Boucher sal aantygings teenstaan

Mark Boucher tydens een van die Proteas se oefensessies. Foto: Phill Magakoe/AFP.

“Ek sien uit daarna om die aantygings teen my ter gelegener tyd tydens die verhoor te hanteer en teen te staan,” het Mark Boucher in ’n kort en kragtige verklaring gesê.

Dít volg nadat Krieket Suid-Afrika (KSA) gister aangedui het dat die Protea-hoofafrigter dissiplinêr verhoor sal word om die bewerings van wangedrag teen hom te ondersoek.

Die voormalige Protea-draaier, Paul Adams, het tydens Krieket Suid-Afrika (KSA) se transformasiesittings aangevoer dat die 45-jarige Boucher een van die spelers was wat hom in sy speeldae glo “brown sh*t” tydens vergaderings genoem het.

“Mark was net een van die ouens en ek het eers weer later daaraan gedink. Destyds het ek dit net geniet om deel van die span te wees en ek wou op niemand se tone trap nie. Dit was eers toe my vrou my daaroor pols dat ek besef het dit was verkeerd,” het Adams gesê.

Boucher het kort daarna op die aantygings gereageer en onder meer gesê dat “niks wat ek gesê of gedoen het deur kwaadwilligheid of rassisme gemotiveer was nie”.

Nodeloos om te sê beskou KSA sulke aantygings in ’n ernstige lig en die raad bly daartoe verbind om dit met “uiterste erns te bejeën en regverdig te hanteer”.

In sy speeldae was Boucher die bulterriër van die Suid-Afrikaanse krieketspan wat tot die heel laaste aflewering van die wedstryd geveg het.

Hy het destyds die wenlopies geslaan toe die Proteas meer as 400 lopies in ’n eendagwedstryd teen Australië op die Wanderers moes jaag, terwyl hy as ’n internasionale groentjie ’n rekordvennootskap van 195 lopies om die negende paaltjie met Pat Symcox teen Pakistan geniet het.

Benewens sy vaardigheid met die wilgerlat het sy werk agter die paaltjies ook beteken dat meer as toetskolwers die pad terug na die kleedkamer moes aanpak.

Met die klem wat deesdae op mik-en-moker-krieket is, kan ’n mens amper met sekerheid sê dat Boucher se rekord van 555 paaltjiewagter-slagoffers in die toetsarena nie sommer verbeter sal word nie.

Selfs nou, amper tien jaar ná ’n fratsongeluk sy speelloopbaan beëindig het, het hy steeds ’n reputasie as ’n onverskrokke individu wat vir sy span veg.

Hoewel sy internasionale afrigtersloopbaan nie na wense begin het nie, speel die Proteas deesdae weer goeie krieket onder sy toesig.

Die Suid-Afrikaners het die pasvoltooide toetsreeks teen Indië met 2-1 beklink, terwyl hulle ook die eerste eendagwedstryd teen die topspan uit Asië met 31 lopies in die Paarl gewen het.

Tog moet hy nou op een van die moeilikste kolfblaaie in sy krieketloopbaan speel: Om van rassisme in ’n land soos Suid-Afrika beskuldig te word is ’n baie ernstige aantyging.

Indien Boucher skuldig bevind word, kan dit hom sy pos as Protea-hoofafrigter kos.

Met die tweede eendagwedstryd wat vandag in die Kaap teen Indië begin, is die hardebaard-krieketman steeds by sy span.

“Vir eers fokus ek net op my pligte as die Protea-hoofafrigter,” het hy sy verklaring afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Althes ·

Is seker nou ñ has been en soek aandag? Of ñ jobbie by KSA?

Samuel ·

Ek dink die krieketraad wil maar te graag van Boucher ontslae raak aangesien hy wit is. Ja, soek Paul Adams dalk net aandag?

SjN ·

Gogga Adams trek n Ashwin Willemse truuk, geld praat, wonder wat het van die knaap geword, stil verdwyn uit die kollig.

Waarom ·

Boucher se knieg buig was toe nie goed genoeg nie. Hulle sal nie ophou tot hy uit is nie.

Althes ·

Mark Boucher ek is trots op jou, en ek glo baie ander ook dat jy jou man gaan staan.
Suid-Afrika het meer mense nodig wat moed het en baklei vir wat reg is.
KSA voer ñ heksejag – ek wonder wie is die dryfkrag agter die beweging?
Baie van die agter rasgroepe sê vir hul eie groepe rassistiese woorde, maar dan is dit okay?

