Brackenfell: Agt van EFF uit op waarskuwing

EFF-lede ruk Vrydag op na die Hoërskool Brackenfell. (Foto: EFF/Twitter)

Die agt betogers wat Vrydag in hegtenis geneem is nadat honderde lede van die EFF weer na die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad opgeruk het om teen beweerde rassisme te betoog, is op waarskuwing vrygelaat.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê die verdagtes het Maandagoggend in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld voordat hulle op waarskuwing vrygelaat is.

Die saak is tot 12 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Die saak teen die lid van die publiek wat gedurende die betoging in hegtenis geneem is op aanklag van aanhitsing is nie op die hofrol geplaas nie. Die dossier is vir verdere ondersoek na die polisie teruggestuur.

Die polisie het Vrydag ʼn waterkanon en skokgranate ingespan om die groot skare weg van die skool te keer. ʼn Herrie het vroeër losgebars ná ʼn private funksie van matriekleerders by die skool wat net deur wit leerders bygewoon is.

Maroela Media het vroeër berig ’n brandweerwa is gedurende die betoging aan die brand gesteek, paaie en verkeersligte is ook beskadig en ’n stuk veld aan die brand gesteek.

Die vensters van ’n motorhandelaar op die hoek van Paradys- en Ou Paarlweg is gebreek en skade is aan private motors aangerig. Verskeie winkels is geplunder.

Die Stad Kaapstad beoog om die skade aan munisipale eiendom deur middel van ’n siviele eis van die EFF te verhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Rentia ·

Dis amptelik…. die wet is net van toepassing op een groep. Die res maak en breek soos hulle wil, en kom letterlik skotvry daarvan af.

Stefaan ·

En die lid van die publiek wat gearresteer is is nie in aanhouding nie ?

Adam Adriaan ·

Dit is darem lekker. Lyk my tot die regsbank is bang vir die spul. Laat dit nou net ‘n klomp wit manne was , dan was hulle sommer aangekla van moord

Friedrich ·

BAIE SWAK. Die landdros if duidelik ook ‘n EFF ondersteuners.

Persheks Adri ·

Regtig net ‘n waarskuwing! Ek is so teleurgesteld in die regstelsel pffft hel man kyk hoe lank het die boere gesit vir Senekal!!!

Dries ·

Daar het jy dit nou – een stel reels vir die een groep, en geen reels vir ‘n ander groep. Wat is hierdie 8 se name? Gaan dit ook soos die mense van Senekal deur die media uitgebasuin word?

Roggeveld ·

Ja, ons wag in spanning dat hulle gename en geshame word deur Netwerk24.

Boer ·

Hoe werk dit ? Twee wit boere word toegesluit en kry borgtog van R15000 en hulle word net gewaarsku. Dit is nie reg nie.

Afrikaner ·

Waarskuwing?? Regtig?? Wat op aarde gaan met ons regstelsel aan as dit by die EFF kom. Brand, verwoes beskadig eiendom en dan kry hulle n waarskuwing….ek verstaan nie…

Misky ·

Wie was die regter? Ek dink dit moet bekend gemaak word en ons wil weet wie keur die gedrag as’t ware goed.

Kokerboom ·

Die REG speel so reg in die hand van die klomp boewe wat optree onder vaandel van ‘n politieke party.
Wat ‘n klugspel!

Aai ·

Die staat is bang vir die EFF dit is hoekom daar niks gedoen word.

Maggies ·

Ek dog ‘n brandweerwa is aan die brand gesteek. Lyk my wet en orde geld net op een groep mense.

Sarel ·

Indien jy nie meer op die Regstelsel kan steun nue wat dan.

Dup ·

Hulle is op waarskuwing vrygelaat en sal op 12 Feb 2021 voorkom.Hopelik kry hulle dan die straf wat hulle verdien of,….die saak word weer uitgestel…..

