Brakpan-gesinsmoord: ‘Die seer lê baie diep vandag’

Sandra Schwartz (Foto: Facebook)

Sandra Schwartz sal vandag saam met haar kinders, Shereé, Lee-Ann en Simeon, ter ruste gelê word ná hulle verlede week dood in hul huis in Brakpan aangetref is.

Hulle het almal skietwonde opgedoen in die voorval wat in dié stadium ’n gesinsmoord blyk te wees.

“Die seer lê baie diep vandag,” vertel Linda Hamer, Sandra se sussie, vanoggend aan Maroela Media voordat haar familielede om 12:00 uit die NG kerk Greymont in Randburg in Johannesburg begrawe word.

“Al wat ek hoor in my kop is ’n stem wat vir my sê dat Sandra en haar drie kinders dood is. Tot vanoggend het ek gehoop ek gaan wakker skrik en besef dit was net ’n nagmerrie.”

Maroela Media het vroeër berig die polisie is verlede Woensdag omstreeks 17:00 na die huis in Sallies Village ontbied. Die brandweer was reeds op die toneel aangesien die huis ook aan die brand gesteek is. Johan Schwartz het na sy gesin probeer soek en toe sy vrou (39) en hul drie kinders, onderskeidelik 19, 16 en 10 jaar oud, met koeëlwonde van ’n 9 mm-pistool aangetref.

’n Boodskap is sedertdien in aanloop tot die begrafnis op sosiale media versprei waarin finansiële hulp vir Johan gevra word om die koste van die begrafnis te dek.

Shereé, Simeon en Lee-Ann Schwartz. (Foto: Facebook)

Volgens Hamer is die familie bewus van dié boodskap. “Die uitgawes en alles is van dag een af gedek deur Jan en Adrie Symons, ons oudste sussie en haar man.”

Sy onthou haar oorlede sussie as ’n diep omgeemens met baie liefde vir haar mense. “Here, hou net u hand oor ons, want vandag weet ek nie hoe ons sonder U staande gaan bly nie,” bid sy.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie mag geen inligting rakende die moordondersoek bekend maak nie.

“Enige [forensiese] verslae in verband met die slagoffers se dood sal as bewyse in die saak by die hof ingedien word om ’n geregtelike doodsondersoek te doen. Slegs familielede of naasbestaandes sal ingelig word van die verslae se bevindinge,” het hy verduidelik.

Dlamini het wel gesê die polisie vermoed geen vuilspel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ben Niemand ·

Wat verstaan ek verkeerd? Vier lede van ‘n gesin is vermoor en die polisie “vermoed geen vuilspel nie” ?!?!

Poppie ·

Daar is wel moord gepleeg maar ongelukkig dink ek die mamma het haar kinders saam met haar geneem en voor sy haarself geskiet het, die plek aan die brand gesteek. Geen vuilspel dat iemand anders hul vermoor het nie.

charmaine ·

Toe die eerste berig verskyn het, het ek dit 2 keer deur gelees, wat my opgeval het dat die gastehuis vrou(baas van die pa) nogals baie kommentaar in die berig gelewer het.
En hoe toevallig dat alle kamera’s hom”volg” op die perseel deur die dag waar hy besig was en waar sy se hy het saam haar verloofde gery om produkte/gereedskap te help oplaai? Dis mos n goeie alibi.
En dieselfde berig noem sy dat die buurvrou haar gebel het om te se daar is probleme by die huis?? Hoekom bel die bure die man se baas en nie die man self nie?? Dit nadat sy nie eintlik sy familie geken het nie. En soos almal vra hoekom die huis aan die brand steek? voetspore en vingerafdrukke dalk uitwis?

Lientjie ·

Jy steek eers jou huis aan die brand en dan skiet jy jouself.

Donderstorm ·

Waarom die huis aan die brandsteek?maak nie sin nie of was die brand perongeluk?

wilma ·

Wat kan ‘n mens sê oor soveel hartseer? Weet vir seker dat baie van ons saam met julle hartseer is al het ons nie die familie geken nie. Mag julle die krag van Bo, wat alle verstand te bowe gaan, ontvang. Baie, baie sterkte en weer eens innige simpatie met jul verlies.

Jessica ·

Mag die liewe Jesus julle sterk hou vandag, om by hulle oop grafte testaan is nie maklik nie, die seer is baie seer om te sien hoe daai kisse sal af gaan, ek ken daai seer my man is oorlede drie jaar terug, en om by daai oop graf te staan met my kinders, ek het nie die woorde nie maar dit maak baie seer, may the lord give you strenght today, an d for the wonderful mom and her 3 kids you all together today going to your new home, all i can say RIP, and for the husband left behind with a broken heart and un answerd questions may God bless you in this difficult time.

Arsène Lupin ·

Pragtige mamma & kindertjies.
Soveel vrae at seker nooit beantwoord sal wordnie.