Kobus ·

Hoop dat indien hy onskuldig is Adams vir naamskending gaan dagvaar. KSA beweer blykbaar dat hulle die aksie neem om versoening te bewerkstellig. Die gevolg gaan egter bydrae tot verdeeldheid

Andre ·

Dis mos ook KSA wat kniebuig vir blm vereis het, is dit nie?

Suzette ·

Ai Suid Afrika, ons liewe land. Adams, bou ‘n bruggie en kom daaroor !!

N ·

KSA doen enigiets om die aandag van hulle swak en rasistiese bestuurstyl af te haal

Jakes ·

KSA speel al geruimetyd die rassisme kaart met hul langdurige gekyf oor wat spelers dekades terug gese het. Nes menigte vorige spelers probeer hulle oudspelers diskrediteer en moet hul modis operandi ernstig bevraagteken word. Hoekom het nie een van die sogenaamde slagoffers nie onmiddelik die voorvalle bekend gemaak het toe dit gebeur het nie?

pestilensie ·

Eerste reaksie is maar “ los die ou spul laat hulle in hulle gierigheid en slegtigheid verstik “ maar dis presies wat hulle wil hé . Vir krieket se onthalwe , fight hulle

SlinkseKoljander ·

Hoe raak jy ontslae van n wit persoon wat goed is in sy pos?
Noem hom n rasis en kry iemand wat eintlik niks vir SA krieket beteken het nie om dit te bevestig.

Pateties

MAGRIETHA ·

Alles gaan oor geld – solank hul in span is is alles ok maar sodra hul dit nie maak nie begin di stories sterkte mark wys hulle –

Sarel ·

Laat my dink aan due saak va Eben Ethsebeth..
Wil iemand geld maak?

Jannie van Niekerk ·

Ek het so bietjie navraag gesdoen: Paul Adams kon nie juis iets beteken het nie want NIEMAND weet wie dit is nie!

Jean ·

Enige persoon wat krieket gevolg het daai tyd weet wie is Gogga, all maak Paul Adams moontlik die storie op.

piet ·

Dis redelik algemene kennis dat hy wel so genoem is. Hy maak nie die storie op nie, Adams is wel so genoem. Dit beteken egter nie dat dit rassisme is nie. Die rede en bedoeling kan niks met rassisme te doen he nie en het waarskynlik niks met rassisme te doen nie.

piet ·

Dis nie nodig om sy reputasie aan te tas as krieketspeler nie. Hy was goed en het die span op meriete gehaal. Sy prestasies as krieketspeler het niks te doen met hierdie aangeleentheid nie.

Andre ·

Goed wat gese word in so kleedkamer agv spangees ens MOET nooit buite die 4 mure herhaal word nie! Gee vir Adams en sy vrou n Noddy Badge – lyk my dit is wat hulle agteraan is.

Gary ·

Hy was wel ok met die naam Gogga . Jy kan ver gaan met daai een.

Di ·

As hy hom dan “brown sh*t” tydens vergaderings genoem dan moet daar mos ander wees wat ook teenwoordig was tydens die sogenaamde vergaderings. Hierdie tipe wat so lank wag voor hulle met die sak patats vorendag kom laat my altyd wonder! Was sy vrou dalk teenwordig om dit te bevestig dat sy dan nou so aandring daarop

Casper ·

Gogga is deur sy vrou aangesê om te kla.Dit lyk my meer mevr gogga se geld is klaar..

Lian ·

Mark, as die “verhoor” klaar is, bedank en stel jou beskibaar vir of Engeland of Australie. Dalk nog help om krieket in Duitsland te help ontwikkel omdat daar so baie Afghaanse en moontlik Pakistaniese vlugtelinge is. Wie weet , dalk klop jy met jou nuwe span die Proteas in ‘n toetsreeks nogal. Sal dit nie sout in die wonde smeer nie ?

Tanniepetoors ·

Jealousy makes you nasty, né. Ag nee Adams, act your shoe size at least, even if it’s a size 8. Patetiese aanval op Boucher. Waar en wat is Paul Adams nou?

Genis ·

Kry vir n BEEE en n E-by se kaptein, en voeter Krieket nou vir goed op… Sing sommer julle BLM volkslied op julle kniee ook…. Mens raak siek en sat vir hulle kinderlikke hekse jag…

Barend ·

Met al hul stelle wat hulle met wedders afgetrap het is een die borg van die eendagreeks, so niks wat by die klomp uitkom sal my skok nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.