Louis ·

En so gaan die sirkus met hul klomp clowns net aan.wat n grap

Pieter ·

Is dit- oor hulle eff is? Wat van die boere wat niks verkeerd gedoen het nie word aangehou en weere en weer met die hof ……. Die S.A is n gemors. :)

Gert ·

Vegter… terroris… vry op waarskuwing. Geen geregtigheid in Banana republic

BOKKIEBEK ·

Mense mense mense….wanneer gaan julle besef, daar IS NIE meer wet en orde nie.. Jy kan by NIEMAND gaan kla nie, want almal het iewers ‘n vinger in die paai . Niemand sien die verskil in optrede teen oor SENEKLAL se boere en BRAKENFELL se eff nie…Hulle maak nes hulle wil.

Elize ·

Hoe regverdig dit die behandeling van die manne van Senekal?

Wondermaarnet ·

Waar het die lot vandaan gekom? Daar was slegs goedkeuring vir 100 van hulle. Nes JZ kan hulle nie tel nie.

Androclus ·

Klomp swakkelinge word glad kwaad oor ‘n partytjie,maar vat hulle koppe reg?

Maggies ·

Dit is ongelooflik dat die negende persoon gepleit het vir vrede maar gevloek is in kru taal. Opgestaan het vir ons land en aangerand is. Getuig het van God se geregtigheid en gearresteer word.
Dankie tog dat daar regsmense is wat hom gaan bystaan.
Ek dink hy is ‘n held.

J ·

Maggies
Ek stem saam met jou standpunt. Daardie Nommer 9 (wat is sy naam?) is ‘n held!

Ons kort sulke vreeslose mense in die parlement!

Viva Nommer 9!

gatgogga ·

Hy is geen held nie. Hy is naief en kan nie die werklikheid begryp nie.

J ·

Elke keer as die EFF onwettige onluste organiseer dan arresteer die SAPS ‘n WIT MAN!

Is die EFF die ‘plain clothes’ afdeling van die SAPS?

Ek hoop die Stad Kaapstad (en privaat eisers) lys die SAPS as ‘n respondent in die EISE vir skadevergoeding.

Lys regter Desai ook as respondent in die eise want hy het die EFF se anargie GOEDGEKEUR! Hy moes van beter geweet het.

Maggies ·

Ek dink dat die SAPD hul goed van hul taak gekwyt het in Brackenfell. Hulle was sigbaar en paraat. Net ‘n paar teen dalk meer as 2000. Nee wat dié keer kan hulle nie sleggemaak word nie.

gatgogga ·

Los SAPD uit.
Hierdie is ‘n bakleiery tussen EFF en SAPD. Moenie nou tussenin spring nie. Los dit so.

JohanR ·

En as dit agt wit boere was dan sou hulle nie borg gekry het nie, en vir die volgende twee weke gesit het en dan huis toe gestuur is tot ‘n volgende hof verskyning. Different strokes for different colour folks! Die saak is tot 12 Februarie uitgestel……dit is amper drie maande. Wat is daar om te ondersoek? Hulle is of op kamera gevang of op heterdaad betrap. Selfs ‘n 10 jarige kind kon dit uitwerk!

Hoekom ·

So ons word gearresteer vir poging tot moord, openbare geweld en beskadiging van staats eiendom en word bestempel as terroriste en dan uitgemaak as iemand wat sielkundige hulp nodig het maar die EFF word op waarskuwing vrygelaat.

Die is nie ‘n nie-rassige land nie. Die is nie ‘n demokrasie nie. Die is nie ‘n reenboog nasie nie. Dit is ‘n ras behepte regime erger as wat die land al ooit gesien het. Ons enigste oplossing is self beskikking en as dit koste het moet ons maar die koste dra. Geen ander manier, geen ander wyse het die afgelope 26 jaar gewerk nie. Vanaf praat en onderhandeling het niks van gekom nie. Inteendeel het alles net vererger…

mynie ·

So dit is hoe hulle dan infrastruktuur beskerm!!!!! Hoekom word hulle nie ook van terrorisme aandgekla soos die wit boer nie!!!!

Cecilia ·

Vrygelaat op waarskuwing. Nou hkm is hul nie op borgtog nie? Og nog steeds in aanhouding nie
Ja d wet geld net vir ons blankes!
D SAPS sou hul nie inhegtenis geneem het sonder baie goeie rede nie. Hulle is seker vd plunderaars! Maar hul gaan nou net verdwyn in d massas want hul adresse is nie opspoorbaar nie.

