Brackenfell-onnie verdwyn spoorloos

Die polisie is op soek na ʼn 47-jarige onderwyser van Brackenfell in Kaapstad wat Maandag spoorloos verdwyn het.

Werner Stander se vriendin het hom gister as vermis aangemeld nadat hy omstreeks 06:40 van hulle huis in Edenpark werk toe vertrek het, maar nooit daar aangekom het nie, het sers. Botsotso Mjiwu, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, gesê.

“Hy het met sy wit Corsa-bakkie, met die registrasienommer CCC11148, weggery,” het Mjiwu gesê.

Die saak is ook by Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, aangemeld.

Stander is 1,75 m lank, weeg nagenoeg 100 kg en het bruin oë en kort, grys hare. Hy het ʼn blou pluisstoftop, ʼn bruin broek en bruin HI-TEC-skoene aangehad.

Die polisie vra enigiemand met inligting om AO Raymond Saville by 021 980 5729 of 084 468 9894 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

kolla ·

Die beskrywing van sy kleredrag laat mens wonder of hy so skool toe is.

Dani ·

Hy is die beste onderwyser wat veral lief is vir sport moes hy eerder n pak gedra het????

Netso ·

Wat moes hy gedra het, ñ Pak en ñ kuil ? In watter era het jy laas skool gehad Kgola ? Hoop hy is veilig!

Kwaaitjie ·

Ek hou skool in ‘n sweetpak.
Of ‘n Jean.
Wat hy aangehad het is perfek vir skoolhou ????????

Mariné Lourens ·

Dagsê Ben

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.