Sterkte aan almal

Karen ·

Green vuilspel ? Die vrou was regshandig koeel wond links bo ?4 dood in huis en huis brand met man wat 1ste op toneel is en dan brand blus en dan eers kom nooddienste aan Buurvrou bel man se werkgewer vir hulp ipv nooddienste – sy moes dan ook skote hoor? En die waterdigte alibi van werkgewer van bewegings wat tot op minuut verklaar is het my ook laat wonder. Maar wees gerus die waarheid het nare manier om uit te kom Sterkte vir die familie en lojale vriende en ek voel soos haar verslae ma …sy het dit nie gedoen. …

Cheryl ·

Baie baie sterkte aan die familie, ons almal is hartseer saam met julle en hoop dat julle vertroosting sal vind.

Annelize ·

Soos ek hier tik, het hierdie 4 mense se Begrafnisdiens so pas in aanvang geneem. En ja, ek vermoed ook geen vuilspel nie, ek vermoed een smerige spel. Wie sou dan die brand begin het? Ek is oortuig daarvan dat hier meer in hierdie tragedie steek as wat die bree publiek van weet.

Hoe dit ookal sy. My innige simpatie en empatie aan ieder en ‘n elk wat tans in die NG Kerk Greymont sit.

S ·

Verstaan ook nie hoe n gesin van 4 doodgeskiet is en die huis word dan afgebrand. Watse bewyse wou hulle vernietig he om die huis met die oorledenes daarin te vernietig. Vir baie van ons is daar n groot ? oor dit alles.
Aan die naasbestaandes en familie, my gebede met julle vir vertroosting hierdeur. Dit is soooo-soooo baie hartseer.

Hartseer ·

My pappa is laas week skielik oorlede en dit voel vir my my hele lewe tuimel uit mekaar. Hoe gaan mens aan na 4 mense in jou familie wreed oorlede is? Ek weet geen woorde kan die seer wegvat nie maar my gebede en gedagtes met die familie in die vreeslike tyd van rou. Ek gaan nie se wees sterk nie… rou, laat dit uit, tuimel in een as julle moet, moet net nie sterk wees en alles inhou nie.

Alma ·

Sjoe ja mens kan net wonder. Aan die begin was die familie baie oortuig dat dit nie sy was nie. Daar was self n dag of wat later (12 Julie 2019)n berig op n ander nuusblad dat daar n “confession” verwag word. Ai dis nie ons plek nie, maar dis n raaisel waaroor baie sal wonder.

Gesiggie ·

Sjoe….hoe kan iemand ooit hul gesin so uitwis? kyk net na die kinder gesiggies”’ hul is so onskuldig, hul het nooit gevra om daar te wees of om deel van hul ouers se probleme te wees?? daar is soveel hartseer en verdriet in die land”’ as daar maar net vir party mense n oplossing kan wees. Dit is baie hartseer en daai arm Pa… om als te verloor en om als te moes aanskou” sterkte aan die familie… kan net dink hoe swaar dit moet wees.

Nare waarheid ·

Daar is altyd ‘n storie agter die storie. Self het ek keer op keer ander keuses gemaak, maar kan verstaan wat ‘n ma so ver kan dryf dat sy liewer bv haarself en haar kinders van ‘n narsis en mishandelaar sal verlos, as elke deur waar jy hulp soek keer op keer op keer in jou gesig toegeslaan word, en die persoon wat dit doen in werklikheid deur ons sogenaamde regstelsel beskerm word, terwyl die slagoffers hulpeloos toekyk hoe hy letterlik almal uitlag en skotvry daarvan af kom, en almal met wie hy in aanraking kom, se lewens vernietig …..

Karen ·

Stem saam – iets klop nie maar glo ons sal eersdaags opvolg kry. …..dink aan Annie Susan jade ja daar is soveel wat dit aan “hulself” gedoen het

Adam ·

Berigte soos die betrokke een asook die van die jong Affies leerder is ontstellend om te lees. Dit bied egter ook ‘n geleentheid aan ons om in stede van te spekuleer oor die moontlik oorsake, eerder uit te reik na die mense om ons. In vandag se wrede lewe is daar baie mense wat moedeloos is en niemand het om hulle by te staan nie. Dekades gelede was mense baie meer aangewese op mekaar en vandag leef ons in ‘n era waar die stryd om te oorleef, tegnologie en ekonomiese druk vele mense se lewens oorheers tot die punt waar hulle knak, om nie te praat van die invloed van geestesverteurings en die gebrek aan behoorlike mediese hulp nie. Sterkte aan al die naasbestaandes.

Willie ·

Daar kan verskeie redes wees waarom die huis deur die vrou aan die brand gesteek kon word. Dink bv aan wraak, selfsug, ens. Ek het al met soortgelyke gevalle in my lewe te doen gekry en daar is altyd n rede of motief daarvoor. Forensie ondersoek sal wel bepaal deur wie en waarom die huis aan die brand gesteek was

Jakkie ·

Hier het iets anders gebeur… twee goed wat my laat wonder…word huise nie in sulke gevalle aan die brand gesteek om spore toe te smeer nie? En ek weet in sulke gevalle voel die mamma daar is nie n uitweg vir haar kinders nie, maar die oudste meisiekind was al 19? Sy kon al amper na haarself begin omsien. Ek dink met alles in my hier is vieslike vuilspel of n ‘algemene suid afrikaanse moord-misdaad’ betrokke. Sterkte geliefdes, mag julle antwoorde kry op al die vrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.