Brand bedreig eiendom in Kammanassie

Die brand het Woensdagaand in die  Kammanassie-berge begin (Foto: Verskaf)

Brandbestryders spook al ure lank om ʼn weghol-veldbrand in die Kammanassie-berge in die George-omgewing in bedwang te bring. Die brand het Woensdagaand ontstaan.

Volgens die Tuinroete-distriksmunisipaliteit is die brand besig om na ʼn plaas in die omgewing te versprei. Brandbestryders van die munisipaliteit, Working on Fire (WoF) en Cape Nature doen alles in hul vermoë om te verhoed dat die brand dié private eiendom bereik.

Die munisipaliteit het in ʼn verklaring gesê die veldbrand het Woensdagaand opgevlam toe ʼn noordoostelike wind opgesteek het. Die vlamme het vinnig na alle kante van die aanvanklike geraakte gebied versprei.

“Brandbestrydingspanne gaan die dele wat toeganklik is, eerste probeer bereik,” sê die munisipaliteit.

Geen beserings of skade aan infrastruktuur is tot dusver aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel ·

Die wind alleen kan nie die brand stig nie msar nou ja
verwag geen vervolging nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.