Boukontrakteur breek stilte na Alberton-ineenstorting

Nooddienswerkers by  die toneel. Foto: Glenvista 5 RA

Nooddienswerkers by die toneel. Foto: Glenvista 5 RA

Die boukontrakteur wat betrokke was by die aanbouings aan die huis in Alberton wat Maandag ineengestort het, gaan help om vir die sewe werkers wat dood is se begrafnisse te betaal.

“Ons het met die families van die oorledenes ontmoet en sal help met bydraes vir die begrafnisse,” het Sean Romburgh, eienaar van Romicon, in ‘n SMS aan Sapa gesê.

“Ons het ook traumaberading gereël vir familielede en personeel.”

Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê daar is nie planne ingedien vir die aanbouings aan die huis in die Meyersdal Eco-landgoed nie.

“Daar is nie planne by die Ekurhuleni-munisipaliteit ingedien nie, en die aanbouings was dus onwettig,” het Themba Gadebe, woordvoerder van die munisipaliteit, gesê.

“Enige bouer wat ‘n struktuur wil oprig, moet eers planne vir goedkeuring indien, soos wat deur die wet vereis word.”

Sewe konstruksiewerkers is Maandag dood nadat ‘n gedeelte van die huis ineengestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Belinda ·

Net geweet daar is weer iets onwettigs aan die gang so MNR ek sal so dink jy moet betaal vir die mense se begrafnisse jy moes mos kennis dra dat daar planne moes wees weereens probeer skelm wees vir geld geld geld!

Elfie ·

@Belinda – begrafniskoste is heeltemal te min. Die man moet aangekla word! Kan aan hele paar goed dink…

Gert ·

@Belinda, die feit dat daar kwansuis nie GOEDGEKEURDE planne was nie, maak die eienaar selfs meer skuldig as die bouer. So om nou die bouer te beskuldig van skelmgeit vir geld, mag dalk nie eers waar wees nie. Kom ons wag maar en sien.

SNEL ·

Planne of nie planne nie, hoe erg kan n huis se bouery verkeerd wees. Ek dink die aardbewing het n invloed hierop gehad, maar ja, by regulasies moet mens maar hou om jouself te beveilig.

Belinda ·

Ek stem Elfie………………………maar is dit nog logies as gebou word moet daar planne wees nie ek verstaan wat jy se Gert want n ongeluk gebeur so gou maar mens kan mos nie net bou en dan agterna die planne kry nie, ek weet met ons lapa n paar jaar terug moes ons eers toestemming kry van ons bure omdat ons lapa n bietjie oor die buurman se erf was maar baie ver van sy huis…………….en toe is daar eers planne opgetrek en toe gebou maar alles verander oor die jare…………….

Petrus Swanepoel ·

Is die Bouer ‘n goedgekeurde bouer, seker nie, want dan sou die struktuur nie ingeval het en hy nie gebou het sonder planne…… Die persoon het nou groot waardeskuld en ek twyfel of hy dit in sy lewe sal kan terugbetaal.

Elfie ·

Netso Petrus. ‘n ORDENTLIKE bouer sou NIE bou sonder goedgekeurde planne nie. Hy sou eenvoudig nie sy reputasie (AS hy een het) daarop waag nie. So om nou net die eienaar te wil beskuldig – altwee is skuldig ja, maar die bouer – ek weet hoe vat hulle kanse. Nie almal nie, nee, maar te veel van hulle, glo my. Laat bou self ‘n huis en jy sal agterkom hoe hulle kortpaaie vat ens…In ons straat alleen het 5 mense laat bou en dit was verskillende bouers en ALMAL moes paar maal baklei oor heelwat dinge.

Sandra ·

Daar moes nie begrafniskostes gewees het nie! Dit moes nooit gebeur het nie, maar geld is mos deesdae god.

Rina Pretorius ·

EK GLO VAS DAT DIE AARDSKUDDING DIE TRAGEDIE VEROORSAAK HET, DIT KON GEBEUR HET AL WAS DAAR PLANNE IN PLEK OOK, NIEMAND DOEN SO IETS DOELBEWUS OM SOMMER MENSE DOOD TE MAAK NIE. WAT VAN AL DIE GEBOUE WAT IN PRETORIA SO KORT NA MEKAAR INGEVAL HET, DAAR WAS PLANNE EN TOG HET DIE ONDENKBARE GEBEUR, EK IS NET UIT MY HART UIT JAMMER DAT DIT ALLES GEBEUR HET. STERKTE AAN ALMAL BETROKKE

Elfie ·

@Rina – regtig? Nou hoekom gebeur die dan laaank na die aarbewing en hoekom slegs by HIERDIE huis? En hou op skree asb. Ai tog…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.