Brackenfell wil leerders vir ‘veelrassige samelewing’ toerus

Die Hoërskool Brackenfell. (Foto: Facebook)

Die Hoërskool Brackenfell sê hy het reeds verskeie stappe gedoen om diversiteit by die skool aan te moedig.

“Wat die pad vorentoe betref, is die doelwit om die skool uit te brei en aan te pas om die skoolomgewing ʼn beter plek te maak waar ons kinders beter toegerus sal word om suksesvol te funksioneer in ʼn veelrassige samelewing waarin ons diversiteit en inklusiwiteit omhels,” lui ʼn brief aan ouers.

Die skool was die afgelope week in die kollig ná geweld tussen betogers van die EFF en ouers en inwoners buite die skool uitgebreek het. Die betogers was ontevrede ná ʼn private matriekafskeidfunksie wat glo net deur wit leerders bygewoon is en het herhaaldelik na die skool opgeruk. Daar het gemoedere oorgekook en moes die polisie selfs ingryp nadat mense handgemeen geraak het.

In ʼn brief aan ouers distansieer die skool hom van die geweld asook van enige vorm van haatspraak wat op sosiale media gelewer is. Die skool sê hy veroordeel die geweld ten sterkste.

Die skool het ook weer gesê hy kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir ʼn private funksie nie.

“Tog erken ons, tot ons spyt, dat hierdie geleentheid vir ons leerders, veral swart en bruin leerders, pyn veroorsaak het.”

Die skool se beheerliggaam en personeel het hulle ook verbind tot toekomstige gesprekke met leerders en ouers om ʼn opbouende pad vorentoe te verseker. “Ons hoor die stemme van ons skoolgemeenskap en as skool onderneem ons om beter te luister, beter te wees en beter te doen.”

Die skool sê hy het vroeër reeds ʼn diversiteitskomitee aangestel ná ʼn vergadering wat in Julie gehou is. Die meisies se beleid rakende haarreëls is onder meer aangepas nadat insette daaroor ontvang is. Die skool gaan sprekers en konsultante kry om sensitiwiteit- en diversiteitsopleiding te doen en daar sal ook in die vak lewensoriëntering aandag daaraan gegee word.

“Praktiese maatreëls word ingestel om ʼn veilige omgewing asook kommunikasiegeleenthede te skep waar leerders vry sal voel om hul kommer te lug en probleme aan te meld,” lui die brief.

Die skool sê sy prioriteit is nou om na die beste belange van leerders om te sien en te verseker dat die eindeksamen sonder ontwrigting afgelê kan word. Hy het ʼn beroep op mense binne en buite die skoolgemeenskap gedoen om hulle te weerhou van enige vorm van geweld of aggressie by die skool.

“Ons erken ten volle u kommer as ouers oor die welstand en veiligheid van u kinders, maar ons glo onteenseglik dat die polisie ten volle daartoe in staat is om enige gebeurlikheid wat by die skool mag ontstaan, te hanteer.

“Gun die skool asseblief nou die geleentheid om knelpunte aan te raak en ʼn pad na versoening en herstel uit te lê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Werner ·

Ek dink elke mens kan seker kies saam met wie hy wil kuier.Hoekom ons forseer om met mense te meng met wie jy nie wil nie.Dit is net nog n resep vir konflik

Ben ·

Die skool sê so en so. Ek het nie geweet ñ skool kan praat nie. Waar is die hoof.

Piet ·

Dis ‘n baie dom ding wat die skool nou doen met sy interne uitlatings. Die Minister van Onderwys van die provinsie is mos reeds betrokke, laat sy doen wat gedoen moet word. Die skool stel homself onnodiglik bloot deur vure self te probeer doodslaan.

Willem ·

Nou moet die skool weer kyk na dinge na EFF sê dit moet so gedoen word

piper ·

nou val almal weer oormekaar om die eff tevrede te stel. as jy nie gelukkig is met n skool nie soek een waar jy gelukkig sal wees. dit moontlik een wees wat hulle afgebrand het

Samuel ·

Ek glo dit is elk een se reg om te besluit met wie hy wil assossieer. Almal skyn bang te wees vir die EFF .

