Brackenfell: Ramaphosa vra ondersoek na ‘rassisme’

Mense raak slaags buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. (Foto: ANA)

Die herrie rondom Hoërskool Brackenfell in Kaapstad kring al wyer uit, met selfs pres. Cyril Ramaphosa wat hom nou daaroor uitgelaat het.

Ouers en inwoners het Maandag slaags geraak met betogers van die EFF buite die skool waar die rooi barette teen beweerde rassisme by die skool betoog het. ʼn Groep leerders van die skool het vroeër ʼn private matriekafskeidgeleentheid gehou waarheen geen swart leerder oënskynlik genooi is nie.

Ramaphosa het die konfrontasie buite die skool as betreurenswaardig bestempel en het almal betrokke gevra om verantwoordelik op te tree.

“Op ʼn baie belangrike en moeilike tyd vir matrikulante, nie net by Hoërskool Brackenfell nie maar landwyd, is die spektakel van ouers en betogers wat handgemeen by die skoolhek raak, uiters ongelukkig,” het Ramaphosa gesê.

Die president sê dit is die reg van elke Suid-Afrikaner om vreedsaam te betoog, en enige optrede om die reg op vryheid van uitdrukking, veral deur geweld en intimidasie, te onderdruk, moet veroordeel word.

Hy sê die gebeure roep beelde uit die verlede op waarheen nooit weer teruggekeer moet word nie.

Die president het ook gevra dat bewerings van rassisme teen die skool dringend ondersoek moet word.

Hy het gemaan dat mense se gedrag, agter geslote deure en in die openbaar, nooit die beginsel van nie-rassigheid moet ondermyn nie.

“Ons moenie toelaat dat wat by Hoërskool Brackenfell gebeur het, deur enige groep gebruik word om rasseverdeling te veroorsaak nie.”

Die Menseregtekommissie (MRK) het intussen ook die geweld veroordeel.

“Die kommissie is uiters teleurgesteld dat daar in vandag se tye nog ʼn rasgesegregeerde private geselligheid vir matriekleerders van die skool is. Selfs meer teleurstellend is die feit dat die geselligheid deur hul ouers en twee onderwysers van die skool bygewoon is,” het die MRK gesê.

“Die hou van ʼn ‘slegs wit’-geselligheid – indien dit waar is – word sterk veroordeel. Niemand moet toegelaat word om rassesegregasie na hierdie land terug te bring nie.”

Die kommissie sê die diep verdeeldheid van die apartheid- en koloniale verlede kan nie genees word as kinders afsonderlik op grond van ras sosialiseer nie.

“Die kommissie veroordeel die geweld, veral omdat dit ten aanskoue van jong mense plaasgevind het wat veronderstel is om voor te berei vir die eindeksamen wat weens die Covid-19-pandemie en die onderbrekings wat dit veroorsaak het, na verwagting reeds moeilik gaan wees.”

Die MRK het die polisie gevra om ʼn man wat in videomateriaal gesien word hoe hy ʼn swart vrou in EFF-drag met ʼn stok slaan, in hegtenis te neem.

Die kommissie sê die voorval moes nooit gebeur het nie en moes deur die nasionale en provinsiale onderwysdepartement hanteer word.

Die MRK het ook gevra vir ʼn ondersoek na die “gedrag van die twee onderwysers wat glo die rasgesegreseerde geselligheid bygewoon het”.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het Maandag reeds gesê hy gaan nié optree teen die onderwysers nie.

“Die Wes-Kaapse onderwysdepartement kan en gaan ook nie enige stappe doen teen onderwysers wat as gaste genooi en ʼn private geleentheid bygewoon het wat hulle nie gereël het nie en terwyl hulle ook nie vooraf geweet het wie dit gaan bywoon nie,” het Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die provinsie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Christina ·

Nou ja toe, iets trek toe die president se aandag. Maar plaasmoorde? Het boere nie ook ‘n reg op lewe nie?

