Brackenfell: EFF wil nie vergader oor griewe

Mense raak verlede week slaags buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. (Foto: ANA)

Die EFF wat beoog om Vrydag weer by Hoërskool Brackenfell in die Wes-Kaap te betoog, het sy vergadering met die LUR vir onderwys in die provinsie om oor die party se bekommernisse te praat, gekanselleer.

Debbie Schäfer sou vandag met die EFF vergader het.

“Hul verteenwoordigers het gesê hulle is te besig om vir hul betoging Vrydag voor te berei om selfs net ʼn uur af te staan om die oplossings te bespreek vir wat glo die rede vir die betoging is.

“Dit is baie duidelik dat die EFF nie belangstel in beraadslaging en die oplos van hul kommer nie.

“Hulle enigste oogmerk is om te intimideer en onderrig te ontwrig, wat selfs meer angs veroorsaak vir leerders wat reeds ʼn moeilike jaar agter die rug het,” het Schäfer, gesê.

Die EFF het toestemming gekry dat 100 van sy lede Vrydag buite die skool mag betoog.

Schäfer sê sy is bewus dat EFF-leiers herhaalde dreigemente van geweld op sosiale media en die radio maak en dat die polisie bewus is daarvan en dit ondersoek.

Sy het weer ʼn beroep op inwoners van Brackenfell gedoen om nie Vrydag na die skool te gaan nie, behalwe wanneer ouers hul kinders daar gaan af- en oplaai.

“Die EFF is desperaat op soek na konfrontasie buite die skool. Moenie ingee vir dié taktiek nie. Die polisie en ander wetstoepassingsowerhede is besig met beduidende voorbereidings. Asseblief, kom ons gee nie vir die EFF die aandag en konfrontasie waarna hulle so desperaat soek nie.”

Lede van die PAC het Woensdag buite die skool betoog. Schäfer sê die betoging het nie enige onderrig ontwrig nie en die matriekeksamen wat op die dag geskryf is, was teen daardie tyd reeds afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

53 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris

Dit is moeilik om jouself in situasies te beteuel wanneer jy uitgelok en gekoggel word. Die enigste raad wat ek vir die inwoners van Brackenfell het is, ignoreer die mense. Dit is ‘n lot wat aandag soek en dit nog boonop kry ook. Hulle teer op die media wat hul saak bevoreder deur oor hul verslag te doen. Dit is ‘n boewe emosioneel onintelligente bende wat aandag soek en dan boonop nog kry ook.

Piet parys

SONDER ENIGE MEDIA DEKKING GAAN HULLE TOT NIET . AS mense net dink maar almal dink mos nie en wil mos eerste wees met verslag gewing .

agnes

Die EFF stel nie belang daarin om probleme op te los nie, hulle IS die probleem

Stefan

Hoe op dees aarde word dit toegelaat.
Wat gaan met my gebeur as ek openlik dreig met geweld.

Androclus

Klomp eff mense is dom in die wydste sin van die woord.Wat soek hulle in Brackenfell,hulle is nou is die grootste rassiste.