Brackenfell-skool van blaam onthef oor ‘wit matriekfunksie’

Geweld het tydens ‘n vroeëre betoging buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad uitgebreek. (Foto: ANA)

Die Hoërskool Brackenfell het nie ’n matriekafskeidfunksie net vir wit leerders gehou nie en het daarom nie teen enige gr. 12-leerders gediskrimineer op grond van hul velkleur nie.

Dit is die bevinding van die Menseregtekommissie (MRK) nadat hy einde 2020 ’n ondersoek begin het na bewerings dat ʼn private matriekafskeidgeleentheid gehou is waarheen geen swart leerder oënskynlik genooi is nie.

’n Video van die geleentheid, wat in Oktober 2020 gehou is, het ’n maand later die lig gesien en ’n rasseherrie ontketen.

Die Hoërskool Brackenfell. (Foto: Facebook)

“Terwyl die kommissie tydens sy ondersoek bevind het dat sommige van die skool se amptenare van die geleentheid geweet het aangesien besonderhede daarvan deur ouers/voogde en leerders van die skool op WhatsApp, Facebook en mondelings gedeel is en vier onderwysers in hul private hoedanigheid genooi is, onthef die getuienis voor die kommissie die skool van die beplanning, befondsing, advertering of aanbieding van die geleentheid,” het Gushwell Brooks, woordvoerder van die MRK, gesê.

Die kommissie het ook bevind dat die organiseerders van die geleentheid nie direk of indirek teen leerders op grond van ras gediskrimineer het nie.

EFF-lede het na die Hoërskool Brackenfell opgeruk (Foto: EFF/Twitter)

Die EFF het destyds volgehou die geleentheid was ’n matriekafskeid en dat net wit kinders genooi is om dit by te woon. Lede van die EFF het by die skool betoog waarna hulle met ouers en inwoners slaags geraak het. Die polisie moes selfs ingryp nadat mense handgemeen geraak het.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het reeds in Desember 2020 bevind daar is geen bewyse dat die leerders aan die Hoërskool Brackenfell wat nie ʼn private funksie van matriekleerders bygewoon het, doelbewus op grond van hul ras uitgesluit is nie.

Daar is bevind dat alle matriekleerders aan die skool asook verskeie leerders van ander skole uitnodigings na die funksie ontvang het.

Inwoners en ondersteuners van die EFF raak slaags buite die Hoërskool Brackenfell. (Foto: ANA)

Luidens die verslag het die Hoërskool Brackenfell op 11 September ’n brief aan ouers gestuur om hulle in kennis te stel dat die matriekafskeid op versoek van die departement gekanselleer is. Een van die ouers het egter besluit om ’n private funksie vir haar dogter te reël. Die funksie is op 17 Oktober op ’n wynplaas teen R500 per persoon gehou.

Die uitnodiging het wel gemeld dat die funksie tot 100 mense beperk word. Die aantal mense kon van 50 tot 100 verhoog word as gevolg van die verslapping van die Covid-regulasies.

Altesaam 42 leerders van die Hoërskool Brackenfell en 30 van ander skole het aangedui dat hulle die funksie sou bywoon en ’n aparte WhatsApp-groep is vir hulle geskep. Vier onderwysers is in hul persoonlike hoedanigheid genooi omdat hulle noue persoonlike bande met die ouer het wat die funksie gereël het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Ek onthou daai dag. Die skool is net so 2km van my huis af. Ek was nie self daar nie maar daar was baie gepraat oor die voorval op ons Whatsapp groepe. En die videos van wit, bruin, en swart ouers wat die EFF verjaag het my hart trots gemaak.

Clifford

Ongelooflik hoe daar iets uit niks gemaak word om rasisme te ontlok.

Johan

Vat nou die EFF aan vor alles moontlik. Hulle is n terroriste organisasie net soos die ANC en is ons veihand no.1. Die EFF-ANC mag nooit as ons vriende beskou word nie maak nie saak wat nie. Die hartwerkende mense van SA mag nie ophou veg tot daardie twee organisasies vernietig is vir wat hul aan ons doen.

domheks

Net ou mal-emma wat die ras kaart in alles soek! dis net om voorblad nuus te haal = die RASSIS!

tweeling

En sommige van die rooi pette het seker nog rowe na hulle goed gefoeter is.