Genis ·

Ag ou Cyril is dit omdat jou kaders wat onder die fandel die EFF orals n mok maak, pakslae gekry het? You and your people are the biggest racist in SA, and looters. Genoeg is genoeg, bou bietjie op, en hou afbreek en plunder. So terloops in enige mens se privaat hoedanigheid, kan ek sal ek kuier met iemand van my keuse.. Julle kamma reenboog nasie bestaan nie… miskien in jul drome… Speek eerder die EFF aan, en ondersoek hulle oor plaasmoorde en brande… Doen iets konstruktiefs en hou op weg kruip.. Een ding wat ek met Julius saam stem is toe hy gese het: Cyril is a coward…

Alta Alleman ·

Ras en apartheid kaart word hier gespeel. Ek bly maar eerder stil voordat ek met my groot mond in die tronk beland.

Johanna Adriana ·

Ha, ha, Alta. Ja, jong mens voel om jou sê te sê oor hierdie onregverdighede, maar as die wag voor mens se mond, of dan die wag wat mens se vingers stuit, sy werk doen, is mens ook maar net té dankbaar dat mens die howe, mediasirkus en tronk gespaar bly.

ronel ·

Ek staan verstom!!! Hoe presies kan ‘n privaat geleentheid nou onder die spervuur kom oor wie na die geleentheid genooi is? Het sy edele die uwe President nie regte werk nie? Hy hou hom op met kinder partytjies ??? Ek kan na my huis nooi wie ek wil, ongeag hul ras of loopbaan, hoe presies is dit ‘n rasse aangeleentheid? En van wanneer af is ” vreedsame betogings” by skole goed en ouers se reg om hul kinders te beskerm sleg??

Samuel ·

Dit is vreemd dat die MRK nou so vinnig wil optree. Waarom doen hulle nie stappe teen die EFF nie? Net wittes word heeltyd geteiken. Snert, CR. Is die EFF die ANC se vegters?

ronel ·

Ek wonder nogal, wie “bankroll” hierdie EFF manewales ?

Pieter ·

Jip, eff werk nog al die jare vir anc as hul “stout maatjies” sodat die anc “onskuldig” kan pleit.

Sakkie ·

Ek braai more aand !!! BY MY EIE HUIS !!!!
Moet ek nou CR en Mal Emma eers uiynooi.

NEVER !!!! Dan eet ek liewer grond !!!

Andre ·

Die MRK is seker die grootste grap wat die land al getref het.Net wanneer dit hulle pas tree hulle op en veroordeel hulle.Wat gebeur het is alles die regering se skuld aangesien hulle die EFF nie vasvat nie.Ek waarborg julle nog menigte sulke insidente in die toekoms.

Pieter ·

Ek dra altyd pepersproei of “key ring baton” saam as ek in publiek is, weet nooit wanneer dit handig gaan wees nie, en kanse daarvoor raak net al groter. Soms dra ek ‘n mes ook, alhoewel gevolge erger kan wees as ek dit moet gebruik.

Pieter ·

So, as ek n braai by my huis hou, moet daar nou ‘n kleurling, ‘n swarte, ‘n vrou, ‘n parapleeg, ‘n dowe, ‘n blinde en ‘n homsekusele ook wees of ek gaan onderoek word vir rassisme of ander vorm van diskriminasie, landsverraaier of sommer poging tot massamoord?

katerinadiekat ·

Dit sal my min verbaas. Hierdie land is nou al so waansinnig, niks sal my meer skok nie.

Pieter ·

Al probeer ek hoe hard, ek kan regtig net nie meer omgee vir 80-90% van die land se bevolking nie, Dis nou 1ste my gesin, familie en naby vriende, die res kan maar krepeer van ellende.

LIEZL ·

Dit was nie Hoërskool Brackenfell nie. Dit was ‘n privaat aangeleentheid. Maar EFF is mos te eiewys en toe om dit te besef. Lyk my ons sal nou moet oppas wie ons tydens Kerstyd nooi vir ete

SomeOne ·

eff, gaan eerder kerk toe, en leer wat die Vader jou vertel wat gedoen moet word

Alet ·

Dis ongevraagd van die regering om by mense se privaat lewens in te meng. As ouers ‘n partytjie wil reel het dit niks met politiek of enige iemand anders uit te waai wat nie genooi is nie. Dis ‘n privaat aangeleentheid. Punt.

Adam Adriaan ·

Rasisme moet ondersoek word!!!!. NEE!!! Die EFF moet ondersoek word!!!!!!

