Brackenfell: Beroep op polisie én kalmte

Geweld het tydens ‘n vroeëre betoging buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad uitgebreek. (Foto: ANA)

Nadat geweld verlede week buite Hoërskool Brackenfell in Kaapstad tussen ouers en inwoners en ondersteuners van die EFF uitgebreek het, het die Stad Kaapstad toestemming gegee dat 100 van die EFF se lede Vrydag weer by die skool mag betoog.

Lede van die PAC beoog om Woensdag na die skool op te ruk.

Die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, Debbie Schäfer, het intussen gepleit vir kalmte, asook dat die beste belang van leerders in ag geneem word.

Schäfer het Dinsdag gesê hoewel die EFF daarop geregtig is om te betoog as hy ʼn geldige permit daarvoor het, moet die party dit ook verantwoordelik doen. Sy het gesê daar word van die EFF verwag om vreedsaam te betoog, van die skoolterrein af te bly – betogings op skoolterreine word ingevolge die Skolewet verbied – en om te verseker daar word aan Covid-19-maatreëls soos sosiale afstandhandhawing voldoen.

“Indien hulle nie hieraan voldoen nie, verwag ons van die polisie om dadelik inhegtenisnemings te doen,” het sy gesê.

“Dit is duidelik ʼn poging om die skool te intimideer en maak inbreuk op die regte van leerders wat eksamen skryf, veral ons matrieks. Ons leerders is vanjaar aan ongekende gebeure onderwerp en stresvlakke is hoog. Hierdie gedrag gaan net tot die druk bydra.”

Schäfer het gesê die departement is in verbinding met die skool, die polisie en die stad se wetstoepassingsowerhede om te verseker orde heers en dat leerders en personeel van die skool veilig is. Private veiligheidsbeamptes word ook ontplooi.

Reëlings is reeds getref om te verseker matrieks wat Vrydag eksamen skryf doen dit sonder enige ontwrigting en gr. 8- tot gr. 11-eksamens sal uitgestel word. Die skool is egter steeds oop en onderrig gaan voort.

“Ek doen ʼn beroep op inwoners om nie by die skool byeen te kom met die oog daarop om in onderonsies betrokke te raak nie. Enige optrede wat spanning net verder gaan opjaag, gaan dit moeiliker maak vir wetstoepassingsowerhede om hul werk te doen. Moet asseblief nie reg in eie hande neem nie.”

Schäfer het ook gesê dit is belangrik dat belange deur diegene betrokke by die skool, veral swart en bruin mense, geopper word. Die skool het reeds onderneem om dit te doen – lank voor die rasseherrie losgebars het.

Die skool het onder meer planne beraam om groter inklusiwiteit te verseker.

“Dit gaan ʼn proses wees en die EFF kan nie aanhou betoog net omdat daar nie aan sy eise voldoen word nie.”

Schäfer sê sy vergader Donderdag met provinsiale verteenwoordigers van die EFF om hul kommer oor die skool te bespreek in ʼn poging om ʼn geskikte verstandhouding oor die pad vorentoe te vind.

Okkie Terblanche, die DA se woordvoerder oor polisie, het intussen die polisie gevra om die beoogde betogings fyn top te hou en sê dit blyk dat “gevaarlike retoriek” rakende die betogings reeds aan die orde van die dag is.

Die EFF het op sy amptelike Twitter-blad gesê hy gaan Vrydag “neerdaal en verseker dat niks werk nie”.

“Dit is duidelik ʼn bedreiging om te intimideer en te destabiliseer,” sê Terblanche.

Hy sê hoewel die EFF geen vreemdeling vir aanhitsing tot geweld is nie – soos gesien kon word tydens die Clicks- en Senekal-betoging vroeër die jaar – het die PAC nou ook hierby aangesluit en dat sy leuse van #OneSettlerOneBullet ʼn duidelike aanduiding aan sy lede is om die wapens op te neem.

Terblanche sê die minister van polisie, Bheki Cele, moet verseker die polisie ondersoek die PAC en die EFF vir moontlik aanhitsing tot geweld en intimidasie in die aanloop tot hul beoogde betogings.

“Die Brackenfell-polisie moet orde handhaaf en verseker die betogings ontaard nie in chaos en geweld nie, ten spyte van wat sekerlik die beste pogings van die PAC en EFF gaan wees.

“Soos dit uit ander betogings geblyk het, skroom die EFF nie om te intimideer en te teister nie en gaan hy soms selfs so ver as om skade te berokken en eiendom te vernietig in ʼn poging om relevant te bly in ʼn land waar die Covid-19-afsondering hom ontbloot het as ʼn aandagsoeker wat net een rympie ken.

“Sonder sy rasse-uitlokking en gewelddadige betogings het die EFF geen politieke houvas nie.”

