ʼn Pretoriase sakeman is in hegtenis geneem in verband met die moord op die bekende Noordwes-sakeman, Wandile Bozwana.
Dié sakeman staan saam met Sipho Dludla en Matamela Motapa tereg op aanklagte van moord, nadat Wandile Bozwana op 2 Oktober in Garsfonteinweg, Pretoria, vermoor is. Daar is op die voertuig waarin Bozwana ’n passasier was, losgebrand en hy is noodlottig gewond.
Die verdagte sal Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van moord. Bozwana was ʼn bekende in sakekringe in die provinsie Noordwes. Hy was na bewering betrokke by regeringsprojekte ter waarde van R305 miljoen.
Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het die verdagte homself aan die polisie oorgegee.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die Wandile Bozwana-saak op Maroela Media.
Na ek die berig gelees het merk ek op hoe daie draaie geloop is om nie ‘n skuldige vas te trek nie.