Boukontrakteurs dalk ondersoek ná huise ineenstort

Herman Mashaba, die burgemeester van Johannesburg, het Sondag gebiede besoek wat deur die erge storm geraak is wat Saterdag in dele van die stad gewoed het. Foto: Herman Mashaba/Twitter

Die Stad Johannesburg wil ʼn ondersoek laat doen na die kontrakteurs wat betrokke was by die bou van die huise wat Saterdag ineengestort het tydens ʼn erge storm en swaar reënval in dele van die stad. Die storm het die lewe van twee mense geëis.

Verskeie voorvalle is in die suide en weste van Johannesburg aangemeld as gevolg van die storm, insluitend die gedeeltelike ineenstorting van die dak van die Trade Route Mall in Lenasia wat tot oorstromings in dié winkelsentrum gelei het.

Bome is ontwortel, paaie is beskadig en talle huise in verskillende gebiede, veral in Protea Glen in Soweto, is beskadig. Ses mense is ook beseer toe ʼn minibus-taxi op die N12 naby Impalaweg in ʼn ongeluk betrokke was. Ander minder ernstige ongelukke tydens die storm is ook aangemeld.

Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het Sondag gesê die stad se groeprisiko-adviesdienste is besig om ʼn volle assessering van die skade wat deur die storm aangerig is te doen en ʼn voorlopige verslag sal na verwagting teen Vrydag bekendgemaak word. Dié verslag sal die volle omvang van die stormskade insluit, asook of die voorval as ʼn provinsiale of nasionale ramp verklaar behoort te word.

Mashaba het Sondag self plekke in Lenasia, Soweto en Westbury besoek om die skade wat deur die storm aangerig is te besigtig. Hy het ook met beamptes van die provinsie se rampsentrum en ander provinsiale departemente vergader oor die pad vorentoe vir inwoners wat dakloos gelaat is. Die provinsiale regering voorsien tans tente en ander tydelike skuilings, kospakkies en komberse aan inwoners wat sonder ʼn heenkome gelaat is.

Herman Mashaba, die burgemeester van Johannesburg, het Sondag gebiede besoek wat deur die erge storm geraak is wat Saterdag in dele van die stad gewoed het. Foto: Herman Mashaba/Twitter

Mashaba het gesê ʼn multi-organisatoriese benadering is nou nodig om die saak te hanteer.

“Die stad se groeprisiko-adviesdienste sal ook ʼn ondersoek doen na die gehalte van sommige van die geboue wat weens die storm ineengestort het, spesifiek die identiteit van die kontrakteurs wat betrokke was by die konstruksie van hierdie geboue, die stad se rol in die uitreik van okkupasiesertifikate wat die veiligheid van hierdie geboue bevestig en die rol van finansiële instansies wat die konstruksie van hierdie geboue befonds het,” het Mashaba gesê.

Hy het gesê die ondersoek sal na verwagting binne die volgende 60 dae afgehandel word. Intussen is beamptes van die stad tans besig om die puin, klippe en ander materiaal op te ruim wat tydens die storm oor paaie gewaai het, terwyl die Johannesburgse Padagentskap verkeersligte en paaie nagaan wat deur die storm geaffekteer is.

Jacob Mamabolo, LUR vir infrastruktuurontwikkeling in Gauteng, het vroeër gesê berigte is ontvang van twee mense wat in Lenasia gesterf het nadat ʼn boom bo-op die voertuig waarin hulle was geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Louis le Roux ·

Dis wat gebeur wanneer onbevoegde mense aangestel word. Geen behoorlike inspeksies wird op boupersele gedoen tydens konstruksie nie. Omkopery en korrupsie is hier aan die orde van die dag.

zoom zoom ·

MM dankie vir die cars berig dit word waardeer. Ek stem saam met Louis le Roux. Korupsie in die oprigting van RDP huise is so algemeen as dat die son môre weer gaan skyn. Maar wat daar is baie geld in die put en ons betaal maar net weer vir die herstel

Johann ·

Presies. Inpeksies moet op verskillende stadiums gedoen word maar dit word nie gedoen nie. Dieselfde gebeur by bou van paaie deur klein kontrakteurs.

snoefie ·

ek hoop die paddaman sien wat bbbee die land bring. kryvir julle. veels geluk met julle bbbee werkskeppningsmetode. dít werk uitstekend.

Ben ·

Geneig om saam met jou te stem. Die omgekoopte en onbevoegde bou inspekteers is ‘n baie ou ding. Ek het egter ook gevind dat baie van die nuwe huis bou produkte en materiale is nie op standaard nie. BV Plastiese PVC krane, Staal Krane met plastiese koppe wat aanhoudend breek, Uiters swak saamgeperste hout panele in kombuise en kaste. Toilet Seats, Plastiese PVC geute ,.Dak verf en vernisse, Swak bakstene (2 ronde gaatjies) ens. Dit is ‘n skande dat die publiek so uitgebuit word en die banke met hulle 20 jaar verbande. Jou verband is 20 jaar maar jou huis se lewensduur is 1 jaar waarborg op die junk bou materiale. Skande!!!!.

pieterdp ·

Ai tog . Beee. Om koop. Aan koop van swak materiaal (goedkoop). Geen op geleide vak manne nie. Sommer net van die straat af.

Wat is die uit koms ? Dit wat ons onder vind en sien.

Cor ·

Wat verwag die mensdom anders as onbevoegde, onopgeleide mense wil bou kontrakteur speel. Hier is dit weer n geval van die wiel herontwerp, daar was altyd bou regulasies waaraan voldoen moes word. Die regulasies geld blykbaar net vir die sogenaamde bevoorregtes. Dan word daar ook van lae kwaliteit bou materiaal gebruik gemaak om n 1000% wins te maak. Die sogenaamde kontrakteurs giet n beton blad op n stuk grond sonder enige fondasie, pak die stene op mekaar met n dagha sement verhouding van 99% sand en 1 % sement verhouding . Die dakkappe en daklatte voldoen nie aan SABS spec. nie want hulle weet nie wat is dit nie. So word daar voort geploeter tot nadeel van die massa.

Blue Butterfly ·

Ek hoop derduisende rande se skadevergoeding word suksesvol ingestel teen die boukontrakteurs. Wat jy saai sal jy (hopelik) maai. Dit is ‘n skande dat mense sulke swak geboude huise ontvang vanaf ‘n regering wat daar is om hulle mense se lewens te verbeter.

Ai ·

Ja…sug…die brothers. Seker nog ooit eers ‘n huis gebou maar wel kontrak gekry. Hoop hul vervolg hul tot by Oom Daantjie in die kallerhok! Mense kon hullewens verloor het maar geld is mos al wat saakmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.