Persheks Adri ·

Ja Cyril en MRK julle is nou teleurgesteld. Ons is teleurgesteld in julle houding teenoor EFF’ers!!! Pffft julle stel ons kronies teleur!

Jakes ·

Voetsek MRK en Ramaphosa. Jy beskerm al weer jou maters, die EFF.

Louwrens ·

Ek nooi ook NET WITMENSE na my geleenthede toe, dis MY KONSTITUSIONELE REG.
As daar privaat uitnodigings vir n verjaardag na mense toe gestuur word is dit mos nie rassisties nie, word wakker rammetjie, jou koffie is koud en daar is n dooie rot in die koppie !!!!!!

Frank ·

Ons liewe “president” braak nou weer oor “die reg om vreedsaam te betoog”. Wat van die leerders se reg om vreedsaam hulle eindjaar eksamen te kan skryf?? Daaroor rep hy nie ‘n woord nie.

#CapeXit

MakersMark ·

Ha ha nou wys hy sy ware kleure. Mr. Makatees kry ‘n paar taai klappe in Brackenfell en daar moet ‘n ondersoek geloods word. Die Hills familie van Henneman verloor ‘n Pa en ‘n Seun deur ‘n plaasmoord en ons president bly doodstil, soos hy gedoen het met al die plaasmoorde en al die optogte en beroepe dat hy iets sê daaroor. Is daar enige meer duidelike indikasie nodig dat die anc en die eff en al hul leiers eintlik maar totaal apaties teenoor blanke uitwissing is en dit eintlik voorstaan ?

Cherokee ·

re:
“Die kommissie is uiters teleurgesteld dat daar in vandag se tye nog ʼn rasgesegregeerde private geselligheid vir matriekleerders van die skool is. Selfs meer teleurstellend is die feit dat die geselligheid deur hul ouers en twee onderwysers van die skool bygewoon is,” het die MRK gesê.

“Die hou van ʼn ‘slegs wit’-geselligheid – indien dit waar is – word sterk veroordeel. Niemand moet toegelaat word om rassesegregasie na hierdie land terug te bring nie.”

Kommentaar:
Ongelooflik om te dink dat hulle eerstens dink privaat gesellighede mag nie uitnooi na keuse nie
en
‘dat is teleurstellend is ouers en twee onderwysers dit bygewoon het’.
Wat daarvan?!
As dit ‘n privaar geselligheid is, dan is dit wat dit is. Al wat aanvegbaar mag wees, is as die skoolgebou daarvoor gebruik was, wat blykbaar die geval is. Dit verander steeds nie die privaatheid van die geleentheid, nie.

Blikkantien ·

Ek het iewers gelees dat die geleentheid by ‘n wynplaas gehou is.

Deon ·

Almwas dit by die skooll gehou, daar is skole wat sale uithuur vir ekstra inkomste. My een dogter se 21ste was by n skool in klerksdorp.

Maria ·

Die ding van Brackenfell is – dit is gewone mense van alle rasse en hule sal nou NOG MEER saamstaan. . DIe EFF het daar kom betoog terwyl die kinders eksamen skryf. Hulle het die ouers met klipe begin bestook en hulle gruwelik beledig. DIe privaat partytjie storie was – alle matrieks was genooi. Min het opgedaag agv Covid. Die pers wil nie die videos plaas waar swart of bruin mense praat en sê daar is nie rassisme nie. Knap gedaan Brackenfell dat julle jul kinders beskerm en saamstaan

Sobymykoolkop ·

Moet verskriklik wees om so minderwaardig te wees. Al OOIT gehoor van vryheid van assosiasie? Dan slaan die people se president ook die rassetamboer

N ·

Een van die dae kort mens n BEE sertifikaat en 30% nie blanke teenwoordigers as jy n braai by jou huis wil hou

Oudste ·

Verskoon my Cyril, alias mnr die president, ek gebruik nie die hoofletter s nie, want jy verdien dit nie, wil jy private funksies ook nou reguleer? Wat van die Grondwet wat vryheid van assosiasie stipuleer, of is die Grondwet net op sekere bevolkingsgroepe van toepassing? Geen persoon het die reg om die eiendom van ‘n ander te betree nie en dit was die reg van die ouers om hulle kinders te beskerm teen die anargiste wat hulleself die eff noem. Jou onderrok hang uit Cyril, tyd om dit op te trek of uit te trek. Beskerm julle kinders, gemeenskap van Brackenfell en steur julle nie aan die politieke retoriek van die kommuniste nie. Saluut!

