Die Stad Kaapstad beoog om die skade wat Vrydag gedurende die EFF se betoging buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad aan munisipale eiendom aangerig is deur middel van ’n siviele eis van dié party te verhaal.
Die metro sê ’n brandweerwa is gedurende die betoging aan die brand gesteek, paaie en verkeersligte is ook beskadig en ’n stuk veld aan die brand gesteek.
Die vensters van ’n motorhandelaar op die hoek van Paradys- en Ou Paarlweg is gebreek en skade is aan private motors aangerig. Verskeie winkels is geplunder.
“Ek veroordeel die gewelddadige optrede en die oortreding van ooreengekome voorwaardes met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die hooggeregshof wat tydens die EFF-betoging in Brackenfell plaasgevind het, ten sterkste,” sê Dan Plato, burgemeester van Kaapstad.
“Die EFF het dit duidelik gemaak dat die party geen ag slaan op die oppergesag van die reg nie.”
Volgens Plato is senior amptenare besig om die koste van die skade aan stadsinfrastruktuur te bereken. “Sodra ’n volledige beoordeling gedoen is, sal die stad hierdie koste van die EFF verhaal.”
Maroela Media het vroeër berig agt betogers is in hegtenis geneem nadat honderde lede van die EFF Vrydag weer na die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad opgeruk het om teen beweerde rassisme te betoog.
’n Waterkanon en skokgranate is eindelik ingespan om die groot skare weg van die skool te keer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
32 Kommentare
Laat hulle betaal en die regter ook, want dié het mos toestemming gegee vir die betoging wat “vreedsaam” sou gewees het pffft!
Reg so. As die EFF moet betaal vir hulle verwoesting sal hulle dalk 2 keer dink.
Hulle slaan geen ag op die begrip privaat, óf die toepassing daarvan nie!
Die regter wat toestemming verleen het, is aanspreeklik vir die gevolge. Die EFF kan nie vertrou word nie. Laat hulle vir elke sent skadevergoeding betaal – vir munisipale en privaat eiendom.
Nee wat nie veel hoop. Dit was tien teen een n bevel van bo af? Geen besef tussen reg en verkeerd.