Ons het nie die reg om mense te na te kom of te beledig nie, maar ons mag nie toelaat dat Afrikaanses onderdruk word nie.

Einstein ·

Ek het nie ‘n bang haar op my lyf nie… en daar’s baie soos ek

Cornelius ·

Wat die skool bestuur basies sê is dat leerlinge nie privaat byeenkomste mag reël sonder die inklusiwiteit van swart of bruin leerling nie, en dat die wit leerlinge moet betaal daarvoor.

Persheks Adri ·

EFF must fall pffft! As jy met enige ouer se kind moeilikheid soek moet jy vir jou kry! Ek besluit mos self met wie ek wil meng regtig

Dup ·

Die skool is nou verplig om ñ jammer dat ek leef en asemhaal beleid in te stel.Minderwaardigheid speel ook ñ rol hier.Ons kan net hoop dat die skool steeds sal presteer in die veranderende samelewing.Die tyd sal leer.

JohanR ·

Moenie met leerders in die Noord skole in Kaap-Stad sukkel nie!

Sobymykoolkop ·

Siestog, in effek het julle maar agteroor gebuig vir die eff. En daai arme arme bloedjies wat nie genooi is nie gaan nou vir die res van hulle lewe minderwaardig deur.

Renier johannes ·

Eff is anc puppets wat net aan jaag moet gestop word

Anton ·

So word selfs ons skole gedwing om na die klein EFF party se pype te dans. Die EFF regeer die ANC.

Piet ·

Hulle mag dalk die amptelike opposisie wees na die volgende algemene verkiesing. Hulle het reeds die helfte soveel kiesers as die DA en laasgenoemde boer agteruit. Ek vind die vooruitsig skrikwekkend.

Mariana ·

So nou word kinders gedwing om met mense om te gaan met wie hulle nie wil nie. Wat het van vrye keuses geword. Ja ek glo aan plekkie in son vir almal maar om mense in sekere rigtings te dwing is verregaande. Maar weereens word die knie gebuig vir die EFF en hulle kry lekker want weereens buig die witman knie vir hulle. En op die dag is dit nie meer skool waar kinders skolastiese opvoeding moet kry nie maar ‘n politieke speelbang. Wel gedaan Brackenfell Hoër, wel gedaan

Plaaskind ·

My persoonlike mening – hou op oor julle voete val en op tone loop vir die EFF gepeupel. Elkeen het ‘n reg om te kies met wie hy/sy tyd in privaatheid spandeer. Hou op die “mense” soveel mag gee elke keer as hul ‘n vloermoer gooi. As hulle nie tevrede is met die skool – laat hul gerus groot asb na ander skool gaan waar hul tuis voel en hoort.

Natasha ·

Kinders word nie rasisties gebore nie, hulle word rasisties oor ras deur politiek in hulle keelgatte af forseer word. Hou op daarmee sodat die toekomstige leiers van ons land in vrede kan saamleef.

Piet ·

EFF wen weer. Die skool sal nou definitief ook baie swart onderwysers moet aanstel en ‘n paar bussies nuwe leerders van Wallacedene-Plakkerskamp op die skool se eie onkoste MOET aanry volgende jaar.

Piet ·

Kyk, jy kan se van die EFF wat jy wil maar dit bly staan dat hulle waarskynlik die effektiefste politieke party is. Dinge gebeur as die EFF betrokke raak. Hulle aanvallige, sonder fieterjasies , modus operandi is beslis ‘n wenresep hier. Hulle weet ook hoe om die media soos ‘n kitaar te speel.

Elmarie ·

Hoe op AARDE veroorsaak private partytjies pyn en lyding aan sekere leerlnge? Ag nee, hou op agteroor buig vir nonsens!

Pieter ·

Ai tog, as jy eers begin kruip, gaan jy nooit weer ophou nie. Die eff sal net nog eise stel, soos om die helfte van die wit onderwysers af te dank en ander kleur aan te stel, ongeag van hul kwalifikasies. En dan ly die kinder maar weer daaronder!

