Brad Binder trou

Brad en Courtney Binder is by die MolenVliet-wynlandgoed in Stellenbosch getroud. (Foto: Ayeh Khalatbari)

“’n Dag wat ons vir die res van ons lewens sal onthou.”

Só skryf Courtney Binder, die motorfietsrenjaer Brad Binder se nuwe vrou, op Instagram nadat hulle die naweek voor die kansel gestaan het.

Brad (28) en Courtney (29) is Saterdag by die MolenVliet-wynlandgoed in Stellenbosch getroud.

Die bekende motorfietsrenjaer en voormalige liggaamsbouer het mekaar in 2017 ontmoet en is sedertdien ʼn paartjie.

Hulle het in 2022 by Kambaku River Sands in die Timbavati-natuurreservaat verloof geraak.

Courtney het Saterdag ʼn trourok deur Veil Bridal Couture gedra. Die troufoto’s is deur Ayeh Khalatbari geneem.

Brad is in 1995 in Potchefstroom in Noordwes gebore en het sy MotoGP-loopbaan in 2012 afgeskop.

Hy het in 2016 die wêreld laat regop sit toe hy die Moto3 GP-kampioenskap gewen het. Verlede maand het hy derde geëindig in die Valencia MotoGP by die Circuit Ricardo Tormo-renbaan in Spanje.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.