Marianna ·

Dis nou verby met jou privaatheid. Sedert 94 het die townships ons lewens ingedring. Alles wat ons op die been gebring het moet gedeel word want hulle wil nie en kan nie hulle eie begin nie. Al het ons in tente gebly, sou ons dit ook moes deel. Die laaste ding wat nou nog oor is, is ons privaatheid. As dit binnegedring word, is ons vernietig. Hoe lank gaan mense dit toelaat voor hulle besef wat aan die gebeur is?

Johanna Adriana ·

Marianna, jy is 100% in die kol. Sommige mense het geen eie inisiatiewe nie en kan net kom opeis en oorneem wat ander begin en gevestig het en dan trek hulle dit nog deur hul agterente ook.

Mariana ·

Nee kyk soms moet ek liewer net my bek hou, want die man en sy kaders laat my stik. Hy behoort sy kop in skaamte te laat sak dat hierdie land in so ‘n haglike toestand is. Plaasmoorde is reg maar rassisme is aaklig. Prioriteite mnr prioriteite!!!!!

quartus ·

Ek kan al sien wat gaan gebeur,,die effers en useless anc gaan demand dat daar nou n aparte party gereel word vir die arme agter geblewendes wat nie na n privaat geleentheid genooi is nie,,waaroor die hele sirkus gaan!!!.wat n joke!!!..dankie tog ek het nog n helder verstand wat kan dink en insien wat aangaan ens,n privaat aangeleentheid is n privaat aangeleentheid

Anoniem ·

“Ons moenie toelaat dat wat by Hoërskool Brackenfell gebeur het, deur enige groep gebruik word om rasseverdeling te veroorsaak nie“ verwys jy hiermee na die ANC wat jouself as president insluit, die EFF en die MRK Ramaphosa?

En van wanneer af mag ons nie n private samekoms hou en kies wie ons wil nooi nie? Of word daar nou deur die MRK voorgeskryf hoe ons ons privaat lewe moet lewe? So gaan my braai die naweek rasisties wees as dit net ek en my vriende is?

Daar was nounet weer n boer op teregstellende wyse vermoor, sy seun is gister oorlede en die klomp huil omdat hulle nie na n private partydjie toe genooi was nie! Wys vir my dat hulle het dinge agterste voor en huil soos klomp kinders wat nie hulle sin kry nie, oh ja en dan word die ras perdtjie gery van hier tot in die kaap. Al wat ek kan sê is siestog en hulle optrede is pateties.

Sakkie ·

Dit is JY en Mal Emma wat rasse haat aanjaag !!!!!!!!!!!!! Elke geleentheid word deur die EEF MISBRUIK om rasse haat aan te jaag.

voor ek vergeet ... ·

Ek stem saam mnr. Ramaphosa, die konfrontasie buite die skool is betreurenswaardig! Inplaas daarvan dat die EFF direk die MRK genader het om ’n klagte te lê nie, het hulle gekies om die geleentheid te gebruik om verdere rasseverdeling te veroorsaak. Soos jy tereg sê, dis ’n baie belangrike en moeilike tyd vir matrikulante. Die EFF het goed geweet, die ouers van die skool gaan hul kinders wil beskerm en verseker dat hulle sonder die steuring van ’n betoging buite, eksamen kan skryf.

Meneer die president – Wat beteken ‘vreedsaam’ in jou, die ANC en in die EFF se woordeboek? Indien julle werklik en opreg omgee vir die kinders van hierdie land, sou die reg om ‘vreedsaam’ te betoog, nie naby enige skool toegelaat word nie. Punt!

Die diep verdeeldheid wat deur die EFF in die land geskep is, kan nie genees word deur die kinders te dwing om op grond van ras te sosialiseer nie.

Anoniem ·

As jy my nie na jou volgende beesveiling nooi nie, is jy ‘n rassis Ramaphosa.

Kaal Keiser ·

Het Julias nou na pappie toe gehardloop na sy vuishou … ?

MakersMark ·

Ja die “commander in chief” het van voor af gelei in sy VBS sponsored range rover en designer tekkies. Seker ‘n tropsdop johnny blue saamgedrink.

