Brakpan-vrou se liggaam in sementdrom versteek

(Foto: SA Polisie)

Die liggaam van ʼn 80-jarige vrou van Brakpan in Gauteng is in ʼn drom met sement gevind nadat haar seun haar Donderdag as vermis by die Brakpan-polisie aangemeld het.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het Maandag ʼn wenk ontvang dat die 54-jarige man vreemd optree en die polisie is na die huis ontbied.

“Met hulle aankoms daar het die man buite gesit en bedroef gelyk. Hy is ondervra en het gesê dat hy Donderdagaand sy ma met ʼn kussing in haar slaap versmoor het.

“Hy het daarna sement in ʼn drom buite gemeng en haar liggaam daar ingedwing,” het Makhubela gesê.

Die man het die drom uitgewys en lede van die polisie se forensiese ondersoekeenheid het die vrou se liggaam gevind nadat die drom oopgesny is.

“Die man is van moord aangekla en verskyn binnekort in die Brakpan-landdroshof,” het Makhubela gesê.

Brig. Friedl Jonck, die stasiebevelvoerder, het die gemeenskap geloof vir die inligting wat aan die polisie verskaf is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michael 1 ·

Party mense het n groot probleem met ledigheid, hou op so baie tv kyk en veral mafia films want dit het definitief n slegte effek op party mense.

Fedup ·

I actually agree michael. People need something to keep their minds occupied, other than tv.

Die Wolf ·

Is dit dalk nie dat sy finansies beroerd is nie en hy nie vir haar kan sorg nie?

ES ·

Party mense het net geestesversteurings, daar is niks bewyse wat toon dat films op die TV die oorsaak is van moorde nie. Ek hou baie van aksie flieks maar ek het nog nooit moordneigings gehad nie.

Claudette ·

Hoe siek kan mens wees, om jou ma te vermoor of enige iemand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.