Michael Farr, woordvoerder van Sun International, het gesê hulle meen nie dat teenkanting deur die Gold Ruhs Group waarvoor ʼn hofdatum nog bepaal moet word, genoeg rede is om hul konstruksie te staak nie…
Die kompleks sal bekend staan as Sun International se Time Square by Menlyn Maine. Henk Boogertman, uitvoerende direkteur van Menlyn Maine, het vroeër aan Radio Pretoria se Klankkoerant verduidelik wat hulle beplan. Hy het gesê daar was baie teenkanting teen die ontwikkeling…
Fanus Johnson, voorsitter van die Faerie Glen-buurtwag, het negatief gereageer op die beplande ontwikkeling…
Die casinokompleks sal deel uitmaak van Central Square. Dié ontwikkeling behels kommersiële kantoorspasie, winkels, restaurante, ʼn gimnasium, ʼn hotel, woonstelle en ʼn lowergroen openbare park.
Mense het nie geld nie, en verloor die bietjie wat hulle het om te gaan dobbel. Dit is jammer dat sulke geld Paleise gebou word met al die blink liggies, en saam met dit kom daar meer rooftogte en moeilikheid makers
Geld doen altyd die praatwerk.