Stefaan ·

Wel ramaposa as die eff nie daar was nie sou daar geen voorval gewees het nie of hoe. Noudat daar blankes betrokke is moet daar ondersoek ingestel word. Mnr die president julle is besig om op dun ys te speel. Lees die tekens voordat dit te laat is

Dries ·

Beelde uit die verlede, se jy Ramaphosa? Verwys jy na Marikana?

Atta ·

Die EFF en die ANC wil ons net wys dat hulle baie hoë standaarde het. So hoog dat dit eintlik dubbel is.

SomeOne ·

ek hoop en bid dat hulle grond toe kan val, hopelik skrik hulle hulself wakker

Africangrey ·

Die skuldiges(EFF) moet hard in die bek geruk word, niks sou gebeur het as hulle nie soos ALTYD ONGEVRAAGD OPGEDAAG HET NIE. Hier is glad nie sprake van rassisme nie, al was almal van hulle wit, sou die optrede presies dieselfde geweest het. Dis hul smerige laakbare, vuil, lede wat aan hits, en voor gese word deur malhaas. As mens die gedrag wat getoon word annaliseer, het hulle geen reg op n plek in die samelewing nie.

Objektief ·

Daar is klaar deur die MRK en Cyril dat die blankes skuldig is en die rassekaart word weer gespeel. Die EFF het doebewus gaan moeilikheid soek oor n privaat aangeleentheid wat niks met hulle te doen het nie en julis weet seker te veel van Cyril se sake.

Volg nogal die kommunistiese strategie goed: daar is geen probleem nou skep ons n “probleem: en gebruik dit vir ons verskuilde agenda.

Johan ·

Onthou net Rampspoedig volgens die skolewet van 2007 as n funksie buite skool-ure en weg van die skool gehou word het dit niks met die skool te doen , behalwe as die skool dit reel met amptelike dokumentasie as bewys. Jy moet ophou om die rasse vlam aan die gang te hou. Die ding is al vergeet en nou onthou jy weer daarvan. Ek moet se jy is die swakste president nog ooit wat die land gehad het selfs slegter as Zuma en dit se baie.

Snowball ·

Ons is dit eens as dit by Ramaphosa kom. Hy is sluwer as Zuma, meer berekend- in sy stilswye oor plaasmoorde sê hy presies hoe hy voel teenoor blankes en boere.

Deon ·

Ek begin self dink hy is swakker as zuma, al het zuma so lekker in staats fondse gewei, het hy darem iets gedoen, hy het gewei…. C blaf net so dan en wan wanneer iemand hom se om wakker te word en dit te doen… Verder hoor mens niks van hom nie, as ek reg onthou wag ons nou al n maand lank vir sy speech wat 2 maande gelede beloof was.

Tino ·

Almal weet dat die verdagtes met die rooi hoedjies nie vreedsaam betoog nie.

Wat ‘n grap is die eensydige MRK nie.

Pieter ·

Kan iemand my help asb. Ek beplan om Kersfees ‘n geselligheid by my huis te hou. Waar kry mens ‘n aansoek en goedkeurings vorm. Waar kry ek die lys van spesifikasies oor wie ek mag nooi en wat die rasverhouding moet wees. Ek is tog so bang ek kom in die moeilikheid omdat ek our people te na kom

Anoniem ·

Hopelik sal cyril se besluit om die “rasse probleem” te ondersoek vir ons as blanke volk bewys dat hy nie van die witman hou nie en gaan ook nie sy vinger veroer om plaasmoorde stop te sit nie. Inteendeel. Ek kan jou waarborg cyril is klaar ingelig oor wat regtig daar gebeur het maar hy gaan swyg daaroor en sorg dat die blankes agter tralies sit. Hy het dit al soveel keer bewys. Asseblief witman, vee die slaap uit jou oë.

Marthina ·

So, as ek vir my kind n partytjie wil reël, moet ek verwag dat die EFFers by my hek gaan betoog en n gastelys eis?! Dis mos absolute twak!!!

Dup ·

Die naaste wat sommige ffffff lede aan skoolopleiding kom is wanneer hulle buite of naby ñ skool betoog en lawaai.

