ʼn 72-jarige vrou van Dalview in Brakpan is dood ná haar 75-jarige man haar glo met ʼn skerp voorwerp aangeval het.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdagoggend omstreeks 10:00 plaasgevind. “Die man is in hegtenis geneem.”
Die man sal na verwagting Maandag in die Brakpan-landdroshof verskyn. Die vrou se naam word weerhou totdat haar man in die hof gepleit het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Liewe aarde, dat ou mense nou so “violent” kan wees. Ek kan nie my 75 jarige pa sien so wreed wees nie. En moet my nie verkeerd verstaan nie, hy is ‘n korrelkop en nog steeds gesond en sterk.
Oues van dae raak rof.
En nou volgens Malema oorZuma, is die oom nou ook te oud om tronk toe te gaan???
Wat n tragedie op so n geseende ouderdom. Alhoewel ek nie geweld goedkeur nie, kan ek egter ook verstaan waarom al hoe meer mense “crack”. Hier is bitter min LAG oor in ons land. Omtrent alles wat ons hoor, lees en sien is negatief. Hoe bly jy “sane” in sulke omstandighede.
Hauk.