Brakpan-gesinsmoord: ‘Sy sou nooit so iets doen nie’

Sandra Schwartz (Foto: Facebook)

Die polisie is steeds in die duister oor wat gebeur het voordat die liggame van ʼn ma en haar drie kinders met skietwonde in hul gebrande huis in Brakpan aangetref is.

Die polisie wag in dié stadium vir forensiese verslae wat hopelik lig op die dood van Sandra Schwartz (39) en haar kinders, Shereé (19), Lee-Ann (16) en Simeon (10), sal werp.

“Ons weet glad nie wat daar gebeur het nie. Ons sal bly wees as enigiemand met inligting na vore kan kom,” het kapt. Pearl van Staad, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die polisie is Woensdag omstreeks 17:00 na die huis in Sallies Village ontbied. Die brandweer was reeds op die toneel aangesien die huis ook aan die brand gesteek is. “Die huiseienaar het die vlamme geblus en na sy gesin probeer soek. Hy het sy vrou en hul drie kinders met koeëlwonde van ʼn 9 mm-pistool aangetref,” het Van Staad vroeër gesê.

Die huiseienaar is sedertdien geïdentifiseer as Johan Schwartz.

Shereé, Simeon en Lee-Ann Schwartz. (Foto: Facebook)

Linda Hamer, Sandra se sussie, is oortuig daarvan dat haar suster nie haar kinders en toe haarself geskiet het soos aanvanklik beweer is nie. “Ek glo en weet dit met my hele menswees. Sy sou nooit so iets doen nie,” het sy aan Maroela Media gesê.

Samantha Labuschagne, Johan se werkgewer die afgelope 20 jaar, het aan Maroela Media gesê hy was heeldag by die werk en beeldmateriaal van sy werkplek se sekuriteitskameras bevestig dit.

“Hy was die oggend vir omtrent ʼn halfuur saam met my verloofde by die hardewarewinkel, maar was verder die hele dag by die werk.” Sy vertel dat Johan, die instandhoudingsbestuurder van haar gastehuis, haar regterhand is.

Lee-Ann Schwartz (Foto: Facebook)

Volgens Labuschagne wys die beeldmateriaal dat Johan omstreeks 10:55 saam met haar verloofde in die bakkie geklim en omstreeks 11:30 met ʼn gelaaide bakkie teruggekeer het. Dié beeldmateriaal is sedertdien aan die polisie oorhandig.

Johan is die betrokke middag omstreeks 17:25 huis toe. Labuschagne verduidelik dat dit glad nie ongewoon is nie en dat hy altyd eers ná 17:00 huiswaarts keer.

Sowat 30 minute later het Labuschagne ʼn oproep van ʼn buurvrou wat oorkant die Schwartz-gesin woon, ontvang waarin sy aangesê is om na Johan se huis te gaan om hom te ondersteun.

“Sy wou eers nie sê wat gebeur het nie. Dit is nie die tipe ding wat jy oor die foon sê nie. Sy het toe eindelik gesê Sandra en die drie kinders is oorlede.”

Met haar aankoms op die toneel het Johan baie sleg gelyk, vertel Labuschagne. “Hy het verskriklik gelyk. Hy het gehuil en gebewe. Hy was in ʼn verskriklike toestand.”

Hoewel Labuschagne nie Johan se gesin goed geken het nie, het sy hulle wel deur die jare by werksfunksies gesien. “Sandra was ʼn stil persoon.”

Sy vertel dat dit sedertdien baie sleg gaan met Johan. Hy was veronderstel om Vrydag ʼn draai by die werk te maak, maar is weens trauma dié dag verdoof. Hy woon in dié stadium by familie en sou vanoggend die lykskouing van sy gesin bywoon, vertel Labuschagne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

christine ·

SO SO hartseer hoop die waarheid kom uit . Sterkte aan haar man .Hoekom moet kinders altyd seer kry oor groot mens dinge .

Koos ·

Maak ook nie vir my sin nie. Hoe sal die kinders stil sit en kyk hoe sy sisie/boetie deur sy ma dood geskiet word? Veral nie as jy 19 jaar oud is nie

Jakkie ·

Moontlik verdoof. Die kinders van die onlangse gesinsmoord in die berge by Citrusdal was verdoof.

honourable member ·

Baie tragies. Ek hoop die familie kry gou antwoorde.

Adel ·

Ai so hartseer…….. hoop hulle kry gou antwoorde op hierdie raaisel….

