Boucher se hoogtes bereik.

Louis ·

Maak nie saak wat en hoe Mark probeer verduidelik. In hierdie land is jy outomaties ñ rassis net omdat jy wit is.

Jack ·

Wie kyk nog krieket of enige sport ? Maar Mark moes ook geweet het om nie naby KSA te kom nie.Die dae is verby dat jy enige hulp aanbied of afrig of betrokke is by KSA.Dit is deutrek met politiek,transformasie ens en geensins ‘n opsie.Vir die wat nog wil krieket speel – begin julle eie liga en clubs met julle eie regulasies ens.Vergeet van KSA en moenie daaraan raak met ‘n stok nie.

JM ·

Darem so gerieflik om in hierdie land na die raskaart te gryp. As jou vel wit is, is jy mos outomaties ‘n rassis. Dit het mode geword om rassisme te skree as jou minderwaardigheid die oorhand kry.

Hennie J ·

So gese so gedaan…………Boucher is feitlik onskuldig en pleit nou. Hoe waar is die gesegde tog nie…….”wie se brood ek eet wie se taal ek spreek’

FBS ·

Dit is so snaaks dat dit mense jare neem om te onthou hoe hulle verontreg was. Hoekom solank wag is dit dan makliker om onwaarhede as waarheid te bewys, niemand kan onthou nie behalwe die persoon wat glo verontreg was. Snaakse manier om nasie te bou. Goël hy weer?

Danie ·

Maar het n wit persoon al ooit gemoan oor die verwysing na white trash wat aanhoudend uitgespoeg word deur onder andere die eff en ander rassiste van kleur wat n punt wil maak?
I think not.

Misky ·

Dit het Adams nog nooit gepla nie en ook nie nou nie. Sy vrou pla dit nou kamstig en sy sien dollar signs……

Schalk ·

Hou op verskoning vra magtig mense. Dink julle die ouens sal eendag?

Charl ·

Regtig !! Moet Adams & Kie vashou aan wat lank terug gebeur het en aanhoudend die kleurkaart speel ?? Ek is al baie dinge genoem, tot onlangs toe en dit deur swart mense maar jy sien my nie ‘n bohaai daaroor op sosiale media opskop nie. Dink jy jy is so belangrik, kom daaroor man.

Elmarie ·

Hoekom word net Boucher se naam in die media genoem as hy ‘een’ van die was wat die woord gebruik het? Is dit omdat hy nog betrokke is en hoof afrigter is?

Oom Kaspaas ·

Hopenlik ondersoek hulle ook die wit spelers wat moes terug staan en plekke prysgee waarvoor hulle hard gewerk het net omdat die span se samestelling so moes gewees het. Kevin Pietersen spring sommer dadelik in die gedagtes in. Hoeveel keer in internasionale toernooie het ons “gechoke” omdat die ouens wat op daardie stadiums onder die wêreld se bestes was of op die vorm van hulle lewe, moes plek maak omdat die samestelling nie reg was nie.

Mieke ·

Liewe aarde!! Adams het’n goeie geheue!! (Of verbeelding!!) ons weet nie eers of dit die waarheid is nie!! He said, she said!!! Moet ons nou alles glo???

Jr ·

Kyk nie meer sa krieket nie. Mnr BLM Ngidi is verantwoordlik daarvoor. Kan nie eers Ierland wen nie. Black bowlers matter chomma.

MakersMark ·

Ongelukkig het hy nie ‘n been om op te staan nie. In ‘n posisie van senioriteit en leierskap kan daar nie so opgetree word nie al is dit ‘n groot grap. Maar die kliek van Boucher, de Villiers, Smith en Kallis was bo als verhewe en het ander spelers uigesluit laat voel met hul dominante rolle. En dan wonder almal waarom die span “chokers” was in groot wedstryde. Daar was nie ‘n span nie net elf spelers in verskillende klieks. Leer by die bokke. Geen klieks een span.

Jakes ·

Dit raak nou afgesaag hoeveel eertydse krieket en rugbyspelers hulle speelgoed uit die kot gooi. Die kniebuigery het alles begin en pleks dat die spelers eerder hulself op die veld bewys word rassistiese stellings om elke hoek en draai gemaak. Meeste van hierdie oud en huidige klaers kan nou nie juis as helde van die spel beskou word ne.

Hardekwas ·

Die arme mensies voel mos maar altyd minderwaardig. Dit sal nooit regkom nie.

Tokkel ·

Siestog Adams, moet jy in die verle de lewe of het jy nog nooit die geleendheid gehad om vorentoe te beweeg nie. Goed wat indie verlede gebeur het los dit en sien die lig voor jou. Ek kan nie glo mense wat altyd wil omkyk en kyk na die verlede nie. Bou voort op ‘n mooi toekoms. Onthou jou krieket en mooi dae. Ag nee man, wat wil jy bewys??? Ons het al vergeet jy het krieket gespeel en hoe jy lyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.