Wat betref die PAC sê Terblanche vooroordeel en rassisme as ʼn manier om politieke punte aan te teken in die hoop om stemme te lok, is ʼn gevaarlike roete met geen gelukkige einde nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Genis ·

Hoop regtig hulle kry op hulle baadtjie.. Hulle kry te veel lugtyd en het te veel mag in die staat se hande…

Anoniem ·

Die DA beheerde COC het aan die EFF toestemming verleen om eerskomende Vrydag voor die skool te mag betoog. Bid jou dit aan.

Genis ·

Wat kan n mens meer se? Eers be-oordeel hulle dit op die nipopertjie… Nou word hulle toestemming gegee? Tipies as jy koalisies met die EFF will aangaan…

JohanR ·

Ummmm….dink ek sal Vrydag Brakenfell toe gaan. Ek het lanklaas soe bietjie sport gehad, en laat die adrenalien vlooi. As 100 Kommuniste opdaag dan moet 1000 boere opdaag…..as 200 Kommuniste opdaag dan moet 2000 boere opdaag. Wat doen julle Vrydag ouens? Voel julle lus om bietjie appels te gaan swaai?

Ansie ·

En vat sommer klippe saam – dis skynbaar nie gevaarlike wapens in die polisie se oë nie.

Anoniem ·

Kan die COC onder DA bestuur asb aan ons verduidelik hoe hulle ‘n betoging van nie meer as 100 lede nie, vir eerskomende Vrydag aan die EFF kon toestaan???

Leana ·

Hierdie storie raak regtig nou belaglik en dit is tyd dat hierdie regering wakker skrik en iemand die EFF en die PAC (wat mens al vergeet het bestaan) op hulle plekke sit.

Anoniem ·

Leana die regering IS wakker. Dit is ons wat die slaap uit ons oë moet uitvee.

Pieter ·

Ek sal daar wees ek hoop groot bek malema is ook daar. Hy dink hy kan net maak wat hy wil want brein dood cyril rep nie n woord nie. Die EFF se gat man

Persheks Adri ·

Hy’s te bang Pieter hy sal sy minions stuur jy weet mos pffft

Louis ·

Magtag kan hierdie storie net nie end kry nie en dit nou oor ‘n privaat partytjie wat niks met die skool te doen het nie???? Het die DA nou helemaal mal geword? Dis hoekom ek nooit in ewigheid vir hulle sal stem nie! Die EFF kan nou daar teenwoordig wees, maar nie die ouers nie….. Dit maak nou ‘n lekker deur oop vir die EFF by alle skole in die land. DA julle jaag lekker aan, dis die dat julle gewildheid aan die taan is.

Werner ·

Die DA is so deurmekaar hulle weet nie wie hulle moet gelukkig hou in hulle reenboog party nie.Te bang hulle maak iemand kwaad as hulle optree.Die feit dat hulle die EFF toestemming gegee het wys dat hulle meer oor hulle party gepla is as die mense van SA.So n lot kry defnitief nie my stem nie

Anoniem ·

Ek stem Louis.DA is besig om ‘n stille dood te sterf. Hulle moet dit net self agterkom.

Alet ·

En oor paar weke loop alles dood . Nes die sjampoo ding. Almal koop nou weer Tresemme by PnP, Spar, Pres Hyper. Weet nie oor Clicks nie. Nog nooit ‘n shopper van Clicks nie so hulle kan maar bankrot gaan pla my nie. So weet wraggies nie waaroor die bohaai was nie. Hierdie is dieselfde. Hulle is kwaad omdat hulle te min breinselle het om te dink aan privaat matriekafskeid en nou die skuld die wereld hulle al weer. Siestog.

maroelabutterfly ·

Hoekom mag hul naby di skool so aangaan terwyl kinders eksamen skryf? Hulle kan mos in di vakansietyd daar gaan betoog.

Henry ·

eff lede is 99% werkloos. Geen opleiding of opvoeding. Plunder,brand,geweld rasse haat is jul leuse..Hou op hul lugtyd gee mt videos share of malema se haatspraak “share”..

Jessey ·

Ek dink dis die ideale geleentheid vir die regering om actually die EFF se reg tot betoging te beskerm, maar om die Publiek van die EFF te beskerm. Daar is nodig om wet en orde te handhaaf en ek hoop regtig Bheki Cele doen ‘n slag die regte ding en beskerm ook die regte van die kinders wat net wil Eksamen gaan skryf aan die einde van ‘n ongelooflike moeilike jaar.

Om te se hulle gaan seker maak niks werk nie, is eintlik ‘n verklaring van oorlog teen doodgewone Burgers van Suid Afrika wat net wil doen wat hule nodig het om te doen.

Julius, ‘n ou vragie vr jou. As jy dan nou so slim is om skole te ontwrig. Dink jy nie jou rooi pette moet eintlik voor die Departement se Deure gaan betoog nie? Dit maak mos meer sin as om Kinders te intimideer. Of is dit wat jou sterk laat voel? As jy kinders kan intimideer?

N.S Julius, jy weet daar is nie net Blanke kinders in daai skool? Of is jy maar net besig om weer die populistiese rigting in te beweeg?