Onnie ·

Dis baie baie tragies! Ek was op skool toe een van die gr11 dogters by ons se pa, op atletiekdag sy hele gesin vermoor het, tot die hond en kat is buite geskiet en daarna homself. Hy het spesifiek sy oudste seun ( 23 op dai stadium en sterk) eerste geskiet en daarna die vrou en dogter. Hy het geweet die seun sou hom kon keer. Dit alles omdat hy sy werk verloor het en nie meer geweet het hoe om vir hulle te sorg nie. Ek is nog nie seker wat in hierdie geval gebeur het nie. Ek wag maar vir meer feite voor ek my uitspreek.

Santie ·

Klink vir my na ‘n ander ding wat hier gebeur het. Maar die waarheid sal uitkom. Stukkie vir stukkie. Genade, dit is net dood en verwoesting in ons land!

Onnie ·

Ek dink nie die pa was hier betrokke nie. Of die ma het gesinsmoord gepleeg om die pa te spite, of hulle is vermoor deur ‘n buitestander. As die ma ooit so iets genoem of haar man agtergekom het sy is depressief, sal dit wel uitkom as hy ondervrae word. Tot dan moet mense eers wag voor hulle iemand kruisig. Die ou gaan dalk deur vreeslike trauma en nou verdink almal hom. As die skoen aan die ander voet was… hoe sou jy voel… jou hele gesin… jou pragtige kinders… so wreed…

Ulandi ·

Sy het dit verseker nie gedoen nie. Sy sou nooit haar kinders seer maak nie. Ek as haar niggie glo en vetrou die waarheid gaan uitkom. Dit het n hele familie gebreek In stukke.

ZAR ·

Baie sterkte Ulandi, mag God julle dra deur hierdie moeilike tyd.

Kiki ·

Ek het in n ander berig gelees, die ma se skietwond bo haar linker oog was, maar sy is regs. En ook dat al die man se goed, klere ens was in swart sakke gepak….
maak jou eie gevolgtrekking…

Poppie ·

My gevolgtrekking: Familietwis. Man wou huis verlaat. Vrou het besluit sy kan nie alleen gaan, en vat kinders saam. Besluit ook hy gaan sonder huis ook wees. Brand af. Ek lees die niggie sê sy sal dit nooit doen. Mens weet nooit wat in n ander ou se kop aangaan. Ek weet van iemand wat mens dit ook nooit verwag het, wat dit gedoen het. Almal het vuilspel vermoed, tot na hoe lang tyd n brief uitgekom het

Valerie ·

Dit is obvious dat daar ‘n reuse slang in die gras is. Laat ons maar wag en kyk wie maak die eerste fout in die tragedie.

$ ·

Sleg dat die man nou moet verduidelik waar hy was ens ens. Ek glo nie die ma óf die pa sou die huis aan die brand steek nie. Ons hoor deesdae van huisrowe waar hulle daarna die huis aan die brand steek – selfs al word ´n vuurwapen op die toneel gevind, kan dit deel wees van taktiek om dit soos selfmoord/gesinsmoord te laat lyk… die kanse is groot dat dit buitestaanders/gewetenlose moordenaars is – daar loop so baie van hulle (skotvry) rond in SA.

Eunice ·

BAIE STERKTE aan julle hele familie, Ulandi,mag Hy julle Vertroos!
En mag slegs die waarheid en geregtigheid seëvier

Renier ·

Sterk bevooroordeelde beriggewing. Nes hier in Australië word hierdie soort gesinsmoord deur vrouens sagkuns gehanteer en word daar oor “mental health” geredekawel. As dit ‘n man is word daar nie geskroom om van die selfsugtige vark te praat nie!

Valerie ·

Wel, as die ondersoek wel toon dat die ma die kinders vermoor het, sal ek na haar verwys soos jy graag wil hê. Ek stem stem wel saam dat ‘n gesinsmoord, deur welke ouer gepleeg, laag, gemeen, en afskuwelik is en dat daar nie onderskeid moet wees tussen die geslagte betreffende dit nie, en verder moet daar nie na “mental health issues” gesoek word wat daar nie bestaan nie.

Piet kokewiet ·

Dit is baie hartseer. Mar iets klop nie.. ek verstaan nie hoekom man se klere pak slotte verander en dan dit doen nie.. let wel dit wat ek gelees het… my innige simpatie met ha man en famielie..

Christa ·

Dit Maak nie saak wie’t Wie geskiet nie, maar hoekom onskuldiges Kinders se lewe ook Neem?. Al wat goed daaruit is, is dat hulle vandag veilig by Jesus is.

humor ·

Ag tog hierdie gespeurderspelery in die duisternis maak mens regtig siek!!!!!!!!!!

Piet ·

Onthou net mense. Die polisie en media kan nie elke stukkie inligting deel nie. Dit sal ñ elle lange berig wees wat baie mense sal afsit om te lees. Wag vir ñ opvolg berig voor almal speurder wil speel.