LiveAndLetLive ·

Die EFF betoog nooit stil en vreedsaam nie, hulle moes in die 1ste plek nooit na die skool gegaan het nie en ook nooit na Senekal gegaan het nie.
Die blankes begin opstaan omdat ons nie meer n keuse het nie en nou is dit nie reg nie?

Anel ·

Ek was onder die indruk dat geen betoging van enige aard nie munder as 500m can skool mag plaasvind nie? So as swart ki ders besluit hulke wil partytjie hou, moet hulle ook wit kinders nooi, of is dit nou net op wit kinders van toepassing? Ai tog. Die minderwaardigheid van sekere bevolkingsgroepe!!!

Kobus ·

Dan moet die MRK ook aan dring om die swart verkeersman wat die wit vrou geklap het toe sy hom af neem op haar selfoon ook in hegtenis geneem word..

Natasha ·

Hoekom spioneer die EFF op skoolkinders? Wat beplan hulle om met die kinders te doen? Die was nie ras aangedrewe nie, want daar was ouers van alle rasse daar om hul kinders te beskerm soos dit ‘n ouer se plig is. Die EFF het al herhaaldelik bewys dat niks wat hulle doen vreedsaam is nie, kyk na die “vreedsame” Clicks optogte. Dit is binne enige ouer se reg om sy kind te beskerm en vir hulle kinders privaat partytjies te reel. Ten minste was daar volwasse supervisie en die kinders is nie net gelos om te maak & breek soos hulle wil nie. Ek soek bewyse wit op swart waar daar gesê is slegs wit mense mag kom? Die EFF het ook geslaan , skop ens. As enige wit persoon in hegtenis geneem word & geen ander kleurige persoon nie, maak ons regering & die polisie hulle skuldig aan rasisme. Ons sit op ‘n tydbom wat besig is om af te gaan oor mense soos die EFF maak & breek soos hulle… Onthou Ramaphosa “what’s good for the goose is good for the gander”

Tsek! ·

Cyril….jy is n absolute teleurstelling vir jou amp en die land. Hoe kan so n sinnelose gebeurtenis jou aandag vat maar n plaasmoord nie?!?! Punt nommer een – EFF het niks daar verloor nie. Punt nommer twee – daardie matrieks het sel daardie afskeid gereel sonder skool se medewete. Punt nommer drie – moet ek swart vriende nooi elke keer as ek braai – gaan vlieg n kite!

Thea ·

Waarom maak die president sy mond oop by goed wat niks met hom uit te waai het nie. Hierdie was van die begin af nie ‘n rasse kwessie nie. Dit was ‘n privaat partytjie!!! Nes ou Juliatjie met die rooi pet het hy het geen benul wat die woord vreedsaam beteken nie.

Marina ·

Rassisme????
Moet ek dan nou EFF ook nooi as ek n geselligheid wil hou??? Hierdie raak nou regtig belangrik. Die gemoedere loop hoog en EFF lok almal uit dan kom die verkeerde mense in die moeilikheid. I rest my case, maak nie saak wat jy gaan doen nie, dit is rassisties en verkeerd.

fs ·

Ek wil graag weet wanneer kry ek dan nou my uitnodiging na die president se verjaardag…. en die ministers se kinders se spesiale geleenthede…. en die minister wat so in die sop was oor haar kuier in die “lockdown” dit was almal donker van kleur wat saam gekuier het… so waar is die klagtes daaroor…. my privaat geleentheid is presies dit – PRIVAAT… maar nou ja sekere mense het ‘n tolk nodig om die woord te verstaan… Mnr die Presi…. hou jou by jou werk, sorg dat die EFF hul gedra en dan sal niemand nodig hê om te reageer nie…. elke aksie het ‘n reaksie……

Pieter ·

So as ek verjaar MOET ek anderskleuriges ook nooi anders kan ek aangekla word van rassisme ens. Wat ‘n klug. Is daar nie belangriker sake waarmee die leiers hul kan bemoei nie

JohanR ·

Wonder of Rammaparra enigeiets sal doen aan die EFF se militantes wat meer en meer gebeur. As die EFF die Afrikaner wil aanvat dan is hulle in vir ‘n verrassing! Ons slaan HARD terug!

Andre ·

O gits, volgende word wit voertuie verbied. En alle voertuie wat net ‘n blanke in het!

