Bouwer laat vaar borgtogaansoek

Anton Bouwer, moord, Benoni,

Anton Bouwer (55) Dinsdag in die landdroshof in Kempton Park. (Foto: Isabel Venter / Maroela Media)

Anton Bouwer (55), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eie familielede tydens ʼn moordtog in Benoni doodgeskiet het, het Dinsdag sy borgtogaansoek voorlopig laat vaar.

Hugo van der Westhuizen, Bouwer se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê daar is verskeie redes hoekom sy kliënt nie nou met die aansoek voortgaan nie. Van der Westhuizen het ook gesê omvattende ondersoekwerk moet nog gedoen word.

Die staat het ook aangedui dat daar nog uitstaande ondersoekwerk is.

Luidens die klagstaat het Bouwer op 21 Januarie eers sy ouers, Bettie (73) en Robert Barry Bouwer (78), op hul hoewe in Bredell, Kempton Park, geskiet.

Daarna is hy glo na sy eie huis in Holdingweg in Benoni aan die Oos-Rand waar hy na bewering die moordtog voortgesit het.

Na bewering het Bouwer sy aangenome dogter, Natasha Bouwer (22), en die gesin se huishulp, Elizabeth Mahlangu (55), hier doodgeskiet. Hy het ook glo sy vrou, Adélle (43), geskiet. Bouwer het homself glo laaste in die gesig geskiet, maar hy het oorleef.

Bouwer het Dinsdag strak voor hom gestaar en geen emosie getoon ná die hof sy saak vir twee maande uitgestel het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Casper ·

Aai,so dit kon dalk hy gewees het,maar is daar nooit iemand gearresteer nie.Dan neem ek aan die saak is nog “oop’ want ‘n moordsaak verjaar nooit.

ES ·

@Martie Smartie – die verdediging hoef niks te doen nie. Hulle hoef nie sy onskuld te bewys nie. Die onus is op die staat om te bewys hy is skuldig. Mense het ‘n wanpersepsie van wat ‘n prokureur se werk is…

Martie ·

Ek kan nooit verstaan waarom ‘n saak waar dit baie duidelik is wie die moordenaar is so moet sloer nie. Vergeet van redes waarom hy dit gedoen het, hy is ‘n moordenaar want ‘n kind wat sy ouers vermoor is sleg. Sluit hom toe vir altyd, eintlik doodstraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.