Gauteng onnie vas oor dwelmmiddels

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Laerskoolonderwyser en vyf Nigeriërs is in Brakpan in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die besit van dwelmmiddels.

“Die 41-jarige onderwyser van ʼn laerskool in Elsburg en twee van die Nigeriërs is Saterdagoggend in Brakpan se middestad in hegtenis geneem,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, gesê.

Die polisie het op ʼn wenk reageer en die twee Nigeriërs in ʼn silwer Daewoo en ʼn man in ʼn Ford Figo in Hendrik Potgieterstraat dopgehou. Die drie persone is in hegtenis geneem vir die besit van methcathinone (cat).

Lede van die metropolisie het nog drie mans van Nigerië by ʼn huis in Queenstraat in hegtenis geneem toe dwelmmiddels in die kombuiskaste opgespoor is. Die huis behoort glo aan die twee mans wat in die Daewoo gery het. Tik en cat met ʼn geraamde straatwaarde van R10 000 is gekonfiskeer.

Al ses mans sal na verwagting Maandag in die Brakpan-landdroshof verskyn. Die onderwyser staan tereg op ʼn aanklag van die besit van dwelmmiddels en die vyf Nigeriërs word aangekla van die besit en handeldryf in dwelmmiddels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

Hoekom word sy naam nie bekend gemaak nie? Die publiek het in elk geval n goeie idee wie dit is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.