Brackenfell: Metro wil skade aan munisipale eiendom van EFF verhaal

EFF-lede ruk Vrydag op na die Hoërskool Brackenfell. (Foto: EFF/Twitter)

Die Stad Kaapstad beoog om die skade wat Vrydag gedurende die EFF se betoging buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad aan munisipale eiendom aangerig is deur middel van ’n siviele eis van dié party te verhaal.

Die metro sê ’n brandweerwa is gedurende die betoging aan die brand gesteek, paaie en verkeersligte is ook beskadig en ’n stuk veld aan die brand gesteek.

Die vensters van ’n motorhandelaar op die hoek van Paradys- en Ou Paarlweg is gebreek en skade is aan private motors aangerig. Verskeie winkels is geplunder.

“Ek veroordeel die gewelddadige optrede en die oortreding van ooreengekome voorwaardes met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die hooggeregshof wat tydens die EFF-betoging in Brackenfell plaasgevind het, ten sterkste,” sê Dan Plato, burgemeester van Kaapstad.

“Die EFF het dit duidelik gemaak dat die party geen ag slaan op die oppergesag van die reg nie.”

Volgens Plato is senior amptenare besig om die koste van die skade aan stadsinfrastruktuur te bereken. “Sodra ’n volledige beoordeling gedoen is, sal die stad hierdie koste van die EFF verhaal.”

Maroela Media het vroeër berig agt betogers is in hegtenis geneem nadat honderde lede van die EFF Vrydag weer na die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad opgeruk het om teen beweerde rassisme te betoog.

’n Waterkanon en skokgranate is eindelik ingespan om die groot skare weg van die skool te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Persheks Adri ·

Laat hulle betaal en die regter ook, want dié het mos toestemming gegee vir die betoging wat “vreedsaam” sou gewees het pffft!

katerinadiekat ·

Reg so. As die EFF moet betaal vir hulle verwoesting sal hulle dalk 2 keer dink.

Johanncb ·

Hulle slaan geen ag op die begrip privaat, óf die toepassing daarvan nie!

Annette ·

Die regter wat toestemming verleen het, is aanspreeklik vir die gevolge. Die EFF kan nie vertrou word nie. Laat hulle vir elke sent skadevergoeding betaal – vir munisipale en privaat eiendom.

Strandloper ·

Nee wat nie veel hoop. Dit was tien teen een n bevel van bo af? Geen besef tussen reg en verkeerd.

Chris dupreez ·

Hoop hulle word ook aangkla van terrorisme, brandstigting,beskadiging van eiendom ens.ens.ens.

marius ·

Verkoop ook sommer die regter se rok . Hy het genoeg rooi in om ‘ n oorpak te maak .

Herpiet ·

Maar as wittes betoog dan ruk die eff op om die land se “bates te beskerm”? Wat ‘n klomp arrogante anargiste wat deur die anc beskerm word.

jzjz05 ·

Hoekom is Cella so stil,hoekom word daar nie deur hom die polisie beveel om die mense wat eindom beskadig gevang moet word soos hy in Senekal gedoen het nie

Yvonne ·

Dit is niks minder as reg nie…..eis elke sent terug van die rampokkers

christo ·

Het die EFF al ooit enige-iets opbouend gedoen in SA? Die stilswye van Ramaphosa beteken net dat die rooi terroriste se gedrag vir die president aanvaarbaar is. As Dromer Ramaphosa dink die buiteland gaan belê in SA is daar nuus vir hom.

Stefan ·

Vergeet dit maar, hulle sal dit nie betaal nie al sè die hof so.
Hulle is bo die wet verhewe onthou, dit sou indruis teen hul reg om sonder gevolge te kan maak soos hulle wil!
Sarkasties bedoel maar ongelukkig die werklikheid.

ElizeK ·

Spyt kom ALTYD te laat nê Dan. Hoekom die Stad Kaapstad in die eerste plek toestemming gegee het om wetsgehoorsame burgers en julle felste ondersteuners uit te lewer aan die eff bly n raaisel en DIT ou vriend, gaan julle erg knou by die stemlokale.
Ons hier in Brakkies wonder egter nie meer oor die kortsigtigheid van die regter nie. Dankie tog vir google, want daar kry mens baieee antwoorde!!!
Het julle vir 1 sekonde gedink dat hier nie chaos gaan uitbreek nie. Al vreedsaam wat die eff ken is dit wat hulle by hulle monde indruk.
Ons is kwaad, sommer baie kwaad.

gehasie ·

Is dit dieselfde EFF wat Senekal van diè blanke vandale wou beskerm? Kan nie wees nie!!!

