Brahmaanbul vir R800 000 opgeveil

Die bul, R10 Sir Christoff 314/12, is vir 'n rekordprys van R800 000 opgeveil. Foto: Verskaf

Die bul, R10 Sir Christoff 314/12, is vir ‘n rekordprys van R800 000 opgeveil. Foto: Verskaf

Brahmane het die afgelope naweek rekordpryse by die R10 Brahmaan-produksieveiling in Bela-Bela, Limpopo, behaal, waar daar onder meer ʼn Brahmaanbul vir ʼn allemintige R800 000 opgeveil is.

Willem Barnard, voorsitter van die promosiekomitee by die Brahmaan Beestelersgenootskap van Suid-Afrika, het gesê die bul, R10 Sir Christoff 314/12, is aan Paul Duarté van Pretoria verkoop.

Volgens Barnard was die veiling, wat deur André Kock en Seun-afslaers aangebied is, ʼn reuse sukses, waar alle vorige rekords vir Brahmaanbeeste herskryf is. ʼn Brahmaankoei, R10 Lady Gina De Manso 93/15, is vir R100 000 opgeveil aan Christiaan Botha van Swartwater.

ʼn Brahmaankoei, R10 Lady Gina De Manso 93/15, is vir R100 000 opgeveil. Foto: Verskaf

ʼn Brahmaankoei, R10 Lady Gina De Manso 93/15, is vir R100 000 opgeveil. Foto: Verskaf

Barnard het gesê die gemiddelde prys vir wit bulle was R142 461, terwyl wit verse en koeie gemiddeld R59 850 elk gehaal het. Rooi bulle se gemiddelde prys was R48 000 en rooi verse se gemiddeld R37 000.

“Die veiling was voorwaar ʼn hoogtepunt van die Brahmaan-jaar en is deur 425 mense en 80 kopers bygewoon. Ons opregte dank aan Llewellyn en Corrie Labuschagne van R10 Brahmane vir die hoë gehalte diere wat hulle op veiling gesit het,” het Barnard gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

CHRISTA ·

Wat is die prys waarvoor Rooi Afrikanerbulle en -koeie deesdae gaan?

ho ho ho ·

Christa.
Ek het nie n idee nie so jy kan maar vir my sevir hoeveel hulle gaan of moet ek nog raai.

Voorlaaier ·

Se my nu!…as ou voorlaaier nu lus is vir i stukkie “steak” uit daardie duur sappige bul!…wat gaan dit my kos?….Die outjie lyk smaaklik!

Andre ·

Vir daai prys slaap Christoff op my bed en ek op die vloer.

Theresa ·

Pragdier! Vir ‘n hele paar jaar vir ander roeping op aarde as om geslag te word.

Kobus ·

Lyk my die droogte het net sekere boere in n wurggreep vir oorlewing…ander kan dollars rondgooi vir n bees sonder om n oog te knip…kan my indink hoe daardie boere moet voel wat hul diere moet laat slag om te oorleef en die res te kan voer…of hartseer moet aanskou hoe sy pragstoet stadig maar seker uitvrek van honger en dors….die wat het sal nog meer bykry…die wat swaartrek sal van geneem word

Bloubul ·

Ek hoor die spelers in die bulls se oefenkamp is almal ook in sulke puik kondisie. Ons gaan verseker die jaar n ‘BUL’ van n jaar he. Dan gaan die oorsese klubs en ander provinsies weer in rye staan en ons spelers koop vir die tipe’BUL’ PRYSE!!

André ·

Wat van “Labola”. Sal een bul genoeg wees?? Sal ngraag wil weet wat die inkomste op die belegging sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.