Die agt betogers wat Vrydag in hegtenis geneem is nadat honderde lede van die EFF weer na die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad opgeruk het om teen beweerde rassisme te betoog, is op waarskuwing vrygelaat.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê die verdagtes het Maandagoggend in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld voordat hulle op waarskuwing vrygelaat is.
Die saak is tot 12 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.
Die saak teen die lid van die publiek wat gedurende die betoging in hegtenis geneem is op aanklag van aanhitsing is nie op die hofrol geplaas nie. Die dossier is vir verdere ondersoek na die polisie teruggestuur.
Die polisie het Vrydag ʼn waterkanon en skokgranate ingespan om die groot skare weg van die skool te keer. ʼn Herrie het vroeër losgebars ná ʼn private funksie van matriekleerders by die skool wat net deur wit leerders bygewoon is.
Maroela Media het vroeër berig ’n brandweerwa is gedurende die betoging aan die brand gesteek, paaie en verkeersligte is ook beskadig en ’n stuk veld aan die brand gesteek.
Die vensters van ’n motorhandelaar op die hoek van Paradys- en Ou Paarlweg is gebreek en skade is aan private motors aangerig. Verskeie winkels is geplunder.
Die Stad Kaapstad beoog om die skade aan munisipale eiendom deur middel van ’n siviele eis van die EFF te verhaal.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
50 Kommentare
Dis amptelik…. die wet is net van toepassing op een groep. Die res maak en breek soos hulle wil, en kom letterlik skotvry daarvan af.
En die lid van die publiek wat gearresteer is is nie in aanhouding nie ?
Dit is darem lekker. Lyk my tot die regsbank is bang vir die spul. Laat dit nou net ‘n klomp wit manne was , dan was hulle sommer aangekla van moord
Regtig net ‘n waarskuwing! Ek is so teleurgesteld in die regstelsel pffft hel man kyk hoe lank het die boere gesit vir Senekal!!!
Daar het jy dit nou – een stel reels vir die een groep, en geen reels vir ‘n ander groep. Wat is hierdie 8 se name? Gaan dit ook soos die mense van Senekal deur die media uitgebasuin word?