Bouwerk aan Pta-casino reeds aan die gang

'n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die casinokompleks moontlik gaan lyk.

‘n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die casinokompleks moontlik gaan lyk.

Konstruksiewerk aan die R3 miljard-casinokompleks in Menlyn in die ooste van Pretoria het begin, al moet een beswaar nog in die hof aangehoor word.

Michael Farr, woordvoerder van Sun International, het gesê hulle meen nie dat teenkanting deur die Gold Ruhs Group waarvoor ʼn hofdatum nog bepaal moet word, genoeg rede is om hul konstruksie te staak nie…

Die kompleks sal bekend staan as Sun International se Time Square by Menlyn Maine. Henk Boogertman, uitvoerende direkteur van Menlyn Maine, het vroeër aan Radio Pretoria se Klankkoerant verduidelik wat hulle beplan. Hy het gesê daar was baie teenkanting teen die ontwikkeling…

Fanus Johnson, voorsitter van die Faerie Glen-buurtwag, het negatief gereageer op die beplande ontwikkeling…

Die casinokompleks sal deel uitmaak van Central Square. Dié ontwikkeling behels kommersiële kantoorspasie, winkels, restaurante, ʼn gimnasium, ʼn hotel, woonstelle en ʼn lowergroen openbare park.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

Mense het nie geld nie, en verloor die bietjie wat hulle het om te gaan dobbel. Dit is jammer dat sulke geld Paleise gebou word met al die blink liggies, en saam met dit kom daar meer rooftogte en moeilikheid makers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.