Bouer ernstig beseer ná hy op staaf val

Argieffoto: Netcare 911

’n Konstruksiewerker is in die hospitaal opgeneem nadat hy op ʼn betonstaalstaaf geval en ernstig beseer is toe dit sy bolyf deurboor het.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê paramedici het Woensdagoggend op berigte gereageer van ʼn nywerheidsvoorval in Helen Josephstraat in Johannesburg se middestad.

“Volgens berigte op die toneel het ʼn 36-jarige konstruksiewerker van sy steier afgeval en op die blootgestelde staaf beland, wat toe sy bolyf deurdring het,” het Herbst gesê.

“Weens die aard van sy beserings is die pasiënt op die toneel behandel en daarna in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vir ondersoek en sorg gebring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris du preez ·

Nou waar is die safety harness. Ek hoop arbeid gee sy baas hel.

David J ·

Moenie die “baas” oordeel nie. Arbeiders weier soms om veiligheids monderings te gebruik. Behalwe skoene. As jy ‘n veiligheidsharnas gebruik en moet van een vlak tot ander gaan, moet jy dit uithak. Dis dalk toe dit gebeur het. Gaan staan op ‘n bou terrein en sien. Daar is nie ‘n “baas” vir elke arbeider op terrein nie.

Anoniem ·

Sterkte vir Jou herstel, kan dink dat dit baie seer moet WEES ?

SjN ·

Moenie altyd die baas die skuld gee nie, ondersoek eers wie nalatig was en lewer dan kommentaar.

Helen ·

SjN ek stem saam met jou want in die meeste gevalle soos die is dit die werker self wat kort pad vat en daardeur homself blootstel om hoself te beseer en ja voor ek gestenig word, ek weet waarvan ek praat.

Penellope Jones ·

Genugtig tog, die arme man!!!
Ek hoop vir spoedige en totale herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.