My innige simpatie aan die gesinne betrokke en aan jou Johan.

charmaine ·

Sjoe dit is hartseer en dit is die 3 mooiste kinders.
Die werkgewer van die man se sy het nie eintlik sy familie geken nie net by werksfunksies gesien, sy befryf n gastehuis waar hy gewerk het, hoe groot is so werksfunksie dat jy nie eers met die mense kommunikeer en saam kuier wie se eggenote vir jou werk nie?
Gelukkig het die gastehuis se kameras hom oral opgevang en het goed gewerk en was ook darem saam met die verloofde.

wilma ·

Innige simpatie aan die naasbestaandes. Wat is die kans dat een van die kinders moontlik die sneller kon trek?

Jockey ·

Dit is baie tragies……..Wat nie sin maak nie is die feit die die Pa, 20 jaar by Labuschagne al werksaam is, maar dat sy nie regtig sy huis gesin ken nie……is dit nie bietjie……..snaaks nie? EK vra net????

Ann ·

Ek ken ook nie my man se kollegas nie, dink ek het sy baas 1 of 2 keer gesien. Verder ken ek die mense se name van praat. So ja dit is moontlik om nie die man se gesin te ken nie.

Maria ·

Ek verstaan nou beter dit haar exman en gaan trou. Ek verstaan jou hoekom jy gedoen het alhoewel mense jou beoordeel. Pa Johan ek nie jammer vir jou nie mag die waarheid uitkom en res van jou lewe saam dra. Sterkte geniet troue met nuwe vrou in die lewe jy nou free!. Hoewel altwee party is skuldig dat die kinders so moes ly deur sondige natuur.

Rieks ·

Ek verstaan nie lekker wat jy hier se nie… Ken jy die mense…???

Maria ·

Dankie Ammie vir regstelling seker senitief oor die saak dit bitter hartseer

Magaretha van heerden ·

Ek is ook jammer vir almal betrokke. Dit is nog n tragiese statistiek in SA. Ek veroordeel nie maar wonder net. Ons se graag SA is n Christelike land. As dit so is hoekom doen mense soiets aan andere. Maak nie saak wie dit gedoen het nie. Daardie persoon ken God gladnie. As dit sleg gaan finansieel is dit nie die einde van die wereld nie. Dan is dit steeds tyd om God te vertrou dat Hy is wie Hy se Hy is en dat ons kan vertrou Hy is met ons ook in swaarkry tye. Die Suid Afrikaners sal moet terug beweeg na God toe en in n ernstige verhouding met Hom wees. Dit beteken iets heel anders as godsdienstig te probeer wees. Ons bid vir die familie en vertrou die Here sal hulle vertroos.

Nettie ·

Mense, asseblief, weerhou julself daarvan om te spekuleer!!!

Mnr. Schwartz – of vriende, familielede van die gesin, lees waarskynlik hier. Dis onnodig dat ons bydra tot hulle verskriklike hartseer en skok oor die voorval, deur te spekuleer en ons menings en/of moontlike scenarios bespreek.

Kom ons toon die nodige respek en dra net ons simpatie of meelewing aan mnr. Schwarts, die uitgebreide onmiddellike gesin en familie, asook vriende, kennisse en kollegas oor.

Tina ·

Ag dis te tragies verby. Sterkte aan almal wat hierdeur geraak word. Hoop die raaisel word opgelos.

bosluis ·

Maria, verstaan ook nie lekker wat jy sê nie, maar as ek n paar keer lees, dink ek ek vang wat jy probeer sê. As wat jy insunieer korrek is, dink ek dit is kinderagtig , onvolwasse en selfsugtig ( nes dit as selfsugtig beskou kon word van die man om vrou te los vir ander vrou) om jou hele gesin uit te wis oor ontrouheid. Regtig. Gin seer van n mislukte verhouding reverdig die doodmaak van onskuldige partye nie. n Mens tel die stukke op en gaan aan met die lewe en mens SAL weer geluk vind. EN EK KAN DIT Sê WANT EK WAS DAAR.

Ammie ·

Jy verstaan verkeerd dis nie hy wat verloof is nie dis sy werkgewer

emma ·

Hoekom het die buurvrou sy werkgewer gebel? waar sou sy die nommer vandaan gekry het? Ek vra maar net.

Blom ·

Baie sterkte aan die naasbestaandes. Mag God julle deurdra deur hierdie vreeslike moeilike tyd. Ons bid dat hierdie raaisel vinnig opgelos sal word, sodat die familie closure kan kry.

Mathys ·

En hier dit ons en doen die speurders se werk want die Here weet, daarvan sal dadels kom!

Meisie ·

Wens die kinders kon ge spaar wees. Ek hoop daar is ‘n opvolg artikel wat antwoorde kan dien. Mag die Here met die families wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.