Braamfontein-leeu toe ʼn rolprentster

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die Braamfontein-leeu wat sosiale media sedert Maandagaand aan die gons het, is toe die hele tyd ʼn rolprentster.

Scott Simpson, woordvoerder van die Leeupark naby Johannesburg, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat die leeu wat Maandagaand in Braamfontein afgeneem is, een van die park se leeus is.

“Dit is een van ons leeus. Hy is gebruik in die verfilming van ʼn toneel vir ʼn plaaslike produksiemaatskappy,” het Simpson gesê. “Die leeu het geensins ‘in die strate rondgedwaal’ soos sommige mense beweer het nie. Die produksiemaatskappy het die gebied waar die verfilming plaasgevind het, afgesper en ons personeel en hanteerders was heeltyd daar om met die leeu te werk. Niemand was ooit in enige gevaar nie.”

Foto’s van die leeu in ʼn straat in Braamfontein is sedert Maandagaand wyd op sosiale media versprei en gebruikers het bespiegel of die leeu dalk uit ʼn reservaat ontsnap het en of die foto’s dalk net gemanipuleer is.

Simpson wou nie bekendmaak watter rolprent of advertensie Maandagaand verfilm is nie, maar het gesê leeus van die Leeupark word gereeld vir verfilmingdoeleindes gebruik. “Ons het ʼn paar leeus waarmee die hanteerders gemaklik is en wat vir verfilming gebruik word. Dit is glad nie ʼn buitengewone ding nie. Ons het ʼn hele departement wat met hierdie aspek werk.”

Volgens EWN is die spesifieke leeu wat Maandagaand gebruik is se naam Columbus en was hy ook voorheen in die bekende Amerikaanse rolprent Blended te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gesiggie ·

Ek hoop almal wat so op hol was… het nou ge kalmeer… gedink dit klink te goed om waar te wees…gelukkig is Oom leeu uitgeken… en kan als nou weer normaal verloop”’ maar teminste was dit n storie om op te volg.

Reinhardt ·

Sjoe, ek het darem maar gemengde gevoelens oor ou vuilbaard wat in so omgewing gesit word om bloot net te “roam” vir ons satisfaksie,

m ·

Daar is seker al soveel stertjies aangelas. Ons gaan seker nog hoor mense was aangeval……

petro ·

HAHAHAHAHAHA iemand anders het vir bietjie vermaaklikheid gesorg dis beter as om te lees van Julius of Jacob.

Jan maak n plan ·

Ek het Braamfintein se strate nog nooit so leeg gesien nie. En die mense in die buiteland sê mos daar loop leeus in SA se stede se strate rond. Nou kyk dis waar.

Jan maak n plan ·

Ek het Braamfintein se strate nog nooit so leeg gesien nie. En die mense in die buiteland sê mos daar loop leeus in SA se stede se strate rond. Nou kyk dis waar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.