JM ·

Wat de hel het die EFF in die eerste instansie by die skool gaan soek? Dit was ‘n private aangeleentheid. Die EFF bestaan en floreer op moeilikheid soek.

Diertjie ·

Ons gaan dring nie in op hulle private partytjies nie. Vir wat wil hulle oral in voeter??!! Maak my siek

Hannelie ·

Wat het hulle gedink…..dat die EFF maar net altyd kan maak en breek soos hulle wil?
Hierdie gaan nog baie gebeer want ons mense het GENOEG gehad. Well done….hoop julle het n paar goeie klappe ingekry…..net om hulle weer te herinner

Janc ·

Okay. As julle weer ‘n funksie hou ter waarde van miljoene rande (belastinggeld), beter julle vir my nooi anders is die hel los, hoor julle vir my….

LC ·

Ek sal nooit kan verstaan hoe hulle dink nie.. Die kinders moet skryf terwyl die EFF voor die skool tekere gaan omdat van die kinders ‘n privaat funksie gehad het. Nou is dit alweer die rasse kaart wat soos altyd gespeel word. Die ouers was daar om hul kinders en skool te beskerm en dis hulle reg om dit te doen ons almal sal ons kinders beskerm of dink hulle regtig ons gaan net staan en kyk.. Sterkte aan almal daar.

Paulvj ·

Ramaphosa, hoe dof in die kop kan jy wees? Jou traagheid om te reageer terwyl wittes op hul plase vermoor word met duidelike tekens en metodes wat rassehaat weerspieël en dan afgemaak word met geweldsmisdaad, dink jy nie dit bring rasse verdeeltheid nie? Ramaphosa, jóú uitlatings wat altyd terug verwys na apartheid en die wittes wat dan geblameer word vir alles wat skeef gaan in hierdie land wat jy en jou ANC trawante besig is om n rioolhoop te omskep met jul korrupsie en gemors, dink jy nie dit bring rasse verdeeltheid nie? Nou is jý skielik in die prentjie omdat jou keffende rooipetjies bloedneus begin kry. Waar is die wittes se reg om iets te reel net vir wittes? Dink jý julle is n tiepe god in hierdie land om te maak en breek soos julle wil? Sies, dan dink jy jy is díé sogenaamde president in die land met die misleidende woorde “together we will build a future “, wie is daardie “we” as die wittes van alles ontsê word?

Dollatjie ·

Soos altyd tokkel Ramaphosa en sy trawante alewig op die verkeerde en dieselfde ou holruggeryde rassisme snaar. Slu en slinks soos altyd…ons Dingaan. Niks minder van hom verwag nie. Die paddas in die pot warm water raak seker nou bietjie te gou wakker vir hom.
As jy met jou rug teen die muur gedruk word dan kan jy net in een rigting beweeg mnr. die president….die Afrikaner is nie meer bang nie. Al hierdie lieg en bedrieg en moord en onrus sal nog dubbel en dwars terugkom na julle toe.

Jax ·

Please get your facts straight. This was not an event that was organized by the school. This was a private party – like a birthday party for your child. There were learners of color also invited but they declined as they had another party that they first said yes to.
This is yet again another perfect example of people over-reacting to a matter they know little or absolutely nothing about.
This could all have been prevented if only the first person who mentioned this to the news reporters had asked other parents, teachers and the head master. Brackenfell high school – learners, teachers, head master and other members of school board are not racist at all. Noboby! They all enjoy life, learn hard and achieve high grades to be able to secure a good job in the future. I am a parent of color and know what is happening at the school. Stop this nonsense now and let our kids prepare for the exams. They don’t need this at all!
Brakkies are the best!

Vrijburger ·

So Mnr die President, jy will jou beroep op die regte van “elke Suid-Afrikaner om vreedsaam te betoog”.

Daarom verwys ek jou ook na die reg van “Vryheid van assosiasie” soos in die Handves van Menseregte in ons Grondwet.

Ilze Kirchner ·

Ek is confused…”reg om vreedsaam te betoog”…nou wie se “wapen” lê by die voete?

Einstein ·

Ons privaat partyjies het boggerall met Rampspoedig of Julieês uit te waai nie.. Julle het niks daar verloor nie, verstaan ons mekaar?!… en gaan was jou hare met shampoo

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.