Chris ·

Is dit weer tyd om laer te trek? Bring jou 4×4, caravan en vir “grietje”.

Antjiepat ·

se ek ook Chris.. ons lank genoeg terug gestaan laat hul loop waar hul wil…

Willem ·

Ouers en inwoners het ook seker toestemming om daar te wees. Vra net?

Deon ·

Ek het finansiele sake oor my kind se skoolfonds wat ek vrydag met die hoof gaan bespreek, ek sal binne in die skool se werf wees, wettig, is daar nie ander ouers wat ook iets met die hoof wil bespreek nie?

Nie Verbaas ·

Ongelukkig verstaan EFF nie die term vreedsaam nie. Vreedsaam vir hulle is n groep ete.

Derek ·

Dit is hoekom die grondwet ons die reg gee van die vryheid van assosiasie, geen mens kan jou met hulle assosieer nie. Hulle mag dalk “kwalifikasies” he maar van opvoeding weet hulle weinig. Ek hoop die polisie doen hul werk. Senekal het dit bewys.

Termiet ·

Die SAPS het gevra dat alle ouers en gemeenskapslede moet wegbly om konflik te vermy……. Waarom mag die eff daar wees maar nie ons nie?????????

Deon ·

Het jy nie ook iets om met die hoof te bespreek op vrydag nie, of miskien jou kind vroeg gaan afhaal by die skool of so nie? Dit gebeur mos binne in die skool yard of hoe?

Anel ·

So almal het regte behalwe die arme ki ders wat moet eksamen skryf. Siek man. Gaan betoog op ander plek. Gaan betoog by julle eie afgebrande skole. Los die funksionele skole uit. En hou op on rassehaat aan te blaas. En dit oor ‘n partytjie waarheen almal NIE WOU gaan nie. UIT EIE KEUSE!! Wil hulle jou nou ding om’ n funksie by tewoon?

Mrs H ·

Kan nie glo hulle het toestemming gekry nie?! Slegte voorbeeld vir ons jeug en swak leiers wat dit goed keur.

Persheks Adri ·

Pffft kyk die aanhaling en dis moontlik nogals pffft

“Terblanche sê die minister van polisie, Bheki Cele, moet verseker die polisie ondersoek die PAC en die EFF vir moontlik aanhitsing tot geweld en intimidasie in die aanloop tot hul beoogde betogings.”

Dis nie MOONTLIKE aanhitsing nie dit is aanhitsing!!!

Jaco ·

Die PAC sê 1 settler 1 bullet en die EFF haat ook wit mense. Die ANC hou ook nie juis van wit mense nie. SO, in die lig van dié algemene haat teen wit mense, kom ons wit mense oorreed saam met dié 3 anti-wit partye om SAAM by Joe Biden te vra/pleit dat al die wit mense na Amerika gedeporteer kan word. Biden en sy Demokratiese Party is dan juis ten gunste van immigrasie na Amerika en wye oop grense, sonder die gehate Trump se mure. Onderhandeling dié dinge reg wn dit kan werk.

Derek ·

Nie een van die howe in Suid Afrika is objektief nie, maar subjektief, afhangend tot watter politieke party of godsdiens die voorsittende beampte behoort. Die beslissing van die hof het nie in belang van die skool opgetree wie veronderstel om beskerm te word maar in belang van politiek. Net om die kinders, die leiers van more, met intimidasie taktiek te trakseer in plaas daarvan om hulle toe te laat om in vrede hul eksamen te kan voltooi. Dit is die leuen waarin Suid Afrika leef sedert die huidige regering oorgeneem het. Die misdaad bewys hul onvermoe om die land na vrede te lei, maar eerder na anargie met hulle toestemming en dit bloei van eie belang binne elke party. Solank die God van vrede nie erken word nie, sal daar nooit vrede wees nie, daarom wag ons geduldig tot op die vasgestelde tyd.

john ·

Die judge wat die toestemming verleen het is n idioot en gee niks om vir die leerders se regte nie. Wonder of hy self nie EEF is nie

Anoniem ·

Omdat daar goedkeuring aan EFF verleen is om vreedsaam te betoog dui net vir my aan dat die EFF en PAC absoluut geen sal vinger veroer tot opbou van ons land nie. Hulle wil net afbreek en soek dan by regering geld vir hul daaglikse behoeftes!!!Hulle wil nie werk nie!!!

Ansie ·

Ek moet eerlik sê dat ek ook baie teleurgesteld is in regter Siraj Desai se uitsprake. Sonder om werklik tyd te neem om hom te vergewis van die ware feite, het hy ook sommer besluit om ‘n stuiwer in die armbeurs te gooi mbt rassisme. Is hy nie veronderstel om onpartydig te wees nie? Is die EFF se regte om “vreedsame” (haloooooo) optogte te hou meer as die skoolkinders wat eksamen skryf s’n? Ek hoop iemand lê ‘n klag teen Desai. Hy hoort nie in ‘n regterstoel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.