Pieter ·

Ons weet mos nou al hulle gaan niks betaal nie, anc keur hul optrede goed. Om ‘n monster te wen moet jy ‘n groter monster kry, dis al wat werk in Afrika.

Piet parys ·

Tyd geword om die reels toe te pas . As n betoger eiendom beskadig of n petrolbom wil gooi of het of lewens bedreig gebruik jy skerppunt ammunisie . Tyd geword dat die polisie hulle taak uitvoer en die misdaad uitroei.

Samuel ·

Ek dink nie die stad Kaapstad het goeie kanse om die skade van die EFF te verhaal nie. Hulle is verhewe bo die wet.

jzjz05 ·

Waar is die MRK ,in Senekal was hulle vinnig uit die blokke, ook met verkeie ander voorbeelde ,nou is daar n dawerende stilte . eindelik is dit normaal vir hulle in die gevalle omstil te wees maar as dit wit was sou die al voorige dag onder soek word ,

J ·

The EFF didn’t go to Brackenfell to protest against racism!

They went there to MILK Brackenfell for FREE PUBLICITY.

The media are complicit in the violent crime because they always provide the FREE PUBLICITY!

The media always reward the EFF for their violent and disruptive behaviour by giving them free publicity.

When the media boycot the EFF misbehaviour … it will stop because the EFF act for the cameras.

The media have been distracted if they probe the school for allegations of racism in stead of probing the nefarious agenda of the EFF.

J ·

Dis seker a.g.v die eise vir SKADEVERGOEDING dat Malema ‘geskitter’ het in sy afwesigheid (terwyl sy “vegters” alleen STRUGGLE teen onskuldige winkel vensters, asblikke, motorruite en padtekens). (Soos die legendariese ridder Don Quichote wat windmeulens vir DRAKE aangesien en bestorm het?)

Malema, die EFF ‘commander in chief’, bekend daarvoor dat hy van voor af lei, het sy strategie verander? Hy lei deesdae sy vandale vanaf die veiligheid van sy rusbank?

Hy wás dalk in Brackenfell, maar vermom? … agter ‘n COVID masker? … of het hy net sy haarstyl verander? … wat hom onherkenbaar maak?

Hy het seker vir homself ‘n (vals) alibi gefabriseer om die eise vir SKADEVERGOEDING te ontduik?

Mooi so Kaapstad! …

“Trek hulle kaal uit!”

Oom Hennie Pennie ·

Hulle moet meer eise teen hulle kry, dan sal ons sien wie is die eintlike borge.

Eragrostis ·

Ek wonder hoekom ‘beoog’ die Metro of hulle stappe wil neem. Dis mos die logiese ding om te doen.

Boonop het die EFF die Covid-regulasie verbreek deur moedswillig meer as die toegelate 100 persone wat aan dié optog kon deelneem, laat deelneem het. Ek hoop iemand gaan die organiseerders van die EFF hiervoor ook aankla, veral dié wat 26 busse gereël het om ondersteuners te laat aanry na dié geleentheid. Hulle dink mos hulle is bo die wet verhewe.

Miem ·

Dis mos hulle land en hulle maak mos wat hulle wil. Net nog ‘n saak wat onder die mat gevee gaan word. Dis lankal tyd dat ons as gemeenskap begin opstaan en sê, GENOEG is genoeg.

Dries ·

Gaan ons die name van die gearresteerde EFF-lede ook in die nuus sien, soos met die mense wat by Senekal gearresteer is en voortdurend by die naam genoem word in die media?

Lee ·

Sluit sommer die wat dit gedoen het toe ook asb, hierdie verwoesting oor nonsens moet ophou.

Buks ·

Kom dit nie neer op sabotasie nie? Hoe toevallig die EFF teiken nou die Weskaap na sprake van sessering of onafhanklikheid weg van ANC oorheersing.

Thea ·

Uitstekende plan!!! Maar of dit haalbaar is, dit is ‘n ander storie. Ek meen, ons praat van die eff. Die onaantasbare rooi hoedjies van SA.

Tiny ·

Yep, laat hulle betaal. Hulle moet sommer vir Mal-emma uit sy sak laat betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.