Sandra ·

Dis om van slange te vang. Die lid van die publiek het nie opgestook nie, kyk na die beeldmateriaal. ‘n Rooi eff het hom vorentoe gestamp, waarna hy aangerand is. Hulle soek net moeilikheid.

jzjz05 ·

Ek wil weer vrae dat die MRK en die president as ook die geregshof vir ons uitspel wat is die regte van witmense en wat is die reg van die ander’Dit is geskiedenis wat die hof besluit het in Senekal waar n polisie voertuig beskadig is,teenoor wat in brackenfell gebeur het,n kind kan dit uitmaak dat hier verskilende regte moet bestaan

Johnny ·

Ek verstaan nie waarom die media volhard om hierdie klomp as “betogers” te beskryf nie. Hulle is oproermakers en vandale.
Wat die landdros betref wat hierdie klomp so sonder enige houvas weer op die publiek loslaat . . . hoe minder mens sê, hoe beter.

Roggeveld ·

Die twee blankes moes R15 000 borg betaal, maar die EFFers brand en breek en word op waarskuwing vrygelaat. Is landdroste nie veronderstel om die reg eenvormig toe te pas nie? Kan iemand hierteen appelleer?

J ·

It’s interesting to notice that the EFF only care about Black lives inside White suburbs such as Brackenfell. But Black lives outside White suburbs don’t matter to the EFF.

Why wasn’t there a EFF riot arranged to protest the DECAPITATION of 100 Mozambican boys and men 3 weeks ago?

Those 100 Black victims of genocide don’t matter to the EFF.

Neither did the EFF arrange a riot to protest against the 72 000 deaths of (mostly) Black people in 2019 because of AIDS.

It’s clear that the EFF doesn’t care about SERIOUS matters relating to Black lives. Because they choose frivilous things to arrange protests for such as hair shampoo and matric private parties.

No Black person was killed or injured in Brackenfell or in the Shampoo debacle.

So what’s the REAL reason for the EFF ‘s mentioned riots?

And who pays for those frivilous riots when there are SERIOUS matters that deserve activism?

Anel ·

So vêr ek kan aflei was daar baie meer as 8 betogers of terroriste of vandale of wat mens hulle ookal wil noem. So hoekom net die 8 gevang het? As hulle in elke geval net op wasrskuwing vrygelaat word, wat is die doel dan daarvan om hulle te arresteer? Vir eenjeer tree die polisie op en dan gebeur dit. Geen wonder die moraal is so laag nie. En wat het van die lid van die publiek geword? Hy is openlik aangerand. As dit andersom was, was daardie mens in die tronk gestop sonder dat hulle vir borg kon aansoek doen. Het ons nog ‘n regstelsel of is dit ook deur die eff gekaap?

Jakes ·

Ek was nogal opgewonde oor die NVG die laaste ruk maar na hierdie sirkus bewys hulle maar net dat hulle dieselfde is as die hele vrot spul.

Hennie ·

As hulle wit was sou hulle twee weke gesit het en dan eers vir waarneming gestuur word!

Mariana ·

Uit op waarskuwing en wat van die witman wat in hegtenis geneem is, is hy ook vry. Hierdie EFF hooligans gaan nog baie amok maak want hulle word betaal om witmense uit te wis. Maar die wiel draai vir hulle ook……..tik tik tik…..wag tot hy stop.

Pieter J ·

Die polisie wil graag die wit ou in die tronk hou en hom aankla van een of ander oortreding maar nêrens in die wetboek staan dat dit ń oortreding is om dom te wees nie.

Robert ·

Watter deel van PRIVAAT FUNKSIE is dit wat hulle nie verstaan nie ??

Regverdigheid ·

Tree op teen EFF of mag hul doen net wat hul wil …kom Mnr Presedent tree op hul is besig om Suid Afrika te vernietig

Anoniem ·

Ek hoop en glo die lid van die publiek wat in hegtenis geneem is is darem sekern nie meer in aanhouding nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.