Andrew ·

Inklusiwiteit omhels. So wat is die kwotas wat by my funksie moet wees. Volgende gaan ons gedwing word met wie ons moet trou, as ons ooit mag trou. En daar buig julle weer voor die eff, niks goeds gaan kom van die skool se optrede nie.

Andrew ·

Hoe meer goggas jy in n bottel gooi, hoe meer gaan hulle mekaar begin aanval.

Piet ·

Ek sien net rugbypale op daai foto. Die EFF eis dat minstens helfte van die sportvelde voortaan gebruik word vir sokker en dat doelhokke voor die nuwe skooljaar opgerig word. Pas aan by die nuwe demografie van die skool of………….Juliaas het gepraat en die ground forces sal opruk en sorg dat die nodige gedoen word.

Karel Kobus Kruger ·

EFF 1
Hoërskool Brackenfell 0

Jy weet, as ek daar naby gebly het, sou ek die skool nogal kom help het as daar weer moleste is. Maar met so n kruiperige houding moet die Brackenfell gemeenskap maar sien en kom klaar.

Cecilia ·

Dit was n privaat partytjie. Hkm moet hul mense nooi met wie hul nie eers vriende is nie.
So as ek nou verjaar en ek nooi net my “wit” pelle, gaan d EFF ook n bohaai voor my erf kom maak?
Belaglik man dis omdat d kaders niks vir hulself kan doen/reel nie. Nou is hulle jaloers!

Cecilia ·

Ja en waar was d EFF se ondersteuners gewees met fonds insamelings. Het gesien met my kind in GR11. D wit kinders werk hul oorhoeks om geld
In te samel terwyl d ander net agteroor sit handjies gevou. Altyd d verskoning hul sukkel mt vervoer.
Stel sommer alle matriek afskeid funksies af net soos ontgroening dan hoef niemand iets te doen nie.

Vrijburger ·

“Die skool gaan sprekers en konsultante kry om sensitiwiteit- en diversiteitsopleiding te doen ………”

Maar om regverdig te wees kry ook sprekers en konsultante wat grondwetlike regte opleiding doen. Ek dink spesifiek hier aan die Reg op Assosiasie.

Snowball ·

En daar het ons weer ‘n meesterlike akrobatiese toertjie, waar wittes knie buig en agteroor buig omdat een kwaadstoker ‘n paar gr 12’s hulle privaat funksie misgun en dit in ‘n rasherrie omskep. Nou is ons al by skoolbeleid en verklarings van versoening en wie weet wat nog! Ag, dis om van te …..

Piet ·

Laat dit ook maar ‘n les wees om mooi te dink waar jy jou privaatpartytjies wil hou. Deur net sekere leerlinge en onderwysers (nogal die skoolhoof ook) te nooi na ‘n funksie by die skool is duidelik ‘n nee-nee. Hou dit buite skool-verband en duidelik baie ver van die skoolperseel af.

AmY ·

Mag die blanke kinders ook nou met hulle hare maak wat hulle wil.
In ons tyd moes dit mos netjies vas gewees het en nie in ons oë gehang het nie.
Ek hoop alles haarreëls val nou weg vir almal?

Derek ·

Dit is tipiese voorbeeld van Suid Afrikaanse politiek waar sommige politici nog totaal blind is. Die skool moet die kinders eerder die verskillende kulture en tale leer want “veelrassigheid” bestaan nie. Dit is ons erfenis en ons geskiedenis. Daar is die blanke kultuur en taal en so is daar verskillende swart kulture en tale, ook die kleurling kultuur en taal. Ongelukkig is die ANC en EFF behep met hul woordjie “ras” wat dui op n gebrek aan hul kennis van die waarheid. Dit is ook al kennis wat hulle het en daarom is Suid Afrika in die toestand wat dit is, met al hul grade en al. Soos my oupa altyd gese het, geleerdheid dryf die mens na rasserny en kyk hoe waar is sy woorde! Jou geleerdheid beteken niks, dit gaan alles oor die gees wat jou beheer, Lig of